SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

DE KLERK, Pieter. Die stigting van die Kaapkolonie in die Nederlandse geskiedskrywing. Historia [online]. 2009, vol.54, n.2, pp.178-196. ISSN 2309-8392.

In hierdie artikel word 'n aantal Nederlandse geskiedwerke bespreek. Dié geskrifte bestaan uit studies oor die vroeë geskiedenis van die Kaapkolonie en algemene oorsigte oor die geskiedenis van Nederland en sy kolonies. Dit blyk dat die meeste geheeloorsigte oor die Nederlandse geskiedenis slegs baie kortliks na die stigting van die Kaapkolonie verwys. Ook in werke oor die Nederlandse koloniale geskiedenis word meesal nie veel aandag aan hierdie gebeurtenis gegee nie. Gedurende die periode voor ongeveer 1920, het Nederlandse skrywers 'n belangrike bydrae gelewer tot die publikasies wat oor die ontstaansgeskiedenis van die Kaapkolonie verskyn het, maar sedertdien het hulle 'n minder prominente rol gespeel in navorsingswerk oor hierdie onderwerp. Verskeie historici beklemtoon dit dat, hoewel die Nederlanders in verskillende dele van die wêreld kolonies gevestig het, dit slegs in Suider-Afrika is wat daar tans etlike miljoene mense woon met 'n taal en kultuur wat grotendeels van Nederlandse oorsprong is. Onder hierdie historici is daar net een wat aantoon dat die totstandkoming van 'n Nederlandssprekende samelewing aan die Kaap die gevolg was van sowel emigrasie uit Europa, as die aanvaarding van baie aspekte van die Nederlandse kultuur deur die slawe en die inheemse Khoikhoibevolking.

Keywords : A. Biewenga; E.C. Godée Molsbergen; G.J. Schutte; J. Romein; Jan van Riebeeck; Kaapkolonie; Khoikhoi; koloniale geskiedenis; N.G. van Kampen; Nederland; Nederlandse geskiedskrywing; Nederlandse kolonies; Nederlandse kultuur; Nederlandse stam; P. Geyl; R. Ross; Simon van der Stel; U.G. Lauts; Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC); W.C. Mees.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License