SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue2Presentation and positioning in Van Wyk Louw: 'n Lewensverhaal ("Van Wyk Louw: A life story") by JC SteynPlume seed blown further: Reimagining Van Wyk Louw in a Catholic context author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.62 n.2 Pretoria Jun. 2022

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n2a11 

    GEDIGTE

     

     

    Geheueverlies

    Ná 'n lang lewe het die jaarringe

    'n onhelder wolk oor haar brein gelaat.

    Toe speel sy klavier en skiellik flits

    helder heuglike herinneringe.

    Vlugtelinge

    Ballade van die grysland. DJ Opperman

    In elke land ter wêreld is 'n vlugteling;

    die grysland deur oorlog is nie meer 'n woning.

    Is dit die grootste volksverhuising in eie tyd?

    In die vreemde is daar nooit 'n nuwe begin.

    Oekraïne

    Ná die verwoesting moet met rommel herbou word.

    Nou pak ék die wrakstukke van my lewe op

    en sit dit bymekaar in 'n poging tot vrede

    maak met my foute en bou 'n sterk vredesfort.

    Kragonderbrekeking

    03/02/2022

    In helder lig sluit die TV alle geluide uit

    soos standbeelde sit ons stilswygend na die skerm en kyk.

    Dan skielik donkerte en stilte met naggeluide:

    nagsê van die hadida en 'n vink wat vir ons fluit.

    Skryf

    Vroeër kon ek boeke laat verskyn

    navorsing in artikels verfyn.

    Tans val skemeraand my aan en word

    ek ingeperk tot die klein kwatryn.

    Kwatryn

    Ervaringe kan leef in rym

    wanneer rymwoorde hul geheim

    weggee oor vreugde en smart sodat

    hulle kan klink in die kwatryn.

    Hennie Pieterse

    E-pos: pietehjc@absamail.co.za