SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número1White farmers and African labourers in the pre-industrial Transvaal índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

SPIERS, Edward M.. Die leerkurwe in die Suid-Afrikaanse Oorlog: Die soldate se perspektiewe. Historia [online]. 2010, vol.55, n.1, pp.1-17. ISSN 2309-8392.

Die Britse militere vertoning in die Suid-Afrikaanse Oorlog het nie aileen vooroorlogse verwagtinge beskaam nie, maar ook dispuut ontlok oor wat gelei het tot die onderskatting van 'n goed bewapende, mobiele vyand en die versuim om die taktiese uitdagings te voorsien wat gestel is deur vuursones, bestryk deur rooklose magasyngewere. Ofskoon die felle kritiek van Leo Amery wat vir meer as 70 jaar oorheers het deur meer onlangse historiografie versag is, benut hierdie artikel die korrespondensie van Britse soldate om te argumenteer dat die Britse oorwinning nie bloot die gevolg was van 'n getalle-oorwig en die vermoe om enige buitelandse tussenkoms namens die Boere te verhoed nie. Dit voer aan dat die Britse leer en sy vee I beswadderde krygsvolk 'n veerkragtigheid en aanpasbaarheid in Suid-Afrika getoon het, en dat hulle daartoe in staat was om in die veld te leer, en om teenguerrilla operasies uit te voer oor 'n wye terrein en op 'n manier wat uiteindelik die vyand se wil om weerstand te bied sou ondergrawe. Terwyl die meer opmerksame Boere besef het dat die Britte in hul vermoe in die veld en met hul taktiese vaardighede verbeter het, het nog die Britse pers -ontnugter deur ' n uitgerekte oorlog -nog die militere self hierdie leerkurwe na waarde geskat, in so verre die oorlog as grootl iks anomaal met slegs beperkte lesse vir die toekoms beskou is.

Palabras clave : Britse leer; leerkurwe; militere hervorrning; Suid-Afrikaanse Oorlog; teen-guerrilla operasies..

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons