SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

GRUNDLINGH, Louis. Uitdagings en struikelblokke in vroeë HIV- en VIGS-opvoeding in Suid-Afrika, 1989-1994. Historia [online]. 2009, vol.54, n.1, pp.239-261. ISSN 2309-8392.

Baie min is gedoen ten opsigte van HIV- en VIGS-opvoeding in die 1980's. VIGS-gevalle het vinnig toegeneem van minder as 1 persent in 1990 tot amper 8 persent in 1994. Beide die regering en nie-regeringsorganisasies het veral in hierdie tyd HIV- en VIGS-opvoedingsveldtogte en -programme begin loods. Die vlak van bewussyn mag relatief hoog gewees het, maar dieselfde kan nie van kennisvlakke gesê word nie. Daar was heelwat beperkinge wat die opvoedingspogings in die wiele gery het. Dit het gewissel van 'n baie beperkende konserwatiewe moraliteit en 'n streng biomediese interpretasie van die siekte, tot die rasse-konteks van Suid-Afrika. Verskeie metodes is aangewend om die HIV- en VIGS-boodskap oor te dra. Opvoedkundiges het die vlak van ongeletterdheid in ag geneem en daarom het hulle van visuele middele en toneelspel gebruik gemaak om die boodskap oor te dra. Vooroordele en ontoereikende finansiële en menslike hulpbronne het baie beperkend op die opvoedkundige pogings ingewerk. Teen 1994 het kennisvlakke wel toegeneem, maar geen noemenswaardige vordering is gemaak met die uiteindelike doel om gedrag te verander nie.

Keywords : Boodskappe; gedrag; HIV; kennis; konseptualisering; konteks; metodes; NGO; opvoeding; probleme; programme; regering; VIGS.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License