SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Historia

Print version ISSN 0018-229X

Abstract

VAN HEYNINGEN, Elizabeth. "Fools rush in": die skryf van 'n geskiedenis van die konsentrasiekampe van die Suid-Afrikaanse Ooorlog. Historia [online]. 2010, vol.55, n.2, pp. 12-33. ISSN 0018-229X.

In die lig van die onlangse omstredenheid oor die higiëne van die Boere in die kampe van die Suid-Afrikaanse Oorlog, ondersoek hierdie artikel sommige van die probleme wat uit die skryf van 'n geskiedenis van die kampe spruit. Hierdie artikel voer aan dat alhoewel die Britse Blouboeke polities gekleurd was, dit nie sonder meer die inhoud daarvan ongeldig maak nie. Alhoewel die skrywers lojaal aan die Britse saak was en 'n Victoriaanse kultuur gedeel het wat hulle krities teenoor Boer higiëne gelaat het, was hul kommentaar so konsekwent dat dit nie verontagsaam kan word nie. 'n Ontleding van die kampregisters bevestig 'n beeld van enorme armoede onder die landelike bevolking wat die grootste groep van kampbewoners uitgemaak het. Die oorlog het bygedra tot die vernietiging van die republikeinse gemeenskap en in die proses die armblankekrisis geskep wat die Afrikaners in die twintigste eeu soveel probleme verskaf het. Die naoorlogse opkoms van Afrikanernasionalisme was nie net bemoeid met die politiese vereniging van die Afrikaners en hul ekonomiese opheffing nie, maar ook met die verburgering van die verstedelike armblankes. Weinig aandag is aan hierdie proses gegee, maar dit het diep inslag gevind in die Afrikaner se psige en verduidelik die onwilligheid, selfs van Afrikaners in die een-en-twintigste eeu, om te erken dat hierdie voor-industriële landelike samelewing oor 'n ander kultuur beskik het.

Keywords : Suid-Afrikaanse Oorlog; Anglo-Boeroorlog; konsentrasie kampe; armblankes; middelklas culture; sanitasie; Britse Blouboeke; Vroue Kommissie.

        · abstract in English     · text in English     · pdf in English