SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número2The white concentration camps of the Anglo-Boer War: a debate without end índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

VAN HEYNINGEN, Elizabeth. "Fools rush in": die skryf van 'n geskiedenis van die konsentrasiekampe van die Suid-Afrikaanse Ooorlog. Historia [online]. 2010, vol.55, n.2, pp.12-33. ISSN 2309-8392.

In die lig van die onlangse omstredenheid oor die higiëne van die Boere in die kampe van die Suid-Afrikaanse Oorlog, ondersoek hierdie artikel sommige van die probleme wat uit die skryf van 'n geskiedenis van die kampe spruit. Hierdie artikel voer aan dat alhoewel die Britse Blouboeke polities gekleurd was, dit nie sonder meer die inhoud daarvan ongeldig maak nie. Alhoewel die skrywers lojaal aan die Britse saak was en 'n Victoriaanse kultuur gedeel het wat hulle krities teenoor Boer higiëne gelaat het, was hul kommentaar so konsekwent dat dit nie verontagsaam kan word nie. 'n Ontleding van die kampregisters bevestig 'n beeld van enorme armoede onder die landelike bevolking wat die grootste groep van kampbewoners uitgemaak het. Die oorlog het bygedra tot die vernietiging van die republikeinse gemeenskap en in die proses die armblankekrisis geskep wat die Afrikaners in die twintigste eeu soveel probleme verskaf het. Die naoorlogse opkoms van Afrikanernasionalisme was nie net bemoeid met die politiese vereniging van die Afrikaners en hul ekonomiese opheffing nie, maar ook met die verburgering van die verstedelike armblankes. Weinig aandag is aan hierdie proses gegee, maar dit het diep inslag gevind in die Afrikaner se psige en verduidelik die onwilligheid, selfs van Afrikaners in die een-en-twintigste eeu, om te erken dat hierdie voor-industriële landelike samelewing oor 'n ander kultuur beskik het.

Palavras-chave : Suid-Afrikaanse Oorlog; Anglo-Boeroorlog; konsentrasie kampe; armblankes; middelklas culture; sanitasie; Britse Blouboeke; Vroue Kommissie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons