SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

VAN DEN BERGH, G.N.. Die invloed van Britse handelaars op vroeë Potchefstroom, 1852-1877. Historia [online]. 2009, vol.54, n.2, pp.37-54. ISSN 2309-8392.

Vrese vir Britse anneksasie het stram verhoudinge tussen die Transvaalse Voortrekkers en die Britse kolonies veroorsaak. Aanvanklik is slegs onontbeerlike handel verdra. Andries Pretorius was egter 'n voorstander van nouer handelsbetrekkinge met die koloniale hawes. Die Sandrivierkonvensie van 1852, waardeur verhoudinge tussen die ZAR en die kolonies genormaliseer is, het handel vergemaklik. Dit het 'n onmiddellike en uitgebreide vestiging van buitelandse, en veral Britse handelaars met hulle gesinne en personeel in Potchefstroom tot gevolg gehad. Handel het oornag geblom, tot voordeel van almal, maar dit het veral om Britse inisiatiewe gewentel. Aangesien geld skaars was in 'n staat sonder 'n eie geldstelsel, het 'n groot deel van die transaksies die vorm van ruilhandel aangeneem. Die resessie van die 1860's en 1870's kon rampspoedige gevolge vir handel gehad het, maar dit is afgeweer deur middel van vindingryke nuwe tipes entrepreneurskap. Aangesien baie van die nuwe handelaars oorspronklik van die Oos-Kaap afkomstig was, waar hulle aan munisipale bestuur gewoond was, was hulle instrumenteel in die vestiging van 'n soortgelyke bestuurstelsel in Potchefstroom, vanwaar dit na die res van die ZAR uitgebrei is. Mettertyd is enkele van die nuwe aankomelinge selfs tot die Volksraad verkies. Die uitlanders het die leiding geneem om 'n verskeidenheid formele kulturele organisasies te stig, wat ook deur die Afrikanergemeenskap geniet en nageboots is.

Palavras-chave : Grahamstad; handel; kultuur; menseverhoudinge; munisipaliteit; Potchefstroom; Sandrivierkonvensie; sport; transportry.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons