SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue2Thabo Mbeki and the Afrikaners, 1986-2004Intersections of gender and race in the missionary correspondence of deaconess anneliese Dörfer, East and South Africa, 1936-1967 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Historia

On-line version ISSN 2309-8392

Abstract

KGARI-MASONDO, Maserole Christina. "'n Tuiste maak jou Motho" - die rol van die konsepte "Menswees", "Tuiste" en Geskiedenis in Lady Selborne se gedwonge verwyderings, van ongeveer 1905 tot 1977. Historia [online]. 2008, vol.53, n.2, pp. 70-97. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel is 'n gevalle-studie uit die oogpunt van sosio-omgewingsgeskiedenis oor gedwonge verwyderings en die nagevolge daarvan tussen 1905 en 1977. Die fokusgebied is n township in Pretoria, Lady Selborne (tans bekend as Suiderberg), en Ga-Rankuwa, waar sommige van die verplaasde mense hervestig is. Die betrokke mense het nie net hulle historiese blyplekke, eiendomme en besittings verloor nie, maar ook hulle "tuiste", insluitend hulle selfbewussyn en hulle samehorigheidsgevoel. Die soeklig word dus op die wisselende persepsies van mense te midde van hulle eiendomsverlies gefokus - n benadering wat tot dusver afwesig in akademia was. In hierdie artikel word die komplekse gevolge wat die gedwonge verskuiwings vir die voormalige inwoners van Lady Selborne gehad het, bepaal. Lady Selborne was n "tuiste", n heenkome vir mense, waar die inwoners voedsel suksesvol geproduseer het en eiendomme in n veelrassige gebied kon besit. Swartes is verplaas vanuit 'n vrugbare gebied, geleë naby die stadskern van Pretoria met n mooi uitsig, en is hervestig in Ga-Rankuwa, n onvrugbare plek aan die buitewyke van die area. Daar word aangetoon dat opeenvolgende blanke regerings, asook talle navorsers probeer het om die omgewingsetiek van Afrika as onbelangrik en selfs as bygeloof af te maak. Gedwonge verskuiwings het gevolg en swartes het uiteindelik in Ga-Rankuwa apaties teenoor omgewingskwessies begin staan, asof hulle daardeur, in die onderbewussyn, apatie as wapen teen gedwonge hervestiging kon gebruik.

Keywords : Afrosentriese geskiedenis; bewaring; bruikbare verlede; Ga-Rankuwa; gedwonge verskuiwings; inheemse grondbesit; Lady Selborne; motho; omgewingsgeskiedenis; omgewingsreg; sosiale identiteit; tuiste.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License