SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

SWART, Sandra  y  VAN DER WATT, Lize-Marié. "Taaltriomf of Taalverdriet?": 'n Faset van die rol van Eugene Marais en Gustav Preller in die Tweede Taalbeweging, Ongeveer 1905-1927. Historia [online]. 2008, vol.53, n.2, pp.126-150. ISSN 2309-8392.

Na afloop van die Anglo-Boereoorlog, het verengelsing as potensiële bedreiging emosionele aanklank by baie Boere gevind. Hulle vrese is versterk deur die heropbou beleidsplanne van lord Alfred Milner. Dit het stukrag verleen aan wat as die Tweede Taalbeweging bekend sou word -'n beweging wat daarna gestreef het om van Afrikaans 'n amptelike, geskrewe taal te maak, 'n taal wat onafhanklik van Nederlands staan, met n eie literatuur en hoë-funksie gebruike. Die historiografie van die Tweede Taalbeweging is egter grotendeels seëpralend - die verhaal van n suksesvolle nasionalistiese poging. Hierdie artikel poog om deel uit te maak van 'n groeiende groep werke wat die meer geskakeerde aspekte van die Tweede Taalbeweging en die plek daarvan in die geskiedenis ondersoek, deur te kyk na die rol van twee befaamde taalstryders, Eugène Marais en Gustav Preller. Hoewel hulle aanvanklik entoesiastiese voorstanders van hierdie beweging in sy vroeë stadia was, het hulle posisie teen die einde van die 1920's drasties verander. Hierdie artikel ondersoek moontlike redes hiervoor en poog om n ander, meer genuanseerde lig op onenigheid binne die Tweede Taalbeweging te werp.

Palabras clave : Afrikaans; Afrikaanse letterkunde; Afrikaanse opvoedkunde; Afrikaanse Taalgenootskap; Afrikanernasionalisme; C.J. Langenhoven; De Volkstem; Eugene Marais; Gustav Preller; Jan Hofmeyr; kultuurtaal; Land en Volk; taal en identiteit; taal en nasionalisme; taalstryders; Tweede Taalbeweging.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons