SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

WHITE, Tim. Die skorsing van Mary Calata: onrus by St Matthews missionary institution, maart 1945. Historia [online]. 2008, vol.53, n.1, pp.82-101. ISSN 2309-8392.

In Maart 1945 het 'n leerling-opstand by die Anglikaanse kollege, St Matthews, in die Oos-Kaap uitgebreek. Die leerlinge het teen die Shepstone-stelsel van outoriteit by die instelling, waarvolgens sommige leerlinge beheer en dissipline oor ander leerlinge uitgeoefen het, geprotesteer. Hierdie protesaksie het leerlinge in onderskeidelik lojaliste en rebelle verdeel. Die polisie het geweier om tussenbeide te tree. Vervolgens het die skoolowerheid die kollege gesluit en 'n groot aantal leerlinge geskors. n Komitee van senior personeel is aangestel om die aangeleentheid te ondersoek. In hulle verslag is beklemtoon dat talle van die voorbokke in die protes reeds radikaal was voordat hulle by St Matthews aangekom het. Daar was egter ook sistemiese probleme binne hierdie onderwysinstelling. Die geval van een geskorste student, Mary Calata, word uitgelig. Haar vader, James Calata, was n senior lid van die African National Congress, asook n senior ampsdraer in die Anglikaanse Kerk. Hy het geveg vir die hertoelating van sy dogter tot die skool, wat gelei het tot konflik met sy biskop, Archibald Cullen. Hierdie voorval weerspieël die spanning wat dikwels in die Kerk rondom politiek en godsdiens bestaan het.

Keywords : Anglikaanse kerk; Archibald Cullen; James Calata; Mary Calata; protespolitiek; sendingskole; studente-onrus; swart onderwys.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License