SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 issue1The lived experiences of late-adolescent female suicide survivors: 'A part of me died'The systems psychodynamic leadership coaching experiences of nursing managers author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

VAN DER WESTHUIZEN, Marichen; ALPASLAN, Assim H. (Nicky)  and  DE JAGER, Mariana. Aftercare to chemically addicted adolescents: An exploration of their needs. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-11. ISSN 2071-9736.

Die behandeling van chemiese afhanklikheid sluit die voorbereiding vir behandeling, formele behandeling en nasorg in. Laasgenoemde blyk 'n afgeskeepte area te wees in die lewering van dienste aan chemies-afhanklike adolessente, wat bydra tot die hoë terugvalpotensiaal wat op die behandeling volg. Hierdie kwalitatiewe studie was daarop gerig om die nasorgbehoeftes van chemies-afhanklike adolessente te verken, sowel as te beskryf. Die chemies-afhanklike adolessente wat by hierdie studie ingesluit was het vantevore beide binnepasiëntbehandeling en nasorg ontvang, maar ten spyte hiervan teruggeval; wat verdere binnepasiëntbehandeling genoodsaak het. Doelbewuste steekproefneming is geïmplementeer om 31 deelnemers tussen die ouderdomme van 14 en 20 jaar te werf. Die steekproefgrootte was deur middel van data versadiging bepaal. Data vir hierdie verkennende, beskrywende en kontektuele studie is versamel deur middel van narratiewe ondersoek. Tesch se raamwerk vir kwalitatiewe data-analise is toegepas en dataverifikasie is uitgevoer aan die hand van Guba se model. Die bevindings illustreer 'n behoefte om intrapersoonlike en interpersoonlike, asook omgewingsbehoeftes wat op behandeling volg, aan te spreek as deel van nasorg. Die resultate kan diensleweraars van fokusareas voorsien wat ingesluit kan word in nasorgdienste aan hierdie adolessente.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License