SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

HORN, Karen. The Scottish press and the Anglo-Boer War: The Edinburgh Evening News and The Scotsman (1899-1902)Die Skotse perswese en die Anglo-Boereoorlog: Die Edinburgh Evening News en The Scotsman (1899-1902). Historia [online]. 2009, vol.54, n.2, pp.158-177. ISSN 2309-8392.

Terwyl die Anglo-Boereoorlog in Suid-Afrika gewoed het, het 'n ander oorlog tussen twee koerantredakteurs in Skotland afgespeel. Die sogenaamde pro-Boer redakteur van die Edinburgh Evening News en die redakteur van The Scotsman, wat 'n Unionistiese benadering ondersteun het, het mekaar die stryd aangesê op 'n slagveld bestrooi met sarkasme, misverstande en misleidende interpretasies van terme. Die hardkoppigheid van beide redakteurs het verder verhoed dat hulle 'n akkurate beeld van die oorlog kon gee, wat weer daartoe bygedra het dat nog misverstande oor terme soos patriotisme, imperialisme en liberalisme ontstaan het. Hoewel beide redakteurs belangrike gebeure soos Swart Week en die Verskroeide Aarde Beleid aangeroer het, is dit duidelik dat die insidente bloot gebruik is om sake soos lojaliteit en patriotisme jeens die Britse Ryk aan te spreek. Die Edinburgh Evening News het The Scotsman se bewering dat eersgenoemde pro-Boer is, op ondubbelsinnige wyse as ongegrond verwerp, maar wel volgehou met uitsprake wat dit duidelik gemaak het dat die Edinburgh Evening News anti-oorlogsgesind was. Koerante soos The Scotsman het dus die redaksionele standpunt van die Edinburgh Evening News as bevestiging van sy pro-Boer status beskou. Deur die benadering van die twee redakteurs aan die hand van hulle hoofartikels te vergelyk, poog hierdie artikel om vas te stel tot watter mate die oorlog in Suid-Afrika idees oor Skotse nasionale identiteit beïnvloed het, asook watter rol die Skotse perswese in dié voortslepende debat gespeel het.

Palabras clave : Anglo-Boereoorlog; Charles Alfred Cooper; Edinburgh Evening News; Hector Macpherson; imperialisme; Konserwatisme; Liberalisme; patriotisme; proBoer; Skotland; Skotse perswese; The Scotsman; Unioniste.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons