SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue4New and old treasures: The 2020 Afrikaans translation of the Bible as a retranslationThe Hebrew base text and the 2020 translation of the Bible in Afrikaans author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.64 n.4 Pretoria Dec. 2024

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n4a3 

    NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS / RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

     

    Hede, verlede en toekoms: Verwagting, risiko en gevaar van vernietiging*

     

    Present, past and future: Expectation, risk and danger of destruction

     

     

    Bert Olivier

    Departement Filosofie, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika. E-pos: OlivierG1@ufs.ac.za

     

     


    OPSOMMING

    Risiko is hedendaags onberekenbaar vermenigvuldig en vererger in vergelyking met wat Ulrich Beck se werk oor "risikosamelewing" aan die hand gedoen het toe dit aanvanklik gepubliseer is, ofskoon 'n mens terugskouend spore van die buitensporige risiko's van die huidige tyd, veral soos in die sogenaamde "Covid-pandemie" beliggaam, in sy verwagtinge kan bespeur. Hierdie artikel konsentreer op Beck se werk, met die doel om dit heuristies te benut ten einde 'n beter begrip ten opsigte van die risiko's wat deur die Covid-19-"pandemie" ontketen is -asook deur verbandhoudende gevolge daarvan - te kan formuleer. Beck se werk word in die raamwerk van 'n Heideggeriaanse refleksie oor menslike temporaliteit en veral die toekoms gesitueer, met die klem daarop dat mense by uitstek tyd-georiënteerde wesens is, en dat wat in die hede gebeur onvermydelik in die lig van toekomsverwagtinge en projeksies verstaan word. Die idee van "vooroordeel" word ook in hierdie konteks bespreek, ten einde die relevansie van die "hermeneutiese sirkel" vir die begrip van gebeure tydens en sedert die Covid-19-"pandemie" te kan begryp, en om aanklagte van vooroordeel ten opsigte van die huidige interpretasie van hierdie gebeure aan die hand van Beck se werk die hoof te bied. Daar word aangevoer dat, ofskoon hulle die kategorie van "tegnologies" met die tipe risiko wat Beck identifiseer deel, die soort risiko wat deur die Covid-"pandemie", inperkings, Covid-"inentings" en gepaardgaande ekonomiese swaarkry na vore gekom het, van 'n volkome ander aard is. Die "risiko-samelewing" was volgens Beck herkenbaar aan die newe-produksie en verspreiding van gevare soos giftige besmetting deur kontaminante, besoedeling en klimaatsveranderende emissies, in teenstelling met die voorafgaande samelewing van welvaartverspreiding. Vandag staar die samelewing egter blykbaar iets veel ergers in die gesig, te wete die produksie van potensieel- en selfs aktueel-dodelike stowwe en toestande. In vergelyking met die gevare van die risikosamelewing, wat as voorkombaar beskou is, sou 'n mens moontlik kon verwag dat dit vandag ook die geval sou wees, maar by nadere ondersoek blyk dit nie so te wees nie, grootliks omdat groeiende getuienis aantoon dat meeste van die huidige "ultra-risiko's" doelbewus geskep is, en dat dit te laat is om die meeste daarvan ongedaan te maak. Hierdie, sowel as andere aspekte van die "pandemie-samelewing" word deur die lens van Beck se "risikosamelewing" onder die loep geneem.

    Trefwoorde: Covid-19, gevaar, "inentings", toekomsperspektief, risiko, Ulrich Beck, uitsterwing


    ABSTRACT

    Today, risk has been multiplied and exacerbated beyond anything that even Ulrich Beck's work on "risk society" seemed to suggest when first published, although - with hindsight - one can detect traces of the excessive risks of the present, centred on the Covid-19 "pandemic", in his prognostications. This paper concentrates on the work of Beck, with a view to mining it heuristically for a better comprehension of the risks unleashed by the Covid-19 "pandemic" and everything associated with it. Beck's work is situated within the framework of a Heideggerian reflection on human temporality and particularly the future, emphasising that human beings are time-oriented creatures par excellence, and that therefore what happens in the present is inescapably understood in the light of future expectations and projections. The notion of "prejudice" is also discussed in this context, to reveal the relevance of the "hermeneutic circle" for the understanding of events during and after the Covid-19 "pandemic", and to neutralise accusations of bias in the interpretation of these events offered here in relation to Beck's work on "risk society". It is argued that, despite sharing the denominator of "technological", compared to the kinds of risk distinguished by Beck, those introduced by the "pandemic", lockdowns, Covid "vaccines", and in their wake, economic hardship - to mention only some - are of a different, more deleterious order altogether. If, in contrast with the society of wealth-distribution (through goods), the "risk society" was recognisable by the (by)production and distribution of hazards such as toxic contaminants, pollution and climate-changing emissions, today society seems to be facing something far worse, namely the production of potentially, if not actually, lethal substances and conditions. If the hazards of risk society were seen as preventable (compared to "natural" perils) - after all, they were socially produced and exacerbated (or sometimes moderated) by economic and cultural practices - one might expect that it would be the case with those faced today, too. This, it turns out, is highly improbable, largely because growing evidence suggests that most of the "ultra-risks" that have emerged of late have been produced intentionally, or by design, and that it is too late to undo most of them, although others may be prevented. Specifically, it has now been established that most of these risks, if not outright dangers, were produced intentionally, as part of a depopulation agenda, by a relatively small group of hyper-wealthy, neo-fascist, globalist billionaires. What Beck argued, namely that the potential for cataclysm was increasing, has been exacerbated beyond what could have been expected under "normal" risk-conditions. Ironically, under these conditions the uncertainties of science in the face of unpredictable risk, which were highlighted by Beck, have made way for contrary, ideological claims concerning the "certainties" of "the science" in relation to so-called Covid-19 "vaccines". Insofar as these vaunted "certainties" pertained to the supposed "safety and effectiveness" of these injections, recent evidence in the guise of scientific studies suggests that the opposite is the case, and that millions of the recipients of these "jabs" have died globally since they were administered, in this way confirming the qualitative difference between the kind of risk faced in contemporary "pandemic" society and the risks that Beck perceived in the "risk society" which succeeded the society of "wealth-production". Eight of the risks that Beck associates with this kind of society are discussed, and the differences between those risks - which are generated by science and technology, among other things - and what humanity faces today, particularly since the advent of the Covid "pandemic", are identified and clarified. Importantly, the qualitative differences between risks as understood by Beck - which emerged as side-effects of "normal" scientific, technological and industrial practices and processes - and the risks that have emerged recently, at least since 2020, are emphasised. This amounts to the recognition of not only the risks demonstrably associated with the pseudo-vaccines marketed as "vaccines" against Covid-19, but also, and especially, of the demonstrable dangers that they hold, which could potentially augur the extinction of the human species. These and other aspects of "pandemic" society - such as deliberate economic destruction and geo-engineering - are addressed through the lenses of Beck's work on risk society, raising the fraught question of the possible extinction of humanity.

    Keywords: Covid-19, danger, extinction, future perspective, risk, Ulrich Beck, "vaccines"


     

     

    Inleiding: Oor tyd en die toekoms

    By die geleentheid van 'n herdenking - veral die tienjarige bestaansherdenking van 'n inrigting vir universiteitsonderrig - is die tema wat 'n mens onweerstaanbaar aanspreek dié van tyd, en daarmee saam van menslike geskiedenis. Sover ons weet, is mense die enigste wesens wat geskiedenis in die ware, temporele sin van die woord het - met ander woorde, wesens wat gedurig daarvan bewus is dat hulle in die tyd bestaan. Ons kan nie die wereld soos diere ervaar nie, en deur hul gedrag dop te hou - soos dié van troeteldiere - weet ons dat hulle intelligente, sintuiglik-bewuste wesens is, maar dat hulle geen aanduiding gee van 'n gewaarwording van wat gister gebeur het, of wat hulle van more verwag nie. Dit is juis wat ons as Homo en Gyna sapiens sapiens - die dubbeldenkende wese, wat daarvan bewus is dat hy en sy bewus is -uniek maak (sover ons weet; onthou: alle kennisaansprake is hersienbaar in die lig van nuwe kennis). Wat is die implikasies van 'n reeks van ontwrigtende gebeurtenisse op onontkombare menslike tydsgebondenheid, veral wanneer menslike toekomsperspektief fundamenteel daardeur geraak word? Hierdie vraag is uiters betekenisvol wanneer die huidige tydsgewrig - met unieke uitdagings en risiko's, indien nie aktuele bedreigings nie - met erns gekonfronteer word.

    Mense is deur-en-deur wesens wat in die web van temporaliteit gevang is - probeer soos jy wil, jy kan nie daaruit ontsnap nie. Sowel jou genietinge en jou vreugdes as jou pyn en lyding vind binne die perke van hierdie web plaas. Maar dis nie 'n eendimensionele sfeer nie; daarbinne beleef ons drie welbekende dimensies, te wete verlede, hede en toekoms, en soos reeds Augustinus in die vroeë middeleeue skerpsinnig opgemerk het, is die hede ongetwyfeld die mees ontwykende van die drie tydsmodaliteite wat mense beskore is: dit is en tegelykertyd is dit nie, omdat dit net so vining verdwyn as wat dit verskyn. Dit is 'n hek waardeur die toekoms onbeteuelbaar na die verlede stroom, soos 'n rivier in gedurige vloed.

    Martin Heidegger het hierdie wesenlike tydsgeoriënteerdheid van die menseras onverbeterlik in sy monumentale Sein und Zeit van 1927 (Being and Time, 1978:370-378) geartikuleer. Sonder om in Heidegger se idiosinkratiese woordgebruik verstrengel te raak, kan 'n mens dit miskien as volg stel. Voortbouend op Edmund Husserl se fenomenologiese analise van tyd (wat nie eksistensieel georiënteer is soos Heidegger s'n nie, en dus nie hier onder die loep sal kom nie), bevestig Heidegger die driedimensionele aard van tyd, naamlik die bekende verlede, hede en toekomskarakter daarvan, maar op 'n unieke wyse. Hy praat van die drie "ek-stases" van tyd - wat meer sin maak wanneer onthou word dat "ekstase" - of "ek-stase" - letterlik beteken om "uit te staan". Dus verkeer 'n mens in ekstase wanneer jy by wyse van spreke "buite jouself is" (gewoonlik van genot, of van verwondering). Hierdie drie "ek-stases" is die "gewees-het" ("having-been" of verlede), die "oomblik" (hede) en die "nog-nie" (toekoms), en op die vraag, watter een hiervan die mees fundamentele dimensie verteenwoordig, is sy antwoord dat dit die toekoms is, en dat 'n mens dus deur "toekomstigheid" (Zukünftigkeit; "futurity") gekenmerk word. Wat beteken dit om te sê dat ons wesenlik "toekomstige" wesens is? Op die oog af sou 'n mens eerder wou beweer dat ons verlede-gerigte wesens is. Wanneer jy egter daaraan as "toekomsgerigtheid" dink, maak dit meer sin - immers, wat jy ook al van jou eie verlede met jou saamdra in die hede (soos dit in die hede as geheue gepreserveer is), maak jou huidige verstaan en evaluering daarvan (van wat in die verlede met jou gebeur het, hetsy positief of negatief) alleenlik sin in die lig van die wyse waarop jy dit in die toekoms projekteer. Anders gestel: slegs jou toekomsperspektief of -planne (indien jy gelukkig genoeg is om sodanige perspektief te hê), of inderdaad die gebrek daaraan, stel jou in staat om betekenis of sin in die hede te vind - of om dit nie daarin te vind nie, soos in die geval van mense sonder toekomsperspektief (iets waarop ek sal terugkom).

     

    Oor vooroordeel

    Wat volg het te make met die omstrede saak van die Covid-19-"pandemie", en die waarskynlikheid dat 'n mens, ongeag jou standpunt hieroor, deur die een of ander party van "vooroordeel" beskuldig mag word, vereis beknopte aandag aan hierdie saak. Die rede hiervoor is dat die relevante diskursiewe veld deur 'n Lyotardiaanse différend gekenmerk word - met ander woorde 'n botsing van menings wat dermate op uiteenlopende veronderstellings berus dat 'n hermeneuties-interpretatiewe versoening buite die kwessie is (sien Olivier, 2021). Daarom is dit raadsaam om kortliks iets oor "vooroordeel" te sê, ten einde sodanige besware by voorbaat te ontlont. Ek doen dit omdat daar stellig beweer sou kon word dat ek, ten einde my eie argument te ondersteun, eensydig op slegs een kant van die beskikbare inligting- en kommunikasieveld konsentreer (die "alternatiewe media"), ter uitsluiting van enigiets wat my argument sou kon verswak (die "hoofstroommedia"). Dit is onmoontlik om hier volledig aandag te gee aan die uiteenlopendheid van inligting wat alle aspekte van die "pandemie" betref, en waarom ek sekere standpunte ten koste van ander ondersteun - ek het dit reeds uitvoerig by drie vorige geleenthede gedoen, en lesers wat hierin belangstel, kan gerus hierdie publikasies onder die loep neem (Olivier, 2021; 2022; 2022a).

    Wat die moontlike beskuldiging van vooroordeel betref, wil ek kortliks na Hans-Georg Gadamer (2004:269-272) se verheldering van drie begrippe in die werk van Martin Heidegger verwys - vertaalbaar as "voor-hê, voor-sig en voor-begrip" ("fore-having, fore-sight, and fore-conception"). Gadamer benut hierdie begrippe om te verduidelik waarom "vooroordeel" ("prejudice") of "voor-oordeel" ("pre-judgement"), sowel as die struktuur van 'n "hermeneu-tiese sirkel" onvermydelik is in die proses van verstaan en interpretasie. Hiervolgens het 'n mens die taak om herhaaldelik jou aanvanklike verstaan van iets te verander en te verfyn namate meer aspekte van die fenomeen of "ding" sigbaar word. Laasgenoemde kan 'n wetenskaplike, filosofiese of literêre teks wees, of moontlik 'n gebeurtenis of reeks gebeurte-nisse wat rondom jou ontvou (en vir interpretatiewe doeleindes metafories die struktuur van 'n "teks" vertoon). Gadamer brei as volg hierop uit (2004:269; my vertaling):

    'n Persoon wat poog om 'n teks te verstaan is altyd besig om te projekteer. Hy projekteer 'n betekenis vir die teks as 'n geheel sodra 'n aanvanklike betekenis in die teks na vore kom. Dog die aanvanklike betekenis verskyn slegs omdat die teks met besondere verwagtinge met betrekking tot 'n bepaalde betekenis gelees word. Die uit-werk van hierdie voor-projeksie, wat gedurig hersien word in terme van wat te voorskyn kom namate die betekenis gepeil word, is om te verstaan wat daar is.

    Hierdie beskrywing is natuurlik 'n ruwe verkorting van die geheel. Die proses wat Heidegger beskryf is dat elke hersiening van die voor-projeksie in staat is om vir sigself 'n nuwe projeksie van betekenis te projekteer; kompeterende projekte kan naas mekaar verskyn totdat dit duideliker word wat die eenheid van betekenis is; interpretasie begin met voor-begrippe ["fore-conceptions"] wat met meer geskiktes vervang word. Hierdie konstante proses van nuwe projektering is konstitutief met betrekking tot die beweging van verstaan en interpretasie.

    Sodanige herhaalde voor-projeksies geskied gedurig in mense se daaglikse lewens. Die huidige omstandighede, waartydens die wêreld getuie was van die koms van wat 'n "pandemie" genoem word ('n debatteerbare term, gegewe die relatief-lae sterftesyfer wat daarmee geassosieer word; sien World-O-Meter Coronavirus) is geen uitsondering nie. Namate hierdie gebeure ontvou het, is 'n mens gedurig aan meer nuus en inligting blootgestel wat die verspreiding van 'n sogenaamde "nuwe koronavirus" (SARS-Cov-2) betref; sowel as van die siekte waartoe dit aanleiding gegee het, te wete COVID-19, en die interpretasie hiervan het die hermeneutiese patroon gevolg soos uiteengesit deur Gadamer. Pogings om die oorsprong van die virus te begryp, is in nuusmedia gepubliseer, met die aanvanklike (oënskynlike) konsensus, dat dit waarskynlik by 'n dieremark ("wet market") in Wuhan, China, van 'n dier soos 'n vlermuis, via 'n intermediêre dier soos 'n ietermagô na mense oorgedra is. Op die spoor van die voorbegrip ("fore-conception"), dat 'n mikro-biotiese entiteit soos 'n virus iewers 'n oorsprong het - moontlik in 'n natuurlike omgewing - en nadat ek verskeie artikels oor hierdie veronderstelde herkoms gelees het, is die voorlopige indruk gelaat dat hierdie patogeniese entiteit van natuurlike oorsprong was, en dat dit mense deur "soönotiese" oordrag besmet het. Die voor-projeksie in my vroeë gepubliseerde navorsing hieroor het dus Covid-19 se natuurlike herkoms voorlopig bevestig (byvoorbeeld Olivier, 2020:7-8).

    Soos Gadamer aandui, is die interpretatiewe fase van wêreldverstaan 'n voortgaande proses, en om die "pandemie" te verstaan is geen uitsondering nie. My aanvanklike voor-projeksie van die koronavirus se herkoms as natuurlik van aard moes spoedig in die lig van alternatiewe verklarings in verskeie media in heroorweging geneem word. Volgens laasgenoemde was dit inderwaarheid nie natuurlik (of volledig natuurlik) van aard nie; volgens beskikbare getuienis is dit kunsmatig-tegnies in 'n virologie-laboratorium (in Wuhan, China) geskep, vanwaar dit volgens sommige berigte per ongeluk "ontsnap" het, terwyl ander op 'n doelbewuste vrylating van die virus gedui het (sien Mercola, 2022d vir 'n oorsig hiervan). Nodeloos om te beklemtoon, het al hierdie (voor-)projekterings met mekaar gewedywer wat geloofwaardigheid betref, en my interpretatiewe taak het daaruit bestaan om hulle aan die hand van beskikbare getuienis teen mekaar op te weeg.

    Ten opsigte van ander aspekte van die "pandemie" - soos inperkings ("lockdowns"), "sosiale afstand" ("social distancing") en die dra van maskers - het die verstaansproses dieselfde sikliese patroon van voor-begrip, voor-projeksie, die hersiening van laasgenoemde in die lig van nuwe aansprake en getuienis, ensovoorts, vertoon. Die mees omstrede aspek van hierdie ontwikkelinge was ongetwyfeld die gretig-geantisipeerde "entstowwe" - 'n term wat ek beklemtoon omdat hierdie inspuitings nog steeds omstrede is sover dit bewerings en teenbewerings omtrent die mediese status en veronderstelde "veiligheid en doeltreffendheid" daarvan betref. 'n Faktor wat vroeg reeds my aanvanklike voor-projeksie gewysig het, dat entstowwe inderdaad die mees begerenswaardige teenmiddel vir Covid-19 sou wees, was die ongekende snelheid waarmee hulle ontwikkel is, in teenstelling met die normale jarelange ontwikkeling van entstowwe teen patogene. Die kontroversie rondom geneesmiddels vir die vroeë behandeling van Covid-19 (Kennedy, 2021:76-145) - soos hidroxychloroquine en Iver-mectin - was nog 'n element in die gedurige her-evaluering van 'n mens se voor-projeksies in die lig van nuwe bewerings en veronderstelde getuienis om hulle te staaf. Wat my eie opvatting (Olivier, 2021) oor die mediese status van die Covid-19 "entstowwe" betref, was deurslaggewende getuienis afkomstig van 'n groot aantal mediese dokters van dwarsoor die wêreld, naamlik dat onontkenbare aanduidings van die gevare van hierdie inspuitings (insluitende sterftes) spoedig begin verskyn het nadat noemenswaardige getalle mense hieraan onderwerp is. Die skokkende mate waartoe hierdie getuienis onderdruk is en nog steeds word, is die onderwerp van toenemende getalle kritiese studies (kyk byvoorbeeld Derisk, 2024; Malone, 2023; en Kansel, 2022).

    Vanselfsprekend onderwerp ek alle nuwe inligting wat onder my aandag kom aan sorgvuldige ondersoek in die lig van ondersteunende sowel as weersprekende getuienis, met die gevolg dat ek tans die interpretatiewe (dog in beginsel hersienbare) standpunt handhaaf wat in die huidige essay geartikuleer is. Daarby moet genoem word dat die verskyning van Robert Kennedy se boek (2021) oor Dr Fauci en Bill Gates - wat van onberispelike navorsing getuig - bevestig dat my eie begrip van al die verbandhoudende sake rondom die "pandemie" inderdaad verdedigbaar is. In plaas daarvan om 'n "samesweringsteoretikus" ("conspiracy theorist") te wees, was en is dit steeds my vaste voorneme om die ware toedrag van sake omtrent die vrae wat hier onder aan die hand van Beck se werk bespreek word, bloot te lê en, gepaardgaande met relevante getuienis, te artikuleer.1 Bowendien versterk dit die gebalan-seerdheid van 'n mens se oordeel indien jy die beskikbare getuienis deur die lens van die teorie van "massapsigose" in oënskou neem, soos ek dit in my artikel, "Therapeutic reflections on the pandemic" (2022), gedoen het. My benadering hier is vergelykbaar met dié van Mattias Desmet in sy boek, The Psychology of Totalitarianism (2022), met die verskil dat my eie benadering grootliks Lacaniaans-psigoanalities is - aan die hand van die begrippe van "psigose", ausagieren ("acting out") en passage á l'acte ("passage to the act") - terwyl Desmet met sy teorie van "massa-formasie" ("mass formation") sterk by Hannah Arendt aanleun. In beide gevalle funksioneer die teoretisering sodanig dat dit 'n mens in staat stel om jouself van blote spekulatiewe standpunte, asook van die verleidelikheid van "massa-hipnose" te distansieer.

     

    Ulrich Beck se "risikosamelewing"

    Heidegger se tydsanalise - waarvan ek slegs 'n bondige weergawe hier bo verstrek het (vir 'n meer uitgebreide uiteensetting, sien Olivier, 2002) - stel 'n mens in staat om die huidige tyd, die tyd waarin ons nou leef, beter te begryp, veral in die lig van die vraag na toekomsperspektief. Ten einde Heidegger se tydsverwante begrippe te benut, moet die unieke karakter van die huidige tyd verstaan word. 'n Mens kan dit op verskeie maniere benader, maar een van die vrugbaarste invalshoeke word in die werk van Ulrich Beck, die sosioloog en teoretikus van die "risiko-samelewing," aangetref. Beck (1992:10) merk op dat, net soos modernisering die struktuur van die voor-moderne feodale samelewing laat disintegreer en in die 19de eeu die industriële samelewing laat verskyn het, 'n nuwe vorm van modernisering - "refleksiewe modernisering" - vandag 'n ander soort moderniteit die lig laat sien.

    "Refleksiewe modernisering" is nie, soos sy voorganger (industriële modernisering), daarop gemik om industriële prosesse gedurig te verbeter en meer ekonomies produktief te maak nie; soos die term, "refleksief aandui, is dit 'n modernisering van die beginsels waarop die vroeëre moderniteit gebou is. Anders gestel: ons is tans getuies van 'n breuk wat binne moderniteit self plaasvind, en as gevolg waarvan 'n ander soort "moderne" samelewing te voorskyn tree - een wat die produk van "refleksiewe modernisering" is (Beck, 1992:10). Wat volgens Beck kenmerkend is van hierdie "gevorderde moderniteit" is dat die produksie van welvaart met die sosiaal-ekonomiese produksie van risiko's gepaardgaan. In sy woorde (Beck,1992:19; my vertaling):

    In gevorderde moderniteit gaan die sosiale produksie van welvaart sistematies gepaard met die sosiale produksie van risiko's. Dienooreenkomstig oorvleuel die probleme en konflikte wat in 'n samelewing van skaarste met verspreiding verband hou, met die probleme en konflikte wat uit die produksie, definisie en verspreiding van tegno-wetenskaplik geproduseerde risiko's voortvloei.

    Hoe funksioneer "refleksiewe modernisering" hier? Indien die produksie van welvaart (industriële modernisering) daarop gemik was om die probleem van skaarste aan te spreek deur tegnologiese kragte te benut om ekonomiese middele vir oorlewing uit die natuur voort te bring, dan word 'n ander fokus vereis om die struikelblokke te oorkom wat in die loop van die ontwikkeling en gebruik van produksietegniek opduik. Dit verduidelik Beck (1992:19) se opmerking, dat modernisering "sy eie tema word"; dit word "refleksief. Dis ook nie moeilik om te verstaan waarom nie: namate potensiële gevare vermenigvuldig - wat soms in aktuele gevalle van industriële ongelukke (soos die bekende industriële ramp in Bhopal, Indië, in die 1980's) en gepaardgaande vernietiging na vore kom - groei die noodsaaklikheid om die risiko's wat daarmee gepaardgaan polities en ekonomies te bestuur en te beheer. Dit is waarom dit moeilik is om risiko op "objektiewe" wyse te identifiseer; dit neig in die rigting van die subjektiewe, in die transendentaal-voorwaardelike sin van die waarneming en antisipering van gevaar wat moontlik tot vernietiging of katastrofe kan lei. Beck (2000:212-213; my vertaling; kursief in oorspronklike) stel dit só:

    Risiko's is nie dieselfde as vernietiging nie. Hulle verwys nie na skade wat berokken is nie...Risiko's bevat egter die potensiaal vir vernietiging. Die diskoers van risiko begin waar vertroue in ons sekuriteit en geloof in vooruitgang eindig. Dit is nie meer van toepassing wanneer die potensiële katastrofe inderdaad plaasvind nie. Die begrip van risiko is dus kenmerkend van 'n eienaardige, intermediêre toestand tussen sekuriteit en vernietiging, waar die waarneming (perception) van dreigende risiko's denke en handeling bepaal.

    Hierdie eienaardige realiteitstatus van "nie-langer-maar-nog-nie"...is wat die begrip van risiko uitdruk, en wat daarvan 'n publieke verwysingsraamwerk maak. Die sosiologie van risiko is 'n wetenskap van potensialiteite en oordele ten opsigte van waarskynlikhede ...Risiko's "is" dus 'n tipe van virtuele realiteit, reële virtualiteit.

    Tans is die onderskeid tussen vernietiging en risiko meer relevant as ooit, maar met 'n kinkel wat Beck nooit sou antisipeer het nie, soos ek hier onder sal aantoon; al is dit weliswaar so dat hy (Beck, 1992:20) reeds toentertyd melding gemaak het van die "donker kragte" wat in belangrikheid toeneem namate oorontwikkeling van produktiewe kragte plaasvind. In 'n latere publikasie (Beck, 2000) vat hy die spesifieke aard van risiko onder die volgende hoofde saam: Die verskil, eerstens, tussen risiko en vernietiging (reeds hier bo genoem) hou ook verband met die veral huidige sosiaal-relevante onderskeid tussen "risiko-besluitnemers" en diegene wat uitgelewer is aan die gevolge van ander se besluite (Beck, 2000:214). Dit hang verder saam met die kwessie van die rasionaliteit of irrasionaliteit van risiko, asook van besluite wat op risiko betrekking het.

    Tweedens wys Beck daarop dat die begrip van risiko die aanvaarde verhouding tussen verlede en toekoms omkeer: waar die verlede gewoonweg as die kousaal-bepalende faktor vir die toekoms beskou is, word risiko - met ander woorde, iets virtueels, wat nie bestaan nie -toenemend gesien as die "oorsaak" van huidige handelinge wat daarop gemik is om die aktualisering daarvan juis te vermy. Na my mening is Beck verkeerd dat hierdie 'n omkering van "tydskousaliteit" behels - Heidegger was fenomenologies korrek in Sein und Zeit {Being and Time; 1978), om menslike "toekomstigheid" met prioriteit te beklee ten opsigte van die verlede en die hede: 'n mens se toekomsgerigtheid bepaal immers watter sin (of on-sin) jy in die verlede en die hede vind. Dus is risiko hoogstens 'n intensivering van hierdie verhouding tussen verlede en toekoms. Beck (2000:214-215) gebruik as voorbeelde hiervan die diskoerse van globalisering en die klimaatkrisis, om te illustreer hoe risiko gedramatiseer kan word om die vooruitsig van bepaalde afgryslikhede ("horrors") te aksentueer - sekerlik nie om dowe neute nie, maar om magsverhoudinge (van oorheersing) te bevorder. Ek sal later op die relevansie hiervan vir die huidige tyd terugkom.

    Beck se derde stelling (2000:215) betref die ontologiese status van risiko: moet 'n mens dit in feitelike terme verstaan, of aksiologies? Volgens hom is risiko nóg 'n uitsluitlik feitelike aanspraak, nóg 'n suiwer waarde-georiënteerde stelling. Dit is óf albei tegelykertyd, óf 'n soort hibride, "tussen-in" fenomeen. Hy benut die oksimoron van 'n "wiskundige moraliteit" ("mathematicized morality") - dit wil sê dat die wiskundige berekenbaarheid daarvan met kulturele opvattings van 'n draaglike, of onverdraagbare soort lewe verband hou. Ons opvatting van risiko word bepaal deur die antwoord op die vraag (Beck, 2000: 215): "Hoe wil ons lewe?" ("How do we want to live?"). Die ambivalente ontologiese status van risiko hou volgens Beck ook verband met politieke "plofbaarheid" ("political explosiveness") en met die kapasiteit om handeling in die hede te inisieer, wat op hul beurt in die "universele waarde van oorlewing" ("universal value of survival") en die veronderstelde betroubaarheid (eintlik "vertroubaarheid") van die "bewakers" ("guardians") en "beskermers" van die samelewing gewortel is.

    Beck (2000:215) herinner 'n mens verder daaraan dat selfs 'n konserwatiewe teoretikus soos Thomas Hobbes reeds die reg van burgers erken het, om weerstand te bied wanneer die staat die lewe of oorlewing van burgers bedreig. En daarby - uiters belangrik vir wat tans in die wêreld gebeur - wys hy op die gevare wat aan diegene (in besigheid, politiek, wet en wetenskap) wat verantwoordelik is vir die instandhouding van sosiale orde toegeskryf kan word. Meer spesifiek noem hy die vermoede, of agterdog, oor die moontlikheid dat diegene wat die openbare welsyn in die gevaar stel, enersyds, en diegene wat verantwoordelik is vir die beskerming daarvan, andersyds, inderdaad identies mag wees ("_the suspicion that those who endanger the public well-being and those charged with its protection may well be identical"; 2000:215). Hierdie "agterdog" was nog nooit vantevore in diegeskiedenis van die samelewing meer toepaslik as vandag nie; ek kan aan geen tydperk, of historíese gebeurtenis dink waartydens regeerders of 'n heerser doelbewus hul eie burgers of onderdane se welsyn, waarvoor hulle verantwoordelik was, met woord en daad ondermyn het nie (selfs die Nazi's het minstens 'n gedeelte van die Duitse bevolking se belange op die hart gedra, naamlik die nie-Joodse, "Ariese" bevolking). Soos ek ten opsigte van die huidige maghebbers in die samelewing sal aantoon, ondermyn diegene met die grootste verantwoordelikheid vir die welsyn van die mensdom terselfdertyd demonstreerbaar hierdie welsyn.

    Die vierde stelling wat Beck (2000:215) maak, is dat risiko en die waarneming ("perception") van risiko's - veral in hul vroeë stadia, wat moeilik is om te bepaal - onbedoelde konsekwensies is van die logika van beheer ("control") wat moderniteit polities en sosiologies domineer. Die huidige tyd is getuie van 'n besonder perverse geval van sodanige pogings om alle aspekte van die globale samelewing te beheer (meer hieroor later). Vanweë die komplek-siteit van risiko en van die proses om dit te diagnoseer, lei die einste poging om beheer oor alle aspekte van sosiale lewe uit te oefen - ironies genoeg - daartoe dat meer risiko geskep word (Beck, 2000:216). Waar risiko gedurende die eerste fase van moderniteit as die berekening van onvoorspelbare gevolge beskou is, staar 'n mens vandag, met die industrialisering van die natuur, nuwe soorte "geproduseerde" onsekerhede in die gesig, wat bowendien deur die pogings van produsente en analitici om risiko te beheer en te beperk, vererger word (Beck 2000:216).

    Die vyfde saak wat Beck bespreek, is dat die mensgemaakte onsekerheid van risiko vandag verband hou met 'n spesifieke "sintese van kennis en onwetendheid" ("synthesis ofknowledge and unawareness'"; 2000:216). Dit beteken dat 'n mens te make het met 'n mengsel van empiries-gefundeerde risiko-evaluering (byvoorbeeld van treinrampe) en besluite ten opsigte van onsekerheid en onbepaaldheid ("indeterminacy"). Enersyds hou dit verband met die feit dat "beter kennis", wat gewoonlik in 'n positiewe lig beskou word, paradoksaal toenemend die basis word van nuwe risiko's. In hierdie verband verwys Beck (2000:216-217) na gevorderde kennis van breinfunksies, wat dit byvoorbeeld moeiliker maak as voorheen om met sekerheid te verklaar dat 'n persoon "breindood" is. Bowendien, so argumenteer Beck verder, skep die wetenskap (en hy kon tegnologie bygevoeg het) "nuwe soorte risiko" deur die inisiëring van nuwe sfere van kennis en handeling (byvoorbeeld mRNA-tegnologie in die ontwikkeling van "entstowwe"), en hy verwys hier spesifiek na die hoogs-relevante geval van menslike genetika, waar die grens tussen gesonde en siek individúe toenemend vervaag vanweë die vermoë om oorerflike siektes in oënskynlik-gesonde mense te diagnoseer. Andersyds is onwetendheid eweseer die basis van risiko, ofskoon nie in die sin van potensiële kennis nie, maar juis in die konteks van "hoogs-ontwikkelde deskundige rasionaliteit" ("highly developed expert rationality"), waar die berekening van waarskynlikheid nooit 'n spesifieke gebeurtenis kan uitskakel nie (Beck, 2000:217). Beck kom gevolglik tot die slotsom dat toenemende "onwetendheid" in hierdie sin die vraag omtrent besluitneming in die konteks van onwetendheid en onsekerheid radikaliseer. Vandaar die vraag, gevolg deur 'n konklusie, wat uiters relevant is vir hierdie essay, naamlik (Beck, 2000:217), of die onvermoë om te ken 'n mens die reg tot handeling verleen, of andersyds die basis voorsien om handeling te vertraag, vir moratoria, of selfs vir gebrek aan handeling. Met ander woorde, in die lig van fundamentele onkunde, hoe regverdig 'n mens die motiewe vir handeling, of die verpligting, om nie te handel nie? Hy herinner 'n mens daaraan dat dit langs hierdie weg is dat 'n samelewing wat op kennis en risiko gebaseer is 'n dreigende sfeer van moontlikhede skep.

    In die sesde plek ondermyn risiko's in die risiko-samelewing die onderskeid tussen die "globale" en die "lokale", sodat nuwe soorte risiko tegelykertyd globaal en lokaal is, oftewel "glokaal" ("glocal"). Dit is waarom ekologiese probleme "geen grense ken nie", vir sover hulle globaal versprei deur water, die lug en wind (Beck, 2000:218); en in die lig van die verspreiding van die "nuwe" koronavirus kan 'n mens byvoeg: "deur lugverkeef'. Beck voeg die uiters belangrike opmerking by - aangesien tydgenootlike risiko-samelewings nie meer die opsie het om die "logika van beheef' (van 'n vroeëre moderniteit) uit te oefen nie - dat hulle in "self-kritiese samelewings" behoort te ontwikkel (2000:218).

    Die sewende stelling wat Beck maak (wat weereens opvallend betrekking het op die huidige onderwerp) handel oor die onderskeid tussen "kennis, latente trefkrag ("impact") en simptomatiese effek", vanweë die feit dat die plek van oorsprong en van trefkrag nie ooglopend verbind is nie (2000:219). Hiermee bedoel Beck dat die verspreiding en beweging van potensiële gevare dikwels immanent en latent, en daarom onsigbaar en onnaspeurbaar is vir alledaagse waarneming. Dit is waarom sodanige risiko's duidelik waarneembaar gemaak moet word; dán eers kan beweer word dat hulle 'n aktuele bedreiging inhou. Kulturele waardes sowel as wetenskaplike argumente is hierby betrokke. Hy herinner 'n mens ook daaraan dat die potensiële trefkrag van risiko's groter word namate min mense daarvan weet of daarvan wil weet - 'n duidelike verwysing na wat Sigmund Freud die "doodsdrif genoem het, met ander woorde, die neiging om altyd na 'n "toestand van rus" (jou "gemaksone") terug te keer.

    Die agste punt wat Beck maak, is dat 'n mens in die risiko-samelewing nie langer op klinkklare wyse tussen natuur en kultuur kan onderskei nie (2000:221). Inteendeel: vandag woon ons in 'n hibriede-wêreld wat hierdie digotomie oorskry; om vandag van kultuur te praat, is om oor natuur te praat, en omgekeerd. Die denkskeiding tussen natuur en kultuur is 'n modernistiese oorblyfsel wat nie in berekening bring dat ons in 'n "beskawing" woon waarvan die eienskappe daardie onderskeiding te bowe gaan nie. Bowendien word die verdwyning van sodanige grense nie slegs deur die industrialisering van natuur en kultuur teweeggebring nie, maar inderdaad ook deur die risiko-verbonde gevare wat alle lewende wesens bedreig. Of 'n mens nou aan omgewingsbesoedeling of beskadiging van die osoonlaag dink, word die natuur onvermydelik deur menslike aktiwiteite beïnvloed. Sodanige gemeenskaplike gevare oorskry ook verskille tussen klasse, nasies en alle lewende wesens. Ofskoon Beck nie oor die inligting beskik het wat op Covid-19 betrekking het nie, sou hy die debat oor die oorsprong van die "nuwe koronavirus" - die vraag, of dit 'n natuurlike, "soönotiese" ("zoonotic"), of 'n kunsmatig-tegnowetenskaplike laboratorium-oorsprong gehad het - as demonstrasie van hierdie onskeibaarheid van natuur en kultuur kon sien.

     

    Implikasies van Beck se analise vir die huidige tyd

    Voordat na die vraag oor Beck se belang vir die hede gedraai word, moet ek - waarskynlik tot die skok van die meeste lesers (wat nie deur die massamedia oor die ware, lewensontwrig-tende en -bepalende gebeure "agter die skerms" ingelig word nie; inteendeel, hulle word stelselmatig 'n rat (voorheen rad) voor die oë gedraai - sien Mercola, 2022c) - onmiddellik die stelling maak dat, hoe onwaarskynlik dit ook al mag klink, ons onsself tans in die middel van die grootste magsoorname in die geskiedenis bevind. Alle beskikbare inligting dui daarop dat 'n relatief klein groepie mense - wat oor ongekende tegnologiese en finansieel-ekonomiese mag beskik - in die proses is om langs verskillende weë 'n oorgang van een vorm van same-lewing (die een waaraan ons gewoond was) tot 'n fundamenteel andersoortige samelewing te bewerkstellig. Covid-19 was slegs die begin daarvan, maar globale ekonomiese ineenstorting, gepaardgaande met hongersnood vanweë die vernietiging van voedselbronne, oorloë, asook nuwe pandemies, maak ook deel daarvan uit. Kernagtig gestel, probeer hierdie groep trans-humanistiese tegnokrate die proses van samelewingsoorgang, wat histories gewoonlik tot drie eeue of langer kan duur - dink aan die tyd wat dit geneem het om van die middeleeue tot die moderne era te ontwikkel - binne slegs tien jaar in te forseer. (Raadpleeg die World Economic Forum se webwerf, waar dit duidelik uitgespel word.) Die aard hiervan sal hier onder duideliker word, maar om te beklemtoon dat dit geen hersenskim is nie, moet ek daarop wys dat 'n vier-maandelange hofsaak in die Internasionale Gemenereghof van Geregtigheid in Brussels twee jaar gelede geëindig het met die skuldigbevinding van 75 mense op aanklagte wat massamoord insluit (Annett, 2022). Onder hierdie skuldiges tel bekende wêreldfigure soos Albert Bourla en Emma Walmsley van Pfizer en GlaxoSmithKline (onderskeidelik), Justin Trudeau van Kanada, Pous Francis (Jorge Bergoglio), (oorlede) Koningin Elizabeth (Windsor) van Brittanje en Xi Jinping, President van China. Ofskoon die hof nie afdwingbare gesag het nie - die bevindinge is grootliks simbolies - spreek dit boekdele dat die aanklagte te make het met die sogenaamde Covid-19 "entstowwe", asook ander aspekte van die Covid- "pandemie".

    Weereens, om te beklemtoon: dit het sedert ongeveer die middel van 2020 duidelik geword dat die "pandemie" asook die "entstowwe" slegs maar die begin was van 'n veel verreikender poging, deur 'n relatief klein, maar super-ryk groep biljoenêr-plutokrate en tegnokrate om globale mag oor te neem en die res van die wêreld te verslaaf (Grand Jury, Opening Statements, 2022; Grand Jury, Injections and Psychological Warfare, 2022a; Kennedy, 2021; Mercola & Cummins, 2021; Breggin & Breggin, 2021; Olivier, 2021; 2022a). Daar is tans nog 'n hofsaak hangende by die Internasionale Kriminele Hof in Den Haag, soortgelyk aan die onlangs-afgelope een in Brussels, en indien dit tot 'n vergelykbare bevinding kom, sal die konsekwensies veel verreikender wees as dié van die Gemenereghof (Mercola, 2022b).

    Wat die implikasies van Beck se konseptualisering van die "risiko-samelewing" vir die tydsgewrig waarin die mensdom tans verkeer betref, is daar etlike duidelik-identifiseerbare risiko's wat ons in die gesig staar, maar nie noodwendig in die sin wat Beck risiko verstaan nie. Eerstens, wat die kwessie van die verskil tussen vernietiging en risiko betref, bestaan daar voldoende getuienis van 'n fundamentele onderskeid tussen die relatief-lae risiko wat die koronavirus vir die mensdom ingehou het, in die lig van die lae sterftesyfer wat daarmee geassosieer is (sien Coronavirus World-O-Meter: sterftes per miljoen mense), enersyds, en die ontsettende ekonomiese vernietiging wat deur regerings se inperkingsmaatreëls ("lockdowns") berokken is andersyds. Tydens laasgenoemde het miljoene mense wêreldwyd hul inkomste verloor, en as gevolg daarvan is die kanse vir oorlewing van hul afhanklikes fundamenteel negatief beïnvloed (Chossudovsky, 2022). Wanneer 'n mens die omstrede vraag omtrent die Covid-19-"entstowwe" - wat nie egte entstowwe is nie, omdat laasgenoemde infeksies deur 'n virus of bakterie, asook die sekondêre infeksie van ander mense voorkom, terwyl die Covid-inspuitings vir geeneen hiervan kwalifiseer nie, en bowendien vernietigende gevolge het vir mense wat hulle ontvang (Kennedy, 2021:157-195) - onder die loep neem, is die onderskeid tussen risiko en vernietiging (in die sin van sterfte) enersyds nog duideliker, maar andersyds geldig. Die rede hiervoor is dat die sterftesyfer wat aan die "entstowwe" toegeskryf kan word, buitensporig hoog is, reeds op soveel as ongeveer 31 miljoen wêreldwyd geraam word, en steeds vermeerder (Derisk, 2024; sien ook Malone, 2023; Kennedy, 2021:157195; 174-176; Mercola, 2022; McGregor, 2022; Bieggin & Breggin, 2021; Olivier, 2021; 2022 & 2022a), en andersyds die blote risiko van ander newe-effekte (soos byvoorbeeld verlamming) waaraan 'n mens jouself of jou kinders blootstel deur jou (of hulle) aan die inspuiting(s) te onderwerp, ook buitengewoon hoog blyk te wees. Daarvan is die getuienis onweerspreeklik, al word dit deur amptelike organisasies soos die WHO en die CDC in die VSA, en SAPHRA hier te lande onderdruk - om die waarheid hieromtrent uit te vind, moet jy jou tot alternatiewe nuusbronne soos Michel Chossudovsky se Global Research, die Epoch Times, Dr Mercola se webwerf, Brownstone Instituut, asook behoorlik gedokumenteerde boekstudies soos dié van Robert Kennedy (2021), Kees van der Pijl (2022), en van die navorsingspan, Peter en Ginger Breggin (2021) wend. Bo en behalwe hierdie studies is daar talryke alternatiewe internetbronne wat 'n mens kan raadpleeg (sien die bronnelys in Olivier, 2021; 2022; en 2022a).

    Hierdie (in weerwil van die vervolging waaraan hulle onderwerp word) dapper mense se bevindinge bring verder aan die lig dat wat Beck "risiko-besluitnemers" noem, asook diegene wat uitgelewer is aan die gevolge van ander se besluite, in die Covid-19-konteks duidelik waarneembaar en onderskeibaar is. Onder eersgenoemde tel die veronderstelde gesondheids-owerhede hier te lande (SAPHRA, wat Dr Herman Edeling [2021] se ope brief, waarin hy sy kommer oor onder andere die nadelige gevolge van die "entstowwe" uitspreek, gewoon geïgnoreer het), internasionaal (die WHO), asook in die VSA (die FDA en die CDC), in Europa en in ander lande. Weliswaar bestaan daar uitsonderinge in lande soos Indië en Japan (Shukla, 2021; Campbell, 2021), waar owerhede in die loop van hul (negatiewe) ervaring met Covid-19-"entstowwe" die besluit geneem het om hul tot die (suksesvolle) gebruik van alternatiewe middele soos Ivermectin te wend (wat stelselmatig deur Dr Anthony Fauci en Bill Gates in Amerika gedemoniseer is, met rampspoedige gevolge vir pasiënte wat gered kon gewees het; Kennedy, 2021:145). Diegene wat aan die besluite van bogenoemde organisasies uitgelewer is, sluit alle mense wêreldwyd in wat (moontlik verstaanbaar en vergeefbaar) hul nasionale gesondheidsowerhede blindweg vertrou het, met laasgenoemde se versekering, dat die "entstowwe" "veilig en effektief' is. Tot hul nadeel, moet 'n mens byvoeg, in die lig van die hoë sterftesyfer van mense wat twee of drie van hierdie inspuitings ontvang het - volgens 'n openbare bekendmaking is 92% van die mense wat in Brittanje aan Covid-19 oorlede is, ten volle "ingeënt" (The Exposé, 2022; sien ook Kennedy, 2021:174-176).

    Wat die "rasionaliteit of irrasionaliteit" van risiko (waarvan Beck praat) betref, kan 'n mens tereg vra of die risiko van lewensverlies met die Covid-19-inspuitings - waarvan die aanvanklike kommerwekkende toetsresultate nie volledig bekendgemaak is nie (Mercola, 2022a; Kennedy, 2021:168; 170-177) - die gevolg van irrasionele risiko was, of eerder op instrumenteel-rasionele gronde vir riskante besluitneming dui (in die lig van getuienis dat Pfizer farmaseutiese firma van die gevare wat hul "entstof vir mense inhou bewus was, maar dit sorgvuldig verswyg het). Wat intussen hieroor bekend geword het, dui eerder op laasgenoemde (Kennedy, 2021:172). In skrille kontras hiermee, en klaarblyklik juis om die "entstowwe" te bevorder, is die afgryslikhede van Covid-sterftes internasionaal deur die hoofstroom-media gedramatiseer (sien Kennedy, 2021:53, 661-662, in verband met die oordrewe sterftevoorspellings van Neal Ferguson), wat - soos hier bo uitgewys is - deur die relatief-lae globale doodsyfer van Covid weerspreek word. (Dit beteken nie dat Covid-19 nie 'n gevaarlike siekte is nie, maar slegs dat die lewensgevaarlikheid daarvan om strategiese redes oordryf is.) Immers, mense sou hulself nie geredelik aan "inenting" onderwerp het indien hulle geglo het dat hul lewens in gevaar was nie. 'n Mens het in Julie 2022 dieselfde strategie in die VSA gesien ontplooi wat "aap-pokke" ("monkeypox") betref, waar die Biden-admini-strasie miljoene dosisse van 'n "entstof teen hierdie siekte beskikbaar gestel het (RT 2020), en te oordeel aan die aantal dosisse wat deur verskeie state bestel is, het die strategie weereens geslaag, ten spyte daarvan dat die siekte as "matig" beskryf is.

    Indien die aanduidings dat farmaseutiese maatskappye van die gevare wat hul "entstowwe" vir die publiek inhou bewus was, ernstig opgeneem word, en gedagtig aan wat Beck as die waarde-oriëntering ten opsigte van risiko en oorlewing beskryf, is die vraag wat hy stel meer pertinent as ooit tevore, naamlik: is die bewakers van die polis betroubaar? Aansluitend hierby kom die vraag na die "reg op weerstand teen regerings" - wat Beck (2000:215) reeds bevestigend by Thomas Hobbes bespeur - duidelik in die gedrang. Dit hou verder verband met wat hy (hier bo) as "gevare" beskryf wat aan diegene (in besigheid, politiek, wet en wetenskap) wat vir die instandhouding van sosiale orde verantwoordelik is toegeskryf kan word, met die betekenisvolle caveat, dat diegene wat die openbare welsyn in gevaar stel, enersyds, en diegene wat verantwoordelik is vir die beskerming daarvan, andersyds, in werklikheid "identies mag wees". Dit is asof Beck reeds meer as 20 jaar gelede merkwaardige voorkennis gehad het van wat vandag in die wêreld ontvou, gedagtig daaraan dat nasionale en internasionale organisasies wat veronderstel is om na mense se gesondheidsbelange om te sien, toenemend blyk om juis onder dié te tel wat sodanige belange stelselmatig ondermyn.

    Hier bo is aangedui dat Beck melding maak van die logika van beheer ("control") wat moderniteit polities en sosiologies domineer, en dat die huidige tyd getuie is van 'n besonder perverse geval van sodanige pogings om alle aspekte van die globale samelewing te beheer. Hiermee bedoel ek dat, in kontras met die tipies-moderne logika van beheer, wat vanweë die kompleksiteit van die sake waarop dit betrekking het, aanleiding gee tot risiko met onvoorspelbare gevolge, die huidige logika van beheer onder "pandemie"-omstandighede van 'n totaal-ander orde is. Die rede hiervoor is dat dit nie hier oor beheer van sake en prosesse gaan wat bona fide deel uitmaak van normale, samelewingbevorderlike wetenskaplike en tegnologiese ontwikkeling nie, maar - soos al die beskikbare, maar grootliks deur hoofstroom-media versweë getuienis bevestig - inderdaad perverse beheer is wat daarop gemik is om die samelewing te ondermyn en in duie te laat stort, met die doel om "van voor af te begin". Laasgenoemde "nuwe begin" ("great reset") het te make met wat die WEF (World Economic Forum), veral by monde van Klaus Schwab (2020), die grondlegger daarvan, "The Great Reset" noem, en wat sedert die begin van die "pandemie" deur die meerderheid van wêreldleiers (o.a. Joe Biden, Justin Trudeau, Boris Johnson en Emmanuel Macron), met die uitsondering van Vladimir Putin, nagepraat word. Dit behels die voorafgaande vernietiging van die huidige globale ekonomie, gevolg deur die heropbou daarvan met behulp van tegnologiese middele soos kunsmatige intelligensie (KI (AI), met ander woorde robotte), sowel as 'n volkome gedigitaliseerde ekonomie en geldstelsel waardeur mense beheer sou word (GRAND JURY, 2022: Day 1).

    Ek besef dat wat ek hier skryf vir die meeste mense wat nie die navorsing gedoen het wat ek en vele ander mense reeds gedoen het (sien Olivier, 2021; 2022; 2022a; 2023a; 2023b; 2023c; 2024a; 2024b) sal sin maak nie, maar ek kan lesers verseker dat al die inligting hieroor beskikbaar is wanneerjy daarvoor soek. 'n Kursoriese besoek aan die WEF se webwerf - waar aangekondig word dat 'n mens teen 2030 "...niks sal besit nie, maar gelukkig sal wees" (my vertaling; BO) - behoort die uitwerking op krities-denkende mense te hê van om "wakker te word uit hul dogmatiese slaap" (met erkenning aan Immanuel Kant), wanneer die besef tot hulle deurdring dat ons tans in die middel van 'n globale coup d'etat verkeer waarvan die gelyke nog nooit in die geskiedenis gesien is nie (Van der Pijl, 2022). Immers: wat impliseer die WEF se verklaring dat 'n mens teen daardie tyd "niks sal besit nie"? 'n Goeie plek om te begin lees, is die versameling artikels en boeke wat gratis op die webwerf van Global Research beskikbaar is, veral die boek deur Michel Chossudovsky (2022). Geen denkende mens kan betwyfel wat 'n mens daar aantref nie. Die tweede, nog meer onmisbare boek wat 'n mens moet lees, is die een van Robert Kennedy (2021), waar hy op uitvoerig-gedokumenteerde wyse die kabaal aan die kaak stel wat agter die sinistêre proses van ontvolking (kolossale mensemoord; kyk ook Malone, 2023; Derisk, 2024) aan die hand van sogenaamde "entstowwe" staan, waarby 'n mens ook ander middele kon voeg, soos 'n sorgvuldig-georkestreerde ekonomiese ineenstorting (Chossudovsky, 2022; Grand Jury, 2022b), gepaardgaande met hongersnood vanweë sistematiese voedselvernietiging (Philipp, 2022a), wat reeds geruime tyd aan die gang is. Wat tans toenemend aan die lig kom, is dat beheer oor die weer ("geo-engineering") deur middel van onder andere kragtige laserstrale benut word (Adl-Tabatabai, 2024) om gemeenskappe in duie te laat stort wanneer kunsmatig-veroorsaakte orkane hul tref - soos die twee orkane, Helene en Milton in Noord-Karolina en Florida in Amerika in Oktober 2024. Opsommend, dus: die "logika van beheer" wat tans globaal deur diegene wat deel uitmaak van die "Nuwe Wêreldorde" uitgeoefen word, is 'n perverse, dodelike logika wat daarop gemik is om die wêreldbevolking aansienlik uit te dun en die oorlewendes te verslaaf. Enigiemand wat hieraan twyfel, kan maar net na die huidige dokumentêre reeks van Bill Gates op Netflix kyk, waarin hy geen doekies draai om sy voorneme om die wêreldbevolking te verminder nie (FRONTNIEUWS, 2024).

    Wat Beck 'n "sintese van kennis en onwetendheid" ("synthesis of knowledge and una-wareness'"; 2000:216) noem, ondergaan eweneens onder die huidige, illegitieme magskonstellasie van state, saamgesnoer onder die leiding van die WEF (in samewerking met die WHO) 'n fundamentele betekenisverandering. Waar Beck hierdie frase - soos hier bo opgemerk - benut om die onwetendheid en kompleksiteit wat in die konteks van huidige gevorderde tegnologiese prosesse figureer, aan te dui, het dit tans onder andere betrekking op die mengsel van bewuste onwetendheid oor wat die presiese gevolge van veral die eksperimentele mRNA-inspuitings op mense sou wees (Kennedy, 2021:54; Nass, 2020), en kennis van watter bestanddele die "entstowwe" bevat (Noack, 2021; Ahlawat, 2021), om maar net één aspek van die huidige aanslag teen die mensdom te noem. 'n Mens moet ook nie nalaat om te noem dat die "nuwe wêreldorde"-kabaal en die farmaseutiese maatskappye wat hierdie hele magsoorname beplan het (sien Grand Jury, 2022a) die risiko dat hul plan (in weerwil van die ontsetttende mag tot hul beskikking) moontlik nie mag slaag nie, in die gesig moet staar. Hulle het immers met mense te doen, en al is dit so dat die oorgrote meerderheid van mense - wat hul regerings en gesondheidsowerhede blindweg vertrou het, in 'n soort massapsigose (sien Olivier, 2022) verval het en soos gehoorsame skoolkinders maskers gedra, die inspuitings sowel as inperkingsinstruksies (hoe ongrondwetlik ook al) aanvaar en gevolg het - nie 'n onmiddellike gevaar vir hulle inhou nie, is daar tekens dat hulle in toenemende getalle begin "wakker word", en dat die globaliste moontlik meer teenstand gaan verduur as wat hulle dink. Ironies genoeg, is hierdie toedrag van sake 'n manifestasie van kompleksiteit - die kompleksiteit van mense, waarop die risiko wat die kabaal neem, berus: 'n mens kan nooit absoluut voorspel hoe wilsvrye mense in die toekoms gaan optree nie, en dus is daar gronde vir hoop dat genoegsame getalle mense die waarheid sal ontdek en noemenswaardig (en pro-aktief in plaas van bloot reaktief) sal begin weerstand bied.

    Die kwessie van "kennis en onwetendheid" het ook hier te make met wat Beck argumenteer omtrent die wetenskap (en dit geld ook vir tegnologie), dat dit "nuwe soorte risiko" skep deur die oopmaak van nuwe kennis- en handelingsfere, wat weereens duidelik op mRNA-tegnologie van toepassing is. Hierdie insig sluit aan by sy vraag (Beck, 2000:217) of die onvermoë om met sekerheid te ken 'n mens die reg tot handeling verleen, of andersyds die basis voorsien om nie te handel nie. Met ander woorde, in die lig van fundamentele onkunde, hoe regverdig 'n mens die motiewe vir handeling, of die verpligting, om nie te handel nie? Die probleem met hierdie aspek van Beck se redenasie omtrent risiko is ongelukkig dat dit op die veronderstelling berus dat 'n mens altyd, en dus tans ook (met die huidige globale magsoor-name-poging) met rasionele mense te doen het (waarmee veral etiese, gemeenskaps-georiënteerde rasionaliteit bedoel word), terwyl dit geensins vandag die geval is nie (Olivier, 2024c; 2024d; 2024e). Die enigste soort rasionaliteit wat in genoemde konteks funksioneer, is perverse, nekro-instrumentele rasionaliteit, wat selfs vir Adorno en Horkheimer sou geskok het. 'n Voorbeeld hiervan is wat aan die lig gekom het met Dr Andreas Noack (2021) se analise van een van die mRNA- "entstowwe", waar hy aangetoon het dat dit "graphene hydroxide" ("grafeen-hidroksied") bevat, die instrumentele uitwerking op die menslike kardiovaskulêre sisteem waarvan niks minder as dodelik is nie. Hy vergelyk dit met "nano-grootte skeermeslemmetjies" wat deur die are, slagare en kleiner bloedvate sny, veral wanneer 'n mens inspannende oefening doen, wat meebring dat die bloed vinniger as gewoonlik deur jou hart en are beweeg. In die lig hiervan skryf hy die buitengewoon-hoë aantal kardiovaskulêr-verwante sterftes (oor ongeveer die afgelope jaar-en-'n-half) van sportmanne en -vroue tydens hul aktiwiteite op sportvelde aan die uitwerking van die grafeen-hidroksied in die mRNA-inspuitings toe. Dit is wat ek bedoel met die stelling dat 'n mens tans met perverse, nekro-instrumentele rasionaliteit te make het. Ook die fenomeen van "skielike volwassene dood-sindroom" (Mercola, 2022; 2022a) wat onlangs begin kop uitsteek het, kan myns insiens hieraan toegeskryf word, al is dit so dat dokters blykbaar hieroor kopkrap (Philipp, 2022).

    Die toepaslikheid van Beck se opmerkings oor die onderskeid tussen die "globale" en die "lokale" in die risiko-samelewing - dat nuwe soorte risiko's tegelykertyd globaal en lokaal is, oftewel "glokaal" ("glocal") - is onteenseglik tans die geval oor 'n breë spektrum van sake, vanaf die verspreiding van die koronavirus van 'n spesifieke plek (lokaliteit), vermoedelik Wuhan, China, dwarsdeur die wêreld, tot die "globalisering" van inperkings ("lockdowns") en die voorskriftelike "universalisering" van "inentings" aan die hand van "verpligte ("mandatory") inentingsregulasies". In die lig van wat reeds hier bo geskryf is, is die risiko (of moontlik eerder gevaar van vernietiging) wat hiermee gepaardgaan van 'n ander orde as wat Beck daaronder verstaan het, meer spesifiek vanuit die perspektief van diegene wat aan hierdie maatreëls en praktyke onderwerp is - weliswaar sonder dat mense noodwendig van die risiko bewus was; inteendeel, in die meeste gevalle was hulle salig onbewus daarvan, hoofsaaklik vanweë die effektiewe propaganda, dat al sodanige regulasies noodsaaklik was, en dat die "entstowwe" kwansuis "veilig en eífektief' is (wat geensins die geval is nie; kyk FRONTNIEUWS 2024a). Ook die onderskeid tussen "kennis, latente impak en simptomatiese effek," vanweë die feit dat die plek van oorsprong en van impak nie ooglopend verbind is nie (Beck, 2000: 219), kan klaarblyklik aan bogenoemde sake gekoppel word. Daarom is dit gebiedend noodsaaklik dat die risiko's - indien nie gevaar van vernietiging nie - verbonde aan die "entstowwe", asook aan dinge soos inperkings, duidelik waarneembaar gemaak moet word, sodat die andersins onwetende publiek daarvan bewus gemaak kan word dat hulle 'n daadwerklike bedreiging inhou.

     

    Slot: Watter toekoms?

    Teen die agtergrond van bostaande gedagtes rondom die relevansie van Ulrich Beck se werk vir die huidige mondiale krisis, wat die meerderheid van mense nie - vanweë die uiters effektiewe en volgehoue waninligting-veldtog via die massamedia (Mercola, 2022c; Kennedy, 2021: 809; Olivier, 2022a) - as 'n krisis ervaar nie, moet 'n mens dus, gedagtig aan die tema rakende "verlede, hede en toekoms", vra watter implikasies hulle vir die toekoms-gewortelde hede het. Die toekoms is op sy beurt in die verlede en die hede veranker, maar - soos vroeër aan die hand van Heidegger se denke aangetoon - die hede is vir die sin daarvan afhanklik van die toekoms. Meer spesifiek: die hede is slegs sin-vol in die lig van 'n bevestigende toekomsperspektief. Maar wanneer sodanige perspektief alleenlik maar die karakter van 'n toekomsverduistering in die gewaad van 'n Menschendammerung (in plaas van 'n Götterdam-merung) vertoon, staar jy onvermydelik en onontwykbaar 'n sin-lose toekoms in die gesig. Die huidige gebeure in die wêreld dui op die reële moontlikheid van totale gebrek aan toekomsperspektief in die ware menslike sin, aangesien die gronde daarvoor sistematies deur die tegnokratiese kabaal verwyder word.

    Die rede hiervoor is dat, soos hier bo aangedui, risiko sowel as (gevaar van) vernietiging vandag 'n ander gedaante aanneem as by Beck, vir wie risiko onafskeibaar was van die risiko-samelewing wat dit as neweproduk van refleksiewe modernisering produseer. Waarmee 'n mens egter vandag te make het, is nie refleksiewe modernisering nie, maar in die lig van beskikbare getuienis doelbewuste "konstruksie" van lewensondermynende gevare, en daarmee saam (in die lig van die onvoorspelbaarheid van die gevolge van tegniese skepping van virusse en dies meer) die risiko, dat die menslike geslag in die geheel daarvan uitgewis kan word. Die heel ernstigste gevaar van vernietiging (wat onafskeidbaar is van waarneming as sodanig) - in die presiese sin van die oortuigende persepsie (van die kolossale gevaar) van die moontlikheid dat die mensdom hul politieke en sosiale vryheid, en inderdaad selfs hul voortbestaan as 'n spesie sou kon verloor, met ander woorde die gevaar van uitsterwing of spesie-vernietiging - is egter die risiko dat 'n onvoldoende aantal mense hierdie gevaar as gevaar sal raaksien, of soos vroeër gestel, daarvan wil weet, omdat dit hul "gemaksone" negatief affekteer. Kortweg: die ware risiko is dat te veel mense blind is vir die mega-gevaar, dat hul menslikheid in meer as een sin op die spel is. Ons moet onsself dus gedurig aan FD Rooseveldt se bekende woorde herinner: "The only thing we have to fear is fear itself". Waarom? Omdat vrees jou verlam, en dus die nodige handeling voorkom wat noodsaaklik is om ons vryheid en voortbestaan te behou (Olivier, 2023; 2024).

     

    BIBLIOGRAFIE

    Adl-Tabatabai, S. 2024. CBS News airs segment admitting "Weather can be controlled with lasers". The People's Voice, 11 Oktober: https://thepeoplesvoice.tv/cbs-news-airs-segment-admitting-weather-can-be-controlled-with-lasers/ (Toegang 12 Oktober 2024).         [ Links ]

    Ahlawat, C. 2021. How did Dr Andreas Noack die and what was his cause of death? Age, wife, and more. Get India News; 5 December: https://getindianews.com/who-was-dr-andreas-noack-and-what-was-his-cause-of-death/ (Toegang 17 Desember 2021).         [ Links ]

    Annett, K. 2022. Breaking News from the International Common Law Court of Justice, January 15, 2022 (GMT). Big pharma, government, church leaders face arrest as Court convicts them of Genocide, prohibits injections. Murder by Decree; 14 January: http://murderbydecree.com/2022/01/14/breaking-news-from-the-international-common-law-court-of-justice-january-15-2022-gmt-big-pharma-government-church-leaders-face-arrest-as-court-convicts-them-of-genocide-prohibits-injections/#page-content (Toegang 23 Januarie 2022).         [ Links ]

    Beck, U. 1992. Risk Society. Towards a New Modernity. Vert, Ritter, M. London: Sage Publications.         [ Links ]

    Beck, U. 2000. Risk society revisited: Theory, politics and research programmes. In Adam, B, Beck, U & Van Loon, J. (eds). The Risk Society and Beyond. Critical issues for Social Theory. London: Sage Publications, pp. 211-229.         [ Links ]

    Breggin, PR & Breggin, GR. 2021. COVID-19 and the Global Predators - We Are the Prey. Self-published e-book: Version 6.20.2021.         [ Links ]

    Campbell, J. 2021. Ivermectin in Japan. Covid19-vaccine, 23 November: https://www.youtube.com/watch?v=E1GF0H9V_1g (Toegang 7 Januarie 2022).         [ Links ]

    Chossudovsky, M. 2022. The 2020-22 Worldwide Corona Crisis Destroying Civil Society, Engineered Economic Depression, Global Coup d'État and the "Great Reset". https://www.globalresearch.ca/the-2020-worldwide-corona-crisis-destroying-civil-society-engineered-economic-depression-global-coup-detat-and-the-great-reset/5730652?pdf=5730652 Global Research e-book. (Afgelaai 6 Mei 2022).         [ Links ]

    Derisk. 2024. 31 Million excess deaths, infant mRNA inoculations and the 5th dimension. https://www.zerohedge.com/news/2024-09-11/31-million-excess-deaths-infant-mma-inoculations-and-5th-dimension (Toegang 25 September 2024).         [ Links ]

    Edeling, H. 2021. COVID-19 Pandemic - Health and economic crises. Open letter to President Ramaphosa. EMLCT, 10 August: https://emlct.com/index.php/covid-19-pandemic-health-and-economic-crises-open-letter-to-president-ramaphosa/ (Toegang 1 September 2021).         [ Links ]

    Desmet, M. 2022. The Psychology of Totalitarianism. Transl. Vanbrabant, E. London: Chelsea Green Publishing.         [ Links ]

    FRONTNIEUWS. 2024. Bill Gates' new Netflix show publicly reveals his "depopulation plan" for billions of people. FRONTNIEUWS, 12 Oktober: https://www.frontnieuws.com/bill-gates-nieuwe-netflix-show-onthult-publiekelijk-zijn-ontvolkingsplan-voor-miljarden-mensen/ (Toegang 12 Oktober).         [ Links ]

    FRONTNIEUWS 2024a. WHO admits monkeypox is "side effect" of Covid "vaccine". FRONTNIEUWS, 12 Oktober: https://www.frontnieuws.com/who-geeft-toe-dat-apenpokken-bijwerking-is-van-covid-vaccin/ (Toegang 12 Oktober).         [ Links ]

    Gadamer, H-G. 2004. Truth and Method. 2nd revised version: Weinsheimer, J & Marshall, DG. New York: Continuum.         [ Links ]

    GRAND JURY - The Court of Public Opinion. 2022. Day 1 - "Opening Statements": https://odysee.com/@GrandJury:f/Grand-Jury-1-EN:0 (Toegang 29 Mei 2022)        [ Links ]

    GRAND JURY - The Court of Public Opinion. 2022a. Day 4: "Injections and Psychological Warfare": https://odysee.com/@stpierrs:f/Grand-Jury-Day-4-English:3 (Toegang 29 Mei 2022)        [ Links ]

    GRAND JURY - The Court of Public Opinion. 2022b. Day 5 - "Financial destruction": https://odysee.com/@GrandJury:f/Grand-Jury-Day-5-online_1:4 (Toegang 29 Mei 2022).         [ Links ]

    Hansel, R. 2022. "Planet Lockdown": Documentation of a global crime. Scientists destroy our trust in science. Global Research, 11 August: https://www.globalresearch.ca/planet-lockdown-documentation-global-crime-scientists-destroy-our-trust-science/5789626 (Toegang 12 Augustus 2022).         [ Links ]

    Heidegger, M. 1978. Being and Time. Transl. Macquarrie, J & Robinson, E. Oxford: Basil Blackwell.         [ Links ]

    Kennedy, RF. (Jr). 2021. The Real Anthony Fauci. Bill Gates, Big Pharma and the Global War on Democracy and Public Health. New York: Skyhorse Publishing.         [ Links ]

    Malone, R. 2023. Not 14M lives saved, but over 17M dead. Brownstone Journal, 27 November: https://brownstone.org/articles/not-14m-lives-saved-but-over-17m-dead/ (Toegang 7 Januarie 2024).         [ Links ]

    McGregor, M. 2022. 'It's genocide': Family alleges ominous conclusion in seeking answers to their daughter's death. The Epoch Times, 19 June: https://www.theepochtimes.com/its-genocide-family-alleges-ominous-conclusion-in-seeking-answers-to-their-daughters-death_4537638.html?utm_source=newsnoe&utm_campaign=breaking-2022-06-20-1&utm_medium=email&est=QjemynD4sEEUcLygHuVwK%2B2XDstU1BUjUWft%2FP60HX8%2BNDz5QeTKs2SvMp3ZBDF (Toegang 25 Junie 2022).         [ Links ]

    Mercola, J & Cummins, R. 2021. The Truth about COVID-19: Exposing The Great Reset, Lockdowns, Vaccine Passports, and the New Normal. Vermont: Chelsea Green Publishing, White River Junction.         [ Links ]

    Mercola, J. 2022. The latest tragedy: Sudden adult death syndrome. The Epoch Times, 20 June: https://www.theepochtimes.com/the-latest-tragedy-sudden-adult-death-syndrome_4545014.html?utmsource=top5noe&utm_campaign=top5-2022-06-25&utm_medium=email&est=9jjUMNOMHP9OB%2BufPODHcIW0uPrgKtGZjla9hlwAp4ioUd8ohuOHpUYsvtj89fe (Toegang 2 Julie 2022).         [ Links ]

    Mercola, J. 2022a. Will Pfizer be charged for mislabeling vaccine side effects? Dr Mercola, 5 July: https://articles.mercola.com/sites/articles/archive/2022/07/05/covid-vaccine-adverse-effects.aspx7ui=46d7deddf251820f2ba8bb5a045cc28032a544c99e2de5851ef5f743504baeaf&sd=20201019&cid_source=dnl&cid_medium=email&cid_content=art1HL&cid=20220705&mid=DM1205806&rid=1539901115 (Toegang 5 Julie; artikel sal na 48 uur verwyder word; indien nodig, kan dit van my aangevra word; BO).         [ Links ]

    Mercola, J. 2022b. Will these people be charged with genocide? Dr Mercola, 22 January. (Toegang 22 Januarie 2022; verwyder 48 uur later; op versoek beskikbaar van myself; BO).         [ Links ]

    Mercola, J. 2022c. How the media secretly carries out assignments for the CIA. Dr Mercola, 6 July: https://articles.mercola.com/sites/articles/archive/2022/07/06/cia-media-infiltration.aspx7ui=46d7deddf251820f2ba8bb5a045cc28032a544c99e2de5851ef5f743504baeaf&sd=20201019&cid_source=dnl&cid_medium=email&cid_content=art1HL&cid=20220706_HL2&mid=DM1206621&rid=1540612281 (Toegang 6 Julie 2022; artikel sal na 48 uur verwyder word; indien nodig, kandit van my aangevra word; BO).         [ Links ]

    Mercola, J. 2022d. Over 100000 released documents expose COVID origin fraud. Dr Mercola, 11 April. (Toegang 11 April 2022; artikel sal na 48 uur verwyder word; indien nodig, kan dit van my aangevra word; BO).         [ Links ]

    Nass, M. MD. 2020. Covid-19 Has Turned Public Health Into a Lethal, Patient-Killing Experimental Endeavor, ALLIANCE FOR HUMAN RESEARCH PROTECTION, (20 June). https://ahrp.org/covid-19-has-turned-public-health-into-a-lethal-patient-killing-experimental-endeavor/ (Toegang 7 Januarie 2022).         [ Links ]

    Noack, A. 2021. Dr Noack killed four days after posting this vid on how graphene hydroxide nano-razors destroy body. t.me/Die Front News, BitChute; 1 December: https://www.bitchute.com/video/NDED1fZQFHI4/ (Toegang 17 Desember 2021).         [ Links ]

    Olivier, B. 2002. Time, technology, cinematic art and critique in The Terminator and Terminator II -Judgement Day: A philosophical interpretation. In Olivier, B. Projections - Philosophical Themes on Film, second, enlarged edition. Port Elizabeth: University of Port Elizabeth Publications, pp. 95-110.         [ Links ]

    Olivier, B. 2020. Why Nothing Seems to Matter Any More: A Philosophical Study of Our Nihilistic Age. Baltimore, Maryland: Montagu House.         [ Links ]

    Olivier, B. 2021. The 'pandemic' and the differend. Phronimon - Journal of the South African Society for Greek Philosophy and the Humanities, Vol. 22, 2021, pp. 1-35. DOI: https://upjoumals.co.za/index.php/Phronimon/article/view/9764/5124.         [ Links ]

    Olivier, B. 2022. Therapeutic reflections on the 'pandemic'. Psychotherapy and Politics International, Vol. 20 (1 & 2), 2022, pp. 1-29. DOI: https://ojs.aut.ac.nz/psychotherapy-politics-intemational/article/view/21.         [ Links ]

    Olivier, B. 2022a. Massive deception masquerading as information and communication: A (largely) Derridean perspective. Phronimon - Journal of the South African Society for Greek Philosophy and the Humanities, Vol. 23, pp. 1-31. DOI: https://doi.org/10.25159/2413-3086/10811        [ Links ]

    Olivier, B. 2022b. Beyond Agamben's 'Homo Sacer' - The 'pandemic' as final reduction of humanity to 'bare life'. Part 1, Psychotherapy and Politics International 20 (3), pp. 1-23. DOI: https://ojs.aut.ac.nz/psychotherapy-politics-international/article/view/39        [ Links ]

    Olivier, B. 2022c. Hede, verlede en toekoms: verwagting, risiko en gevaar van vernietiging. Hoofstuk in Akademia Feesbundel, red. PNJ Duvenage. Centurion: Akademia, pp. 45-59.         [ Links ]

    Olivier, B. 2023. How (most) philosophers have failed humanity. Phronimon, - Journal of the South African Society for Greek Philosophy and the Humanities, pp. 1-25. https://doi.org/10.25159/2413-3086/13440        [ Links ]

    Olivier, B. 2023a. Beyond Agamben's 'Homo Sacer' - The 'pandemic' as final reduction of humanity to 'bare life', Part 2. Psychotherapy and Politics International, Vol. 21, Nos 1 & 2, pp. 1-22. https://ojs.aut.ac.nz/psychotherapy-politics-intemational/article/view/27.         [ Links ]

    Olivier, B. 2023b. Van Orwell se 1984 tot die aktualisering daarvan in 2020-2023. Tydskrif vir Geesteswetenskappe (Journal for the Humanities) 63 (3), 2023, pp. 615-631. doi.10.17159/2224-7912/2023/v63n3a12.         [ Links ]

    Olivier, B. 2023c. Exposing the Drive to Enslave Humanity - Philosophical Interventions. A closer Look at the Sustained Attempt to Install a Global, Al-Controlled Totalitarian Regime. Saarbrücken: Lambert Publishing.         [ Links ]

    Olivier, B. 2023d. Reading between the Lines: Reflections of the Unconscious in a Philosophical Text. Alternation Special Edition 41: pp. 70 - 91. DOI https://doi.org/10.29086/2519-5476/2023/sp41a05        [ Links ]

    Olivier, B. 2024. Parrhesia as therapy in fragile times. Psychotherapy and Politics International 22 (1), pp. 1-25. https://doi.org/10.24135/ppi.v22i1.06        [ Links ]

    Olivier, B. 2024a. Technology and a tyranny worse than prison. Brownstone Institute, 27 March 2023: https://brownstone.org/articles/technology-tyranny-worse-than-prison/        [ Links ]

    Olivier, B. 2024b. The WHO's road to totalitarianism. Brownstone Institute, 9 April 2024: https://brownstone.org/articles/the-whos-road-to-totalitarianism/        [ Links ]

    Olivier, B. 2024c. When "psychopathic" is no exaggeration. Brownstone Institute, 22 January 2024: https://brownstone.org/articles/when-psychopathic-is-no-exaggeration/        [ Links ]

    Olivier, B. 2024d. Dungeons and Dragons archetypes come to life. Brownstone Journal, 17 September 2024: https://brownstone.org/articles/dungeons-and-dragons-archetypes-come-to-life/        [ Links ]

    Olivier, B. 2024e. Confronting the real culprits. Frontnieuws, 25 September 2024: https://www.frontnieuws.com/de-echte-boosdoeners-confronteren/        [ Links ]

    Philipp, J. 2022. Sudden adult death syndrome, mad cow disease, and bizarre blood clots raise questions about vaccines. Crossroads, 21 June: https://www.theepochtimes.com/sudden-adult-death-syndrome-mad-cow-disease-and-bizarre-blood-clots-raise-questions-about-vaccines_4546720.html?utm_source=Enews&utm_campaign=etv-2022-06-22&utm_medium=email (Toegang 5 Julie 2022).         [ Links ]

    Philipp, J. 2022a. The coming food crisis is manmade; the globalists' agenda against farmers and fertilizers. Crossroads, 5 July: https://www.theepochtimes.com/nations-are-manufacturing-food-shortages-with-regulation-globalists-agenda-against-farmers-and-fertilizers_4576539.html?utm_source=Enews&utm_campaign=etv-2022-07-05-2&utm_medium=email&est=KQebfcpJz8ckq6X4HVA06FrX0qYfF4vSWLzdFeGut9wP%2FabyKpfiv5c6NUoj%2FOb8 (Toegang 6 Julie 2022).         [ Links ]

    Redacted. 2024. These hurricanes are controlled, we have the proof - Dane Wigington; Redacted with Clayton Morris, 10 Oktober: https://rumble.com/v5i448x-these-hurricanes-are-controlled-we-have-the-proof-dane-wigington-redacted-w.html?e9s=src_v1_ucp (Toegang 12 Oktober).         [ Links ]

    RT. 2022. US government to distribute monkeypox vaccines. RT World News, 29 June: https://www.rt.com/news/558036-white-house-monkeypox-vaccines/ (Toegang 29 Junie 2022).         [ Links ]

    Shukla, R. 2021. COVID-19: States ignore WHO recommendation on Ivermectin, here's what doctor who wrote white paper on the drug has to say. Financial Express, 14 April: https://www.financialexpress.com/lifestyle/health/covid-19-states-ignore-who-recommendation-on-ivermectin-heres-what-doctor-who-wrote-white-paper-on-the-drug-has-to-say/2231596/ (Toegang 7 Julie 2021).         [ Links ]

    Schwab, K. en Malleret, T. 2020. Covid-19 - The Great Reset. Deerfield Beach, FL: Forum Publishing.         [ Links ]

    The Exposé. 2022. Whilst you were distracted by Boris's trip to Kyiv, the UK Gov quietly published data confirming the fully vaccinated accounted for 92% of all Covid-19 deaths in March. The Exposé, 12 April: https://expose-news.com/2022/04/12/distracted-boris-kyiv-fully-vaccinated-92-percent-covid-deaths/ (Toegang 7 Mei 2022).         [ Links ]

    Van der Pijl, K. 2022. States of Emergency. Keeping the Global Population in Check. Atlanta: Clarity Press.         [ Links ]

    World-O-Meter Coronavirus. https://www.worldometers.info/coronavirus/#countries. (Gereelde toegang sedert April 2020).         [ Links ]

     

     

    Ontvang: 2024-09-15
    Goedgekeur: 2024-10-31
    Gepubliseer: Desember 2024

     

     

     

    Bert Olivier is Ereprofessor in Filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika. Sy werk is interdissiplinêr en sy publikasies omvat artikels en boeke oor 'n breë verskeidenheid van dissiplines soos filosofie, letterkunde, psigoana-lise, sosiale teorie, argitektuur- en filmteorie. In 2004 is die Stalsprys vir Filosofie deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan Bert toegeken, terwyl die Nelson Mandela Metro-politaanse Universiteit in 2012 'n Uitsonderlike Professorskap aan hom toegeken het. Hy is ook 'n NRF-gegradeerde navorser, en sy publikasies in populêre media strek oor 'n uitgebreide gebied wat filosofiese, kulturele en sosio-politieke sake insluit.
    Bert Olivier's principal position is that of Honorary Professor of Philosophy at the University of the Free State, South Africa. He has published academic articles and books across a wide variety of disciplines, including philosophy, art theory, architecture, literature, psychoanalytic theory, cinema, communication studies and social theory. Bert received the South African Stals Prize for Philosophy in 2004, and a Distinguished Professorship from Nelson Mandela Metropolitan University in 2012. He is also an NRF-rated researcher, and has written extensively in popular media on philosophical, cultural and sociopolitical issues.
    * Die outeur van hierdie artikel gee graag erkenning aan prof. PNJ Duvenage, Redakteur van die Akademia Feesbundel waarin 'n vroeëre weergawe daarvan as hoofstuk verskyn het (sien Bibliografie vir besonderhede) vir toestemming om hierdie navorsing aan Tydskrif vir Geestesweten-skappe voor te lê vir herpublikasie. Die artikel is intussen in die lig van nuwe materiaal hersien.
    1 In my vorige eweknie-beoordeelde publikasies oor hierdie saak was dit dan ook die geval (Olivier, 2021; 2022; 2022a; 2022b; 2023; 2023a; 2023b; 2023c; 2023d; 2024).