SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

MAYLAM, Paul. Argetipe held of lewende heilige? Die verering van Nelson Mandela. Historia [online]. 2009, vol.54, n.2, pp.21-36. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel poog om deur middel van twee invalshoeke te verduidelik waarom dit in die onlangse dekades gebeur het dat Nelson Mandela tot so 'n mate eerbiedig en vereer word. Volgens die eerste benadering, kan Mandela beskou word as 'n argetipe held. Ongeveer sestig jaar gelede, het Joseph Campbell die tipiese verloop van die reise wat deur mitiese helde soos Odusseus en Aeneas onderneem is, omskryf. So 'n reis het 'n vaste patroon van skeiding, inisiasie en terugkeer gevolg: skeiding van die samelewing; gevolg deur 'n gevaarlike reis of vuurproef; wat kulmineer in 'n seëvierende terugkeer na die samelewing. Mandela se lewe het in baie opsigte hierdie patroon gevolg: die Rivonia-verhoor het hom uit die openbare oog verwyder; hy het die ontbering van gevangenskap verduur; en hy het na die samelewing teruggekeer as 'n tipe messiaanse figuur. Hoewel die trajek van Mandela se lewe met Campbell se model ooreenstem, en dus die eerbied en verering wat Mandela geniet mag verklaar, kan hierdie aanslag hom ook tot 'n semi-mitiese figuur reduseer. Die tweede invalshoek dra meer gewig. Dit fokus veral op Mandela se menslike hoedanighede - sy nederigheid, integriteit, groothartigheid, en wysheid. Hy het sy grootsheid, vertoon en persoonlikheidskultusse afgelê en daarna gestreef om 'n navolgenswaardige lewensstyl te handhaaf. Daar word aangevoer dat die vernaamste redes vir sy populariteit in hierdie eienskappe te vinde is.

Keywords : Argetipe helde; gevangenskap; Joseph Campbell; leierskap eienskappe; Mandela se presidentskap; messianisme; Nelson Mandela; politieke style.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License