SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

VENTER, Chris. Klippies en eisch! Major J.P. Marais: The creator of Klipdrif Brandy. Historia [online]. 2008, vol.53, n.1, pp.82-101. ISSN 2309-8392.

Jacobus Petrus (Kosie) Marais, gebore 12 Mei 1900 en eienaar van die plaas Klipdrif in die distrik Robertson, het nie soos die meeste van sy bure gefokus op die produksie van wyn nie. Sonder enige formele opleiding het hy hom sedert 1935 toegespits op die maak van 'n verskeidenheid likeurs en die distillering van 'n hoë kwaliteit brandewyn wat hy as "Klipdrif Export Brandy Red Label" en "Klipdrif Finest Liqueur Brandy Green Label" deur sy Southern Liqueur Company bemark het. Kosie Marais was 'n talentvolle en innoverende mens. Hy was die ontwerper en bouer van alle geboue op die plaas Klipdrif. Hy was verder 'n musikant en kultuurmens, amateur ingenieur, Springbok Bisleyskut, antropoloog en argeoloog, offisier in die Unie Staande Mag en tydens die Tweede Wêreldoorlog ook bevelvoerder van die Spesiale Diensbataljon. As lid van die Torch Commando en die Verenigde Party het hy die politieke arena tydens die 1953-verkiesing as opponent van die Nasionale Party-kandidaat P.W. Botha in die George kiesafdeling betree. Na sy dood in 1963 het Distell die Southern Liqueur Company sowel as die handelsnaam Klipdrif Brandewyn bekom. Later is sy plaas Klipdrif verkoop en die nuwe wynkelder op die plaas is tans bekend as "Major's Hill".

Keywords : die algemene verkiesing van 1953; Abbé Breuil; archaeology; Bisley target shooting; Doctor C.H.T.D. Heese; general election of 1953; Klipdrif Brandy; Robertson; Second World War; Southern Liqueur Company; Special Service Battalion; Springbok marksman; Steel Commando; Torch Commando.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License