SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

BRITS, J.P.. Thabo Mbeki en die Afrikaners, 1986-2004. Historia [online]. 2008, vol.53, n.2, pp.33-69. ISSN 2309-8392.

Thabo Mbeki se geheime ontmoetings van 1985 tot 1990 met invloedryke individue en groepe van "establishment Afrikaners" - veral die afvaardigings na Brittanje - het grootliks formele onderhandelinge tussen die ANC en die regering moontlik gemaak, wat uitgeloop het op die oorgang na demokrasie in 1994. Sy rol in die ooreenkoms met Constand Viljoen om 'n moontlike regse opstand te verhoed, was ook deurslaggewend. Hoewel Mbeki simpatie met Afrikanersentimente rakende selfbeskikking getoon het, het hy die totstandkoming van n etniese Afrikanerstaat (volkstaat), soos deur die Afrikanerregtervleuel voorsien, op ferme wyse teengestaan. In sy gesprekke met verskillende georganiseerde Afrikanergroepe, het Mbeki beïndruk met sy intellek en sy bereidwilligheid om na hulle besorgdhede te luister. Hy het begrip vir hulle vrese en aspirasies getoon, en Afrikaners het aanvaar dat Mbeki die geleentheid vir Afrikaners sou skep om hulle ideale, veral die beskerming van die Afrikaanse taal en Afrikaanse opvoedkundige instansies, te verwesenlik. Met verloop van tyd het Afrikaners egter ongeduldig begin raak met Mbeki se skynbare traagheid om praktiese maatreëls in te stel om hulle regte te beskerm. Hoewel gesprekke met hom voortgeduur het, het daar teen die vroeë 2000's wydverspreide twyfel by Afrikaners bestaan oor Mbeki se wil om die daad by die woord te voeg.

Palabras clave : African National Congress; Afrikanis; Afrikanerkultuur; Constand Viljoen; gesprekke in Brittanje; liberale Afrikaners; Nasionale Intelligensiediens; Nasionale Party; Niel Barnard; regtervleuel-Afrikaners; selfbeskikking; Thabo Mbeki; toenadering; verligte" Afrikaners; ver-regse Afrikaners; volkstaat; Willie Esterhuyse.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons