SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

DE KLERK, Pieter. Die stigting van die Kaapkolonie in die Nederlandse geskiedskrywing. Historia [online]. 2009, vol.54, n.2, pp.178-196. ISSN 2309-8392.

In hierdie artikel word 'n aantal Nederlandse geskiedwerke bespreek. Dié geskrifte bestaan uit studies oor die vroeë geskiedenis van die Kaapkolonie en algemene oorsigte oor die geskiedenis van Nederland en sy kolonies. Dit blyk dat die meeste geheeloorsigte oor die Nederlandse geskiedenis slegs baie kortliks na die stigting van die Kaapkolonie verwys. Ook in werke oor die Nederlandse koloniale geskiedenis word meesal nie veel aandag aan hierdie gebeurtenis gegee nie. Gedurende die periode voor ongeveer 1920, het Nederlandse skrywers 'n belangrike bydrae gelewer tot die publikasies wat oor die ontstaansgeskiedenis van die Kaapkolonie verskyn het, maar sedertdien het hulle 'n minder prominente rol gespeel in navorsingswerk oor hierdie onderwerp. Verskeie historici beklemtoon dit dat, hoewel die Nederlanders in verskillende dele van die wêreld kolonies gevestig het, dit slegs in Suider-Afrika is wat daar tans etlike miljoene mense woon met 'n taal en kultuur wat grotendeels van Nederlandse oorsprong is. Onder hierdie historici is daar net een wat aantoon dat die totstandkoming van 'n Nederlandssprekende samelewing aan die Kaap die gevolg was van sowel emigrasie uit Europa, as die aanvaarding van baie aspekte van die Nederlandse kultuur deur die slawe en die inheemse Khoikhoibevolking.

Palavras-chave : A. Biewenga; E.C. Godée Molsbergen; G.J. Schutte; J. Romein; Jan van Riebeeck; Kaapkolonie; Khoikhoi; koloniale geskiedenis; N.G. van Kampen; Nederland; Nederlandse geskiedskrywing; Nederlandse kolonies; Nederlandse kultuur; Nederlandse stam; P. Geyl; R. Ross; Simon van der Stel; U.G. Lauts; Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC); W.C. Mees.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons