SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

MUKHERJI, Partha Nath. Die Universele in die Besondere: Die universalisering van sosiale wetenskappe. Historia [online]. 2009, vol.54, n.1, pp.129-146. ISSN 2309-8392.

Twee epistemologiese vrae met betrekking tot die universalisering van die sosiale wetenskappe word in hierdie artikel gevra. In die eerste plek kan aanvaar word dat die sosiale wetenskappe wat in die Weste ontstaan het, inheems aan die Weste is, maar is hulle noodwendig van universele waarde vir die res? In die tweede plek, kan die universele altyd die besondere verduidelik, tensy die universele in die besondere bydra tot die konstruksie van die universele? 'n Argument is te make vir die inheemsing - teenoor die parogialisasie - van die sosiale wetenskappe in die nie-Westerse wêreld vir die bereiking van die doelwit van die universalisering van die sosiale wetenskappe. Die wyse waarop dit bereik kan word, is om navorsing te ontwerp wat buite die konteks daarvan kan veralgemeen. Inheems-ontwerpte navorsing moet homself bevry van die "gevange gees" sindroom en die "logika van die ondersoek" volg, aangedryf deur teoreties-metodologiese nougesetheid. Hierdie argument word geïllustreer aan die hand van 'n kritiese ontleding van die betekenis van die konsepte en teorieë van Westerse "moderniteit" en "multikulturalisme" in die Indiese, Suid-Asiese konteks.

Palabras clave : Assimilasie; Eurosentrisme; gemeenskaplike welsyn; gemeenskapsontwikkeling; gevange gees; globalisasie; hulpmiddels; inheemsheid; integrasie; multikulturalisme; nasiestaat; panchayati raj; paradigmas; parogialisme; pluralisme; tradisie; universalisme; utopisties; veralgemening; Westerse moderniteit.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons