SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.36 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Acta Theologica

    On-line version ISSN 2309-9089Print version ISSN 1015-8758

    Acta theol. vol.36 n.2 Bloemfontein  2016

     

    FOREWORD

     

    Huldigingsbundel Prof. P.J. Strauss

     

     

    Prof. P.J. (Piet) Strauss was vir baie jare verbonde aan die fakulteit Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy begin sy loopbaan as dosent in 1988 nadat hy eers twee gemeentes van die NG Kerk as leraar gedien het, NG Kerk Pretoria-Oos en later studenteleraar aan die NG Kerk Universiteitsoord, ook in Pretoria. Met die aftrede van prof E.P.J. Kleynhans word prof Strauss professor en hoof van die departement Ekklesiologie. Prof Strauss was 'n gewilde dosent en het gou studente getrek om nagraadse studie onder sy leiding te onderneem. So het hy talle studente op beide meesters en doktoraat-vlak begelei om hulle navorsing met sukses te voltooi. Prof Strauss het self ook 'n vrugbare pen gehad en op gereelde basis verskyn daar artikels van kerkhistoriese en kerkregtelike aard in vaktydskrifte. Later, aan die einde van sy akademiese loopbaan publiseer hy ook boeke wat telkens 'n meer omvattende perspektief op die kerkgeskiedenis bied.

    Met hierdie uitgawe van Acta Theologica huldig ons 'n kollega wat te midde van baie ander verantwoordelikhede en verpligtinge sy akademiese verantwoordelikheid na gekom het in die aanbied van lesings vir voorgraadse studente, studie leiding aan nagraadse studente en die publikasie van navorsingsresultate betreffende sy veld van belangstelling.

    Ons wens vir kollega Piet 'n rustiger lewe toe maar tegelykertyd ook met die verwagting om tog nog van tyd tot tyd iets uit sy pen te lees as die resultaat van navorsing oor 'n bepaalde tema.

     


     

    Festschrift prof P. J. Strauss

     

     

    With this edition of Acta Theologica, we honour a colleague who amongst many other responsibilities and obligations, fulfilled his academic duties in presenting lectures for undergraduate students, study guidance to post-graduate students and publication of research findings in his field of interest.

    Prof. S.D. (Fanie) Snyman

    Dekaan: Fakulteit Teologie