SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1Resensies author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    In Skriflig (Online) vol.47 n.1 Pretoria Jan. 2013

     

    BOOK REVIEW

     

    Bybel lees vir dag en tyd

     

     

    Pieter H. Heystek

    Reformed Church, Pretoria-Montanapoort

    Correspondence

     

     

    Book title: 'n Bril vir Bybel lees ... en vir die lewe

    Book Cover:

     

     

    Author: K. Delport

    ISBN: 978-0-620-50098-2

    Publisher: Mybook, 2011, R100.00

    *Book price at time of review

    Delport poog om 'n 'bril' vir Bybel lees te ontwerp. In tien hoofstukke verduidelik die skrywer hoe 'n leesbril saamgestel kan word. In hoofstuk 11 word met die bril na die res van die Skrif gegaan en word Delport se hermeneutiese bril van toepassing gemaak op onder andere Psalm 23, 137; 1 Samuel 15; Handelinge 5:1-11; 1 Korintiërs 11:2-16 en Filippense 1:27-2:4. In hoofstuk 12 skryf Delport oor ' Sommige vrae waarmee die leesbril ons laat.' Hy stel dit duidelik dat die Job-bril nie onfeilbaar is nie, alhoewel dit moontlike maar nie finale antwoorde gee nie.

    Die outeur ontwerp 'n leesmetode, 'n Bybelkode waardeur die Bybel verstaan kan word. Delport noem dit die Job-bril of die Job-kode. Hy is van mening dat daar baie mense is wat net so deurmekaar voel oor die Bybel soos hy. In 'n moeilik verstaanbare uiteensetting van die boek Job meen die outeur dat die Job-bril uit minstens een algemene vraag en drie spesifieke vrae bestaan.

    Die algemene vraag is naamlik waarom die Here hierdie gedeelte in die Bybel laat opneem het. Die spesifieke Job-vrae is die volgende:

     Wat sê hierdie gedeelte oor die Here?

     Wat sê hierdie gedeelte oor die gelowige of die mens of menslikheid?

     Wat sê hierdie gedeelte oor verhoudings?

    Die motief vir die skryf van hierdie boek is verstaanbaar, maar die meriete van die Job-bril is myns insiens moeilik verantwoordbaar. Die ontwerp van die Job-kode is moeilik in die hoofstukke volgbaar. Die gebruik van baie subopskrifte in byna elke hoofstuk het tot gevolg dat 'n mens die denklyn van Delport moeilik volg. Denkspronge maak dit verder moeilik om die logiese opbou in die ontwerp van die Job-kode te volg. Die meriete van die boek kom hierdeur in die gedrang. Die feit dat Skrifverklaring ten diepste genadewerk is, asook die grondbeginsel van 'sacra scriptura sui ipsius interprets' word nie na behore aangespreek nie. Die eerste vereiste by die verklaring van die Skrif, naamlik dat die Skrif vir homself moet praat, word ook nie direk verreken nie. Die Skrif moet as geheel benader word en daarom moet Skrif met Skrif verklaar word, eerder as deur 'n spesifieke 'bril' of 'kode'.

    Die boek word aanbeveel vir lesers wat vakwetenskaplik in die Hermeneutiek belangstel.

     

     

    Correspondence:
    Pieter H. Heystek
    PO Box 1687
    Montanapark 0159, South Africa
    Email: drpieter@montanapoort.co.za