SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.15 issue1'No condom, no sex': Easy to say, but not possible for all South African womenA model for higher education campus health services author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

MOKOKA, Elizabeth; OOSTHUIZEN, Martha J.  and  EHLERS, Valerie J.. Retaining professional nurses in South Africa: Nurse managers' perspectives. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2010, vol.15, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

Suid-Afrika ervaar 'n ernstige tekort aan verpleegkundiges wat aangespreek moet word ten einde krisisse in gesondheidsorgdienste te voorkom. Vorige studies (Fletcher 2001:324; Oosthuizen 2005:117) het bevind dat verpleegkundiges hulle werksomgewing verander as gevolg van ontevredenheid met hulle werksituasies. Dit impliseer dat die daarstelling van 'n gunstige omgewing in die werkpleksituasie, kan help om professionele verpleegkundiges in hulle poste te behou, wat beteken dat retensiestrategieë doeltreffend moet wees. 'n Verkennende, beskrywende, kontekstuele, kwalitatiewe ontwerp was gebruik om verpleegbestuurders se sienings te bekom, oor faktore wat professionele verpleegkundiges se retensie kan beïnvloed, asook hulle sienings omtrent vereiste hoedanighede wat hulle in staat sou stel om professionele verpleegkundiges se retensie te bevorder. 'n Doelgerigte steekproef van verpleegbestuurders in openbare en private hospitale in die Gauteng provinsie is gekies. Semi-gestruktureerde onderhoude is met 21 verpleegbestuurders gevoer. Die resultate is kwalitatief ontleed en gekontekstualiseer volgens Vogt, Cox, Velthouse en Thames se Kurkprop Bottelnek (Cork-Top Bottleneck) Teorie van Verpleegretensie (1983) en Lewin se Kragveld Analise Teorie (1952). Faktore met betrekking tot individuele verpleegkundiges, die organisasie en verpleegbestuurders kan die retensie van professionele verpleegkundiges beïnvloed. Swak werksomstandighede, lang en ongerieflike werksure, nie-mededingende salarisse en professionele ontwikkeling van verpleegkundiges moet aangespreek word om professionele verpleegkundiges se retensie te bevorder. Onveilige werksomgewings en 'n gebrek aan hulpbronne bedreig die veiligheid en die welsyn van verpleegkundiges en pasiënte en dra by tot hoë omsetsyfers. Verpleegbestuurders moet die tekortkominge in hulle bestuurs- en leierskapsvaardighede aanspreek en veranderinge implementeer binne 'n multigenerasie verpleegwerkkrag en uitdagende werksomgewings.

Keywords : baby boomers; generation X; generation Y; nurse retention; silent generation.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License