SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número1White farmers and African labourers in the pre-industrial TransvaalTrickster tropes: female storytelling and the re-imagination of social orders in four nineteenth-century southern African communities índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

STASSEN, Nicol. Die Dorslandtrekke na Angola en die redes daarvoor (1874-1928). Historia [online]. 2010, vol.55, n.1, pp.32-54. ISSN 2309-8392.

Gedurende die laat negentiende eeu het verskeie georganiseerde trekke Transvaal verlaat. Die eerste van hierdie trekke het die ZAR in Mei 1874 verlaat. Nadat die eerste drie trekke hulle verenig het, het hulle na bykans sewe jaar in Januarie 1881 by Humpata op die Huila-hoogland in die Portugese kolonie Angola gevestig. Vanaf 1892 tot 1894 het drie verdere graot trekke gevolg. Na die laaste groot trek in 1907 het die Portugese owerheid verdere Boeretrekke verbied. In1928 is ongeveer 2 000 Angola-Boere na Suidwes-Afrika gerepatrieer, terwyl 380-470 persone in Angola agtergebly het. Dié trekke was komplekse verskynsels as gevolg van ekonomiese, godsdienstige en politieke faktore. Aanvanklik was teenkanting teen die "ongodsdienstige" en "Iiberale" regering van T.F. Burgers die belangrikste trekredes. Nuwe arbeidswetgewing, onsekere politieke toestande, interne verdeeldheid in Transvaal en ekonomiese redes het ook bygedra. Gebrek aan grond, bevolkingsdruk, armoede, vrees vir nuwe belasting en die soeke na nuwe jagvelde het waarskynlik 'n minder belangrike rol gespeel. Vrees vir die beskawing en Britse imperialisme, die koms van intensiewe boerdery, goudkoors, draogtes of natuurrampe en die "trekgees" of "trekkoors" het waarskynlik geen rol gespeel nie.

Palavras-chave : Angola; Angola-Boere; T.F. Burgers; Doppers; Dorsland; Dorslandtrek; Dorslandtrekkers; Gereformeerde Kerk; Humpata; jagters; Jerusalemgangers; migrasie; Transvaal; trek; trekgees; trekredes; Zuid-Afrikaansche Republiek.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons