SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

KRIEL, Lize. Kruispunte tussen gender en ras in die sendingkorrespondensie van diakones anneliese Dörfer, Oos- en Suid-Afrika, 1936-1967. Historia [online]. 2008, vol.53, n.2, pp.98-125. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel ondersoek die wyses waarop suster Anneliese Dörfer, 'n Duitse diakones, gedurende haar dertig-jaarlange loopbaan in die Berlynse Sendinggenootskap, eers in Brits-Oos-Afrika (1936-1940) en daarna in noord-Transvaal (tans Limpopoprovinsie) (1952-1967) konstruksies van gender en ras waargeneem en weergegee het. Dit blyk dat hiërargieë regdeur hierdie periode sodanig gekonstrueer is, dat wit vroue wat werksverhoudinge, of vriendskappe, met swart mans en vroue wou bou, bewus moes wees van die beperkinge wat met hulle gender, sowel as die voorregte gepaardgaande met hulle "witheid" geassosieer is. Dit was wel vir wit vroue moontlik om hulle speelveld betekenisvol te verbreed deur hulle te verset teen sommige en neer te lê by ander van die "reëls" wat deur die koloniale samelewing en die staat afgedwing is. Soos Deborah Gaitskell aanvoer, was godsdiens by uitstek die een veld waar die groeiende rassekloof van die twintigste eeu oorbrug kon word. Aanvanklik, in haar vroeë korrespondensie terug Duitsland toe, het Dörfer die begeerte uitgespreek om so swart soos die lede van haar gemeentes in Afrika te word. Sy moes spoedig besef dat dit onvoorstelbaar was vir haar om swart te word - nie net vir die koloniale owerhede en haar manlike sendeling-werkgewers nie, maar ook vir die Afrika-gemeentes waarin sy probeer integreer het. Deur die jare het die gewaarwording gekom dat dit nie daarop aangekom het om swart te word nie, maar om die voorregte gepaardgaande met haar "witheid" tot die beskikking van Afrika-gemeenskappe te stel. Daardeur het vriendskappe oor rassegrense heen vir swart geklassifiseerde Christene waarde verkry.

Palavras-chave : Anneliese Dörfer; Berlynse Sendinggenootskap; diakones; Duits-Luthers; sendelinge; Tanganjika; trans-rasse-interaksie; Transvaal; vrouebediening.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons