SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

SWART, Sandra  and  VAN DER WATT, Lize-Marié. "Taaltriomf of Taalverdriet?": 'n Faset van die rol van Eugene Marais en Gustav Preller in die Tweede Taalbeweging, Ongeveer 1905-1927. Historia [online]. 2008, vol.53, n.2, pp.126-150. ISSN 2309-8392.

Na afloop van die Anglo-Boereoorlog, het verengelsing as potensiële bedreiging emosionele aanklank by baie Boere gevind. Hulle vrese is versterk deur die heropbou beleidsplanne van lord Alfred Milner. Dit het stukrag verleen aan wat as die Tweede Taalbeweging bekend sou word -'n beweging wat daarna gestreef het om van Afrikaans 'n amptelike, geskrewe taal te maak, 'n taal wat onafhanklik van Nederlands staan, met n eie literatuur en hoë-funksie gebruike. Die historiografie van die Tweede Taalbeweging is egter grotendeels seëpralend - die verhaal van n suksesvolle nasionalistiese poging. Hierdie artikel poog om deel uit te maak van 'n groeiende groep werke wat die meer geskakeerde aspekte van die Tweede Taalbeweging en die plek daarvan in die geskiedenis ondersoek, deur te kyk na die rol van twee befaamde taalstryders, Eugène Marais en Gustav Preller. Hoewel hulle aanvanklik entoesiastiese voorstanders van hierdie beweging in sy vroeë stadia was, het hulle posisie teen die einde van die 1920's drasties verander. Hierdie artikel ondersoek moontlike redes hiervoor en poog om n ander, meer genuanseerde lig op onenigheid binne die Tweede Taalbeweging te werp.

Keywords : Afrikaans; Afrikaanse letterkunde; Afrikaanse opvoedkunde; Afrikaanse Taalgenootskap; Afrikanernasionalisme; C.J. Langenhoven; De Volkstem; Eugene Marais; Gustav Preller; Jan Hofmeyr; kultuurtaal; Land en Volk; taal en identiteit; taal en nasionalisme; taalstryders; Tweede Taalbeweging.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License