SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue3Person-oriented citizenship education in public secondary educationEntrepreneurial leadership style in schools: Good versus poor socio-economic circumstances author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.62 n.3 Pretoria Sep. 2022

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n3a12 

    GEDIGTE

     

     

    Khayalethu Magadla

    Khayalethu Magadla val speiende in 'n mangat

    en land in die onderwêreld van die groot goue stad,

    terwyl amptenare in koel kantore sit en slaap

    moet die doodsengel hom uit slik en slym na bo opraap.

    Aardverwarming

    Die weer verander met spoed op ons planeet.

    In Durban spoel huise weg in 'n diep spleet

    want ons as sprinkaanplaag laat net besoedeling na.

    Planne teen verwarming bly vir ons diskreet.

    Skryftaal

    buite agter 'n miershoop lê

    die maer lyk van Eugène Marais.

    D.J. Opperman

    Hy is deur 'n winternag so gedryf

    om in die taal wat hulle praat te skryf

    in die Engels-Nederlandse tydperk

    dat ons Afrikaans voluit kan bedryf.

    Deel van die geheel

    Vroegoggend verkyk ek my aan die helder môrester.

    Al is ek nou maar 'n kort tydjie hier is ek deel van

    die heelal, oneindig, ondenkbaar en onmeetlik ver.

    In my lewensaand sal ek sittend kyk na die aandster.

    Hennie Pieterse

    E-pos: pietehjc@absamail.co.za