SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

NAIDU, Maheshvari. Die Skep van 'n Afrika toeristebelewenis by die Wieg van die Mensdom Wêreld Erfenisterrein. Historia [online]. 2008, vol.53, n.2, pp.182-207. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel handel oor die voorbeeld van paleo-erfenis toerisme wat by die Sterkfonteingrotte in 'n geografiese gebied bekend as die Wieg van die Mensdom Wêreld Erfenisterrein, of kortweg die Wieg, aangetref word. Die artikel ondersoek hoe 'n spesifieke "Afrika" toeristebelewenis gekonstrueer word deur die gebruik van n argitektoniese woordeskat en die relaas gebou om die Sterkfonteingrotte, wat deur die vaardige gebruik van n bepaalde teorie oor die oorsprong van die mens, die besoeker lei om te identifiseer met n trajek van n gedeelde voorgeskiedenis en gedeelde menslikheid. Skynbaar word dit gekonstrueer as poging om die besoeker se beeld van hom- of haarself te herdefinieer volgens n gemeenskaplike Afrikageskiedenis. Hierdie sin van n gedeelde geskiedenis word geskep deur die argitektoniese ontwerp van die besoekersentrum, die kragtige narratief opgesluit in die logo van die sentrum, en die proses waardeur die uiters belangrike fossiele wat hier aangetref is, toegeëien word. Die gekonstrueerde toeristebelewenis word verder aangevul deur n groter opkomende diskoers oor die herdefinisie van die identiteit van die Afrikaan.

Keywords : African; architecture; commoditisation; fossils; heritage; identity; logo; narrative; palaeo-anthropology; palaeo-tourism; representation; tourist experience; tumulus.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License