Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Historia
versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X
Resumo
PIETERSE, Jimmy. Truukster-trope: vroulike storievertelling en die her-verbeelding van sosiale ordes in vier negentiende-eeuse suider-Afrikaanse gemeenskappe. Historia [online]. 2010, vol.55, n.1, pp.55-77. ISSN 2309-8392.
Negentiende-eeuse suider-Afrikaanse vroue het stories, veral stories waarin truuksters die hoofkarakters gespeel het, gebruik om sin te maak van vinnig-veranderende sosiale en politieke ordes, en gereeld ook om dit te kritiseer. Die stories wat hulle vertel het, verteenwoordig onderbenutte geskiedkundige bronne. In hierdie artikel maak ek gebruik van vier negentiende-eeuse bundels, saamgestel deur mans wat hulle in sendingwerk gebesig het, om hierdie punte te ondersoek. Ek argumenteer dat hierdie stories die manier waarop ons etniese-en gender-identiteitsformasie verstaan, kompliseer, en nuwe lig mag werp op die wyses waarop daar aan sosiale reproduksie in tye van sosiale wanorde gedink word.
Palavras-chave : Volksverhale; truuksters; kanibalisme; vroue; gender; etnlsltelt; negentiende eeu; suidelike Afrika; sosiale reproduksie; verwantskap; mondelingse oorvertellings; isiZulu; isiXhosa; Baronga; BaSotho.