SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.6 issue3Editorial'n Begeleidende woord author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Stellenbosch Theological Journal

    On-line version ISSN 2413-9467Print version ISSN 2413-9459

    STJ vol.6 n.3 Stellenbosch  2020

     

    VOORWOORD

     

    Redaksionele voorwoord

     

     

    Die Stellenbosch Teologiese Joernaal (STJ) publiseer met groot graagte die belangrike navorsing wat in hierdie supplementum onder die titel Vier Gereformeerde Kerke in Suider-Afrika (1990-2020) aangebied word. Dit sluit twaalf portuur-geëvalueerde akademiese artikels in wat verskeie aspekte rakende dié kerke belig. Die supplementum fokus onder meer op sake soos kerkbegrip, hermeneutiek, aanbiddingspraktyke, die ervaringe en rol van vroue-predikante, rasseverhoudings, en aktuele kwessies soos ekologie, armoede en ekumeniese betrekkinge. Hierdie publikasie vul 'n belangrike gaping in die historiografie van gereformeerde kerke in Suider-Afrika, en die feit dat dit oor die afgelope drie dekades handel, maak die bundel voorts van groot waarde as bron en verwysingspunt vir moontlike toekomstige navorsing.

    Naas die twaalf portuur-geëvalueerde artikels is ons dankbaar vir 'n aantal skrywes wat waarde aan hierdie bundel toevoeg. In dié verband verwys ons spesifiek na die begeleidende woord van die gasredakteurs, asook die inleidingsakkoorde en slotperspektiewe deur prof JW (Hoffie) Hofmeyr. Ons bedank graag die gasredakteurs professore Hoffie Hofmeyr, Mary-Anne Plaatjies-Van Huffel en Rikus Fick.

    Prof Plaatjies-Van Huffel se afsterwe in Mei 2020 is 'n groot verlies vir die akademie, kerk en ekumene, en ons is dankbaar vir die belangrike rol wat sy as kerkhistorikus kon speel vir die grootste deel van hierdie projek, asook dat 'n artikel uit haar pen hier ingesluit kon word. Die besluit om hierdie uitgawe aan haar op te dra word allerweë verwelkom. Dit dien as 'n gepaste erkenning van haar rol ten opsigte van Suid-Afrikaanse kerklike geskiedskrywing asook haar betrokkenheid oor die jare heen by STJ as redaksielid.

    Robert Vosloo

    Redakteur: STJ