SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

VAN EEDEN, Jeanne. Die Versameling van Suid-Afrikaanse kuns in die 1930's: die rol van Martin du Toit. Historia [online]. 2008, vol.53, n.1, pp.82-101. ISSN 2309-8392.

Die eerste hoof van die Departement Afrikaanse Kuns en Kultuur aan die Universiteit van Pretoria in die 1930's was professor Martin du Toit, 'n bekende figuur in Afrikanerkultuurkringe. Deel van sy visie vir die nuwe departement het die gedagte ingesluit om studente aan die werk van Suid-Afrikaanse kunstenaars bloot te stel. Hy het hartstogtelik geglo in die toekoms van die kunste in Suid-Afrika en was ywerig om hulle in die sogenoemde "Noorde", en spesifiek in Pretoria, te vestig. Martin du Toit was by vele kultuurliggame en aktiwiteite betrokke en het gereelde kunsuitstallings onder die vaandel van die Departement Afrikaanse Kuns en Kultuur in die Macfadyen Memorial Hall in Pretoria gereël. Hierdie tentoonstellings het op kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaars gefokus en die werk van innoverende skilders soos Irma Stern en Maggie Laubser aan die publiek bekendgestel. Du Toit wou ook 'n verteenwoordigende versameling van Afrikaner materiële kultuur en visuele kuns by die Universiteit saamstel. Hierdie artikel ondersoek dié poging en kontekstualiseer dit teen die agtergrond van aspekte van openbare kunsversameling in Suid-Afrika gedurende die 1930's. Dit dui ook aan hoe Du Toit hierdeur die grondslag vir die huidige kunsversameling van die Universiteit van Pretoria gelê het.

Palabras clave : Afrikaner; Anton Hendriks; Departement Afrikaanse Kuns en Kultuur; Johannesburg Art Gallery; kuns versameling; Macfadyen Memorial Hall; Martin du Toit; modernisme; nasionale kuns; nasionalisme; Pretoria; Suid-Afrikaanse kuns; Universiteit van Pretoria.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons