SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

VISSER, Deon; JACOBS, André  e  SMIT, Hennie. Water vir Saldanha: oorlog as 'n instrument van verandering. Historia [online]. 2008, vol.53, n.1, pp.82-101. ISSN 2309-8392.

Saldanhabaai is een van die beste natuurlike hawens ter wêreld en was as sodanig aan die Franse bekend selfs voor die Hollanders in 1652 aan die Kaap geland het. Met die eerste Britse besetting van die Kaap bykans 'n anderhalfeeu later, het daar egter nog geen ontwikkeling by Saldanhabaai plaasgevind nie. Die Britte het groot potensiaal in Saldanhabaai as 'n vlootbasis gesien, maar nooit dié potensiaal ontgin nie. Die hoofrede vir hierdie gebrek aan ontwikkeling was die afwesigheid van 'n volhoubare bron van vars water. Selfs Saldanhabaai se vroeë Khoikhoi inwoners moes 'n ander heenkome gedurende die droë somerseisoen vind. Die moontlikheid om vars water van die nabygeleë Bergrivier na Saldanha weg te keer, is reeds sedert die Hollandse nedersetting herhaaldelik geopper, maar het eers teen die middel van die twintigste eeu 'n werklikheid geword. Die Tweede Wêreldoorlog het die verskynsel van oorlog as 'n kragtige instrument van vinnige, ingrypende verandering duidelik gedemonstreer toe Saldanhabaai plotseling in 1943 'n volhoubare toevloei van vars water ryker geword het. Hierdie artikel skets Saldanhabaai se "waterlose" geskiedenis tot 1943 en toon aan hoedat Saldanhabaai gedurende die Tweede Wêreldoorlog van sodanige strategiese belang geword het dat die Suid-Afrikaanse Geniekorps opdrag gekry het om water vanaf die Bergrivier na die baai aan te lê. Die artikel sluit af met 'n beknopte oorsig van die onmiddellike en langertermyninvloed wat hierdie oorlogstydse ontwikkeling op Saldanhabaai en sy inwoners uitgeoefen het.

Palavras-chave : Bergrivier; hawe; Saldanha; Saldanhabaai; Suid-Afrikaanse Geniekorps; Tweede Wêreldoorlog; vlootbasis; water.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons