SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.102 issue5A Pan-African clinical trials registry for the specific needs of triallists on the continentAdrenal suppression and Cushing's syndrome secondary to ritonavir and budesonide author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    SAMJ: South African Medical Journal

    On-line version ISSN 2078-5135Print version ISSN 0256-9574

    SAMJ, S. Afr. med. j. vol.102 n.5 Pretoria May. 2012

     

    OBITUARIES

     

    Jean ('Dokkie') Nel (20/04/1941 - 08/09/2011)

     

     

    'Dokkie' is op 20 April 1941 in Utrecht, Natal, gebore. Hy en sy suster, Johanna, was 'n tweeling in 'n gesin van sewe kinders. Hy ontvang sy skoolopleiding aan die Laerskool Hendrina, en matrikuleer in 1958 aan die Hoërskool Ermelo. In 1959 doen hy sy nasionale diensplig by die Lugmag Gimnasium in Pretoria. In 1960 skryf hy in vir 'n BA-graad aan die Universiteit van Pretoria en kwalifiseer as onderwyser. Hy besef egter gou dat hy nie vir die onderwysberoep uitgeknip is nie. Daarna is hy vir 'n tydperk 'n vryskut-joernalis, voordat hy 'n beurs bekom en inskryf vir die graad MB ChB aan die Universiteit van Pretoria.

    Hy voltooi sy studie as mediese dokter, en trou daarna met die liefde van sy lewe, Elmien. Hy doen sy hospitaaljaar by die Universitas Hospitaal in Bloemfontein, waarna hy direk begin met spesialisasie as ginekoloog/verloskundige. Hy behaal die graad MMed (O et G) in 1976, en verhuis kort daarna na Nelspruit, waar hy 'n privaat praktyk begin en vir die merendeel van 33 jaar praktiseer.

    Hy was baie geliefd by vriende, kollegas en pasiënte. Hy was veral bekend as 'n buitengewoon vaardige vaginale chirurg. Sy liefde vir gholf, vir die see, en vir hoë-spoed ski-bote was wel bekend. Ek dink met groot deernis terug aan Tugela-riviermond, die Beach Buggy, die kreef, en veel meer. Hy was 'n passievolle gesinsman.

    Dokkie sterf op 8 September 2011 in Nelspruit. Die standaard van sy professionele praktykvoering word nou deur sy seun Jean (Klein Jean) in die Laeveld voortgesit.

    Elmien - aan jou en die drie kinders - sterkte en voorspoed. Ek dra ook die innige meegevoel oor van die oorblywende lede van die oorspronklike 'Groot vyf', waarvan Dokkie 'n baie gewaardeerde en geliefde lid was.

     

    John Zaaijman
    Middelburg
    Oos-Kaap