SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número1The fork in the road? British reactions to the election of an apartheid government in South Africa, May 1948South Africa's revised history curriculum on globalism and national narratives in grade 12 textbooks índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

MAKI, Harri. Vergelyking van ontwikkelinge in watervoorsiening, sanitasie en omgewingsgesondheid in vier Suid-Afrikaanse stede, 1840-1920. Historia [online]. 2010, vol.55, n.1, pp.90-109. ISSN 2309-8392.

Omgewingsgesondheid het sy hedendaagse oorsprong in die open bare gesondheidssbeweging van Brittanje in die negentiende eeu gehad. Hierdie betrokke terrein ondersoek gesondheidsgebaseerde aspekte van die natuurlike en beboude omgewing. In hierdie artikel is die fokus op kwessies van veilige drinkwater en sanitasie in Kaapstad, Grahamstad, Durban en Johannesburg in die tydperk c. 1840-1920. In hierdie era het die aanvulling van die bestaande watervoorrade en saniteitshervorming prominent in munisipale kringe ter sprake gekom. Daar was ook kwessies rondom risikovermindering in gevalle van stedelike brand-insidente. Terselfdertyd het plaaslike owerhede daarna gestreef om hulle finansies goed te bestuur en administrasie te verbeter. Die skakels tussen gesondheid, rassesegregasie en verskille in die voorsiening van munisipale dienste word ook bespreek. Daar word aangedui dat amptenare in samewerking met die koloniale owerhede daarin geslaag het om ' n raamwerk vir plaaslike regering daar te stel wat met soortgelyke stelsels in die Verenigde Koninkryk ooreengestem het. Tog wil dit ook voorkom asof SuidAfrikaanse omstandighede ook vereis het dat voorsiening vir die ontwikkeling van ' n unieke stelsel gemaak word.

Palavras-chave : Omgewingsgesondheid; Suid-Afrika; watervoorraad; sanitasie; open bare gesondheid; munisipale dienste; verstedeliking; Kaapstad; Grahamstad; Durban; Johannesburg.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons