SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

VISSER, Deon; JACOBS, André  and  SMIT, Hennie. Water vir Saldanha: oorlog as 'n instrument van verandering. Historia [online]. 2008, vol.53, n.1, pp.82-101. ISSN 2309-8392.

Saldanhabaai is een van die beste natuurlike hawens ter wêreld en was as sodanig aan die Franse bekend selfs voor die Hollanders in 1652 aan die Kaap geland het. Met die eerste Britse besetting van die Kaap bykans 'n anderhalfeeu later, het daar egter nog geen ontwikkeling by Saldanhabaai plaasgevind nie. Die Britte het groot potensiaal in Saldanhabaai as 'n vlootbasis gesien, maar nooit dié potensiaal ontgin nie. Die hoofrede vir hierdie gebrek aan ontwikkeling was die afwesigheid van 'n volhoubare bron van vars water. Selfs Saldanhabaai se vroeë Khoikhoi inwoners moes 'n ander heenkome gedurende die droë somerseisoen vind. Die moontlikheid om vars water van die nabygeleë Bergrivier na Saldanha weg te keer, is reeds sedert die Hollandse nedersetting herhaaldelik geopper, maar het eers teen die middel van die twintigste eeu 'n werklikheid geword. Die Tweede Wêreldoorlog het die verskynsel van oorlog as 'n kragtige instrument van vinnige, ingrypende verandering duidelik gedemonstreer toe Saldanhabaai plotseling in 1943 'n volhoubare toevloei van vars water ryker geword het. Hierdie artikel skets Saldanhabaai se "waterlose" geskiedenis tot 1943 en toon aan hoedat Saldanhabaai gedurende die Tweede Wêreldoorlog van sodanige strategiese belang geword het dat die Suid-Afrikaanse Geniekorps opdrag gekry het om water vanaf die Bergrivier na die baai aan te lê. Die artikel sluit af met 'n beknopte oorsig van die onmiddellike en langertermyninvloed wat hierdie oorlogstydse ontwikkeling op Saldanhabaai en sy inwoners uitgeoefen het.

Keywords : Bergrivier; hawe; Saldanha; Saldanhabaai; Suid-Afrikaanse Geniekorps; Tweede Wêreldoorlog; vlootbasis; water.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License