SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

CARRUTHERS, Jane. Omgewingsgeskiedenis: Ingewikkelde ineenskakeling om voortdurende verandering. Historia [online]. 2009, vol.54, n.2, pp.98-112. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel is 'n aangepaste weergawe van 'n lesing wat gehou is as deel van die Ruth Edgecombe Omgewingsuitdagingslesingsreeks, aangebied deur die Universiteit van KwaZulu-Natal, Pietermaritzburg, op 1 Oktober 2008. Dit skets die bydrae van professor Edgecombe tot die bestudering van omgewingsgeskiedenis in Suid-Afrika. Deur die titel van haar boek, The Constancy of Change A History of Hlobane Colliery, 1898-1998 (1998) as oorkoepelende metafoor te gebruik, vier die artikel die ineenskakelings wat Edgecombe met soveel vaardigheid kon maak om die aard van en uitdagings wat omgewingsgeskiedenis bied, te ondersoek. Die skrywer beklemtoon hoe die verband tussen natuur en kultuur - die verbintenisse tussen streke, tydskale, dissiplines en biota - die kern van die sub-dissipline vorm, en werp die lig op voorheen afgeskeepte aspekte van menslike en natuurgeskiedenis. Soos verduidelik word, was omgewingsgeskiedkundiges in staat om by veranderinge in terme van die dringendheid van omgewingskwessies soos klimaatsverandering, geneties veranderde voedselsoorte, diere etiek en ander uitdagings van die een-en-twintigste eeu betrokke te raak.

Keywords : Historiografie; interdissiplinêr; omgewingsgeskiedenis; Ruth Edgecombe.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License