SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

COHEN, Andrew. "Voice and Vision" - Die Federasie van Rhodesië en Njassaland se publisiteitsveldtog in Brittanje: 1960-1963. Historia [online]. 2009, vol.54, n.2, pp.113-132. ISSN 2309-8392.

Teen die einde van die 1950's is die toekoms van die Federasie van Rhodesië en Njassaland in 'n toenemend pessimistiese lig deur die Britse pers uitgebeeld. Die federale regering het besluit om hierdie negatiewe mediadekking teen te werk deur 'n omvattende publisiteitsveldtog in die Verenigde Koninkryk te onderneem. Hierdie artikel ondersoek hulle besluit om die dienste van die Londense publisiteitsmaatskappy, Voice and Vision, te bekom, en hierdie maatskappy se daaropvolgende pogings van 1960 tot 1963 om die Federasie se beeld te rehabiliteer. Daar word aangevoer dat hoewel die veldtog by sommige beperkte sukses behaal het, dit bewys het dat die federale regering Britse politiek misverstaan het en nie begryp het tot watter mate die bande, wat slegs 'n dekade tevore nog Britse openbare simpatie vir die Federasie se toekoms kon verseker het, verskiet het nie.

Palavras-chave : Afrika; Brittanje; Butler; dekolonisasie; koloniale geskiedenis; Macleod; Macmillan; Maudling; publisiteit; Rhodesië; Salisbury; Sentraal-Afrikaanse Federasie; Voice and Vision.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons