SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

KGARI-MASONDO, Maserole Christina. "'n Tuiste maak jou Motho" - die rol van die konsepte "Menswees", "Tuiste" en Geskiedenis in Lady Selborne se gedwonge verwyderings, van ongeveer 1905 tot 1977. Historia [online]. 2008, vol.53, n.2, pp.70-97. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel is 'n gevalle-studie uit die oogpunt van sosio-omgewingsgeskiedenis oor gedwonge verwyderings en die nagevolge daarvan tussen 1905 en 1977. Die fokusgebied is n township in Pretoria, Lady Selborne (tans bekend as Suiderberg), en Ga-Rankuwa, waar sommige van die verplaasde mense hervestig is. Die betrokke mense het nie net hulle historiese blyplekke, eiendomme en besittings verloor nie, maar ook hulle "tuiste", insluitend hulle selfbewussyn en hulle samehorigheidsgevoel. Die soeklig word dus op die wisselende persepsies van mense te midde van hulle eiendomsverlies gefokus - n benadering wat tot dusver afwesig in akademia was. In hierdie artikel word die komplekse gevolge wat die gedwonge verskuiwings vir die voormalige inwoners van Lady Selborne gehad het, bepaal. Lady Selborne was n "tuiste", n heenkome vir mense, waar die inwoners voedsel suksesvol geproduseer het en eiendomme in n veelrassige gebied kon besit. Swartes is verplaas vanuit 'n vrugbare gebied, geleë naby die stadskern van Pretoria met n mooi uitsig, en is hervestig in Ga-Rankuwa, n onvrugbare plek aan die buitewyke van die area. Daar word aangetoon dat opeenvolgende blanke regerings, asook talle navorsers probeer het om die omgewingsetiek van Afrika as onbelangrik en selfs as bygeloof af te maak. Gedwonge verskuiwings het gevolg en swartes het uiteindelik in Ga-Rankuwa apaties teenoor omgewingskwessies begin staan, asof hulle daardeur, in die onderbewussyn, apatie as wapen teen gedwonge hervestiging kon gebruik.

Palabras clave : Afrosentriese geskiedenis; bewaring; bruikbare verlede; Ga-Rankuwa; gedwonge verskuiwings; inheemse grondbesit; Lady Selborne; motho; omgewingsgeskiedenis; omgewingsreg; sosiale identiteit; tuiste.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons