SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue1The learning curve in the South African War: Soldiers' perspectivesThe Dorsland Treks to Angola (1974-1928) and the reasons behind them author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

BERGH, J.S.. Blanke boere en swart arbeiders in pre-industriele Transvaal. Historia [online]. 2010, vol.55, n.1, pp.18-31. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel voer aan dat die' sestiger-en sewentigerjare van die negentiede eeu 'n belangrike oorgangsfase in Transvaalse agrariese geskiedenis, met betrekking tot die verhouding tussen wit boere en swart arbeiders, verteenwoordig. Ten spyte van maatreels deur die setlaars om arbeid te bekom, het die beskikbaarheid van swart arbeid in hierdie tydperk as 'n kritiese probleem na vore gekom en het dit die Transvaalse owerheid gedwing om ondersoek daarna in te stel. 'n Aantal oorsake kan geYdentifiseer word -onder andere die ontdekking van diamante aan die Transvaalse suidwestelike grens in 1867 wat 'n groot aanvraag vir swart arbeid en plaasprodukte geskep het; die opkoms van dorpsmarkte en die omskepping van produksie op plase na meer arbeidsintensiewe en markgeorienteerde boerdery; die ondoeltreffende toepassing van arbeidsbepalings en onenigheid tussen militere en siviele amptenare hieroor; en die teenwoordigheid van groot semi-outonome swart gemeenskappe in die afgelee gebiede van Transvaal, wat teensinnig was om arbeid te verskaf. Ten minste sommige van die faktore wat die arbeidsaanvraag van die wit setlaars beYnvloed het, kan na die Kaapkolonie, vanwaar hulle geemigreer het, teruggevoer word. Swart gemeenskappe het op verskillende wyses op arbeidsmaatreels gereageer. Vir die in die sentrale distrikte van Transvaal was migrasie klaarblyklik die mees doeltrefende teenmaatreel.

Keywords : Agrariese geskiedenis; arbeidsaanvraag; arbeidsbepalings; markte; markgeorienteerde boerdery; ontdekking van diamante; swart arbeid; swart gemeenskappe; swart reaksie; wit boere; Transvaal.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License