SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

ITZKIN, Eric. Die Indiese Oorlogsgedenkteken: Nasionale Geheue en selektiewe geheueverlies. Historia [online]. 2009, vol.54, n.1, pp.147-158. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel openbaar die vergete geskiedenis van die oorlogsgedenkteken wat hulde bring aan duisende soldate van die Indiese Weermag wat as nie-strydendes aan die Anglo-Boereoorlog deelgeneem het. Dit is opgerig in 1902, in Observatory, Johannesburg, met 'n uitsig oor die terrein waar 'n groot perdevoorsieningskamp beman deur Indiërs eens was. Nie alleen is die Indiese hulptroepe uitgesluit uit offisiële tydgenootlike verslae wat die konflik as 'n "witman se oorlog" beskou het nie, maar hulle is ook op soortgelyke wyse in meer onlangse historiografieë wat gepoog het om n meer inklusiewe beeld van die oorlog weer te gee, behandel. Revisionistiese navorsers het op swart betrokkenheid by die oorlog gefokus, en steeds het die rol van die Indiese hulptroepe grotendeels vergete gebly. In vergelyking hiermee is die rol van Gandhi se Ambulanskorps in die oorlog deeglik bekend. Die eeufeesviering van die Anglo-Boereoorlog was bedoel om n inklusiewe herdenking te wees, maar het insgelyks nie daarin geslaag om die openbare geheue aan hierdie troepe te herinner nie. Om op hulle bydrae te wys, mag miskien nie pas in n enggedefinieerde nasieboukonsep nie, maar dit is tog belangrik om erkenning te gee aan die uiteenlopende transnasionale elemente wat Suid-Afrika se verlede help skep het. Na die oorlog het die meeste van dié soldate na Indië teruggekeer. Slegs enkele van die veterane het in die land aangebly, waaronder kaptein Nawab Khan, wat by Gandhi se satyagraha-beweging aangesluit het.

Palabras clave : Anglo-Boereoorlog begraafplaas; Anglo-Boereoorlog; Indiese hulptroepe; Indiese Oorlogsgedenkteken; Indiese Weermag hulptroepe; internasionale kontingente; Johannesburg; Kaptein Nawab Khan; militêre geskiedenis; Mohandas Karamchand Gandhi; monumente en gedenktekens; Natalse Indiese Ambulanskorps; Observatory; oorlogsgedenktekens; perdevoorsieningskampe; Suid-Afrikaanse Oorlog.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons