SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

VAN EEDEN, Jeanne. Die Versameling van Suid-Afrikaanse kuns in die 1930's: die rol van Martin du Toit. Historia [online]. 2008, vol.53, n.1, pp.82-101. ISSN 2309-8392.

Die eerste hoof van die Departement Afrikaanse Kuns en Kultuur aan die Universiteit van Pretoria in die 1930's was professor Martin du Toit, 'n bekende figuur in Afrikanerkultuurkringe. Deel van sy visie vir die nuwe departement het die gedagte ingesluit om studente aan die werk van Suid-Afrikaanse kunstenaars bloot te stel. Hy het hartstogtelik geglo in die toekoms van die kunste in Suid-Afrika en was ywerig om hulle in die sogenoemde "Noorde", en spesifiek in Pretoria, te vestig. Martin du Toit was by vele kultuurliggame en aktiwiteite betrokke en het gereelde kunsuitstallings onder die vaandel van die Departement Afrikaanse Kuns en Kultuur in die Macfadyen Memorial Hall in Pretoria gereël. Hierdie tentoonstellings het op kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaars gefokus en die werk van innoverende skilders soos Irma Stern en Maggie Laubser aan die publiek bekendgestel. Du Toit wou ook 'n verteenwoordigende versameling van Afrikaner materiële kultuur en visuele kuns by die Universiteit saamstel. Hierdie artikel ondersoek dié poging en kontekstualiseer dit teen die agtergrond van aspekte van openbare kunsversameling in Suid-Afrika gedurende die 1930's. Dit dui ook aan hoe Du Toit hierdeur die grondslag vir die huidige kunsversameling van die Universiteit van Pretoria gelê het.

Keywords : Afrikaner; Anton Hendriks; Departement Afrikaanse Kuns en Kultuur; Johannesburg Art Gallery; kuns versameling; Macfadyen Memorial Hall; Martin du Toit; modernisme; nasionale kuns; nasionalisme; Pretoria; Suid-Afrikaanse kuns; Universiteit van Pretoria.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License