SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue2NP van Wyk Louw: Opstelle vir 'n oorgangstyd ('n voorwoord) author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.62 n.2 Pretoria Jun. 2022

     

    REDAKTEURSNOTA

     

    Die TGW verloor 'n besondere staatmaker - Jacques van der Eist: 30 Januarie 1940 - 25 Maart 2022

     

     

     

    Jacques van der Eist se dekades lange verbintenis met die Tydskrif vir Geesteswetenskappe (TGW) was van beslissende belang vir sowel die voortbestaan as die uitbouing van hierdie vakwetenskaplike tydskrif in Afrikaans. Toe die Akademieraad dit op 'n tyd sterk oorweeg het om die uitgee van die twee vaktydskrifte weens kosteoorwegings te staak, het juis Jacques, toe pas aangestel as Hoof- Uitvoerende Beampte, 'n beduidende borgskap beding wat die voortbestaan van albei tydskrifte verseker het.

    Dit is egter veral sy voortgesette betrokkenheid as redaksielid wat 'n onmisbare bydrae gelewer het tot die uitbouing van die TGW tot 'n gerespekteerde, nasionaal geakkrediteerde vaktydskrif wat ook die besondere prestasie kon behaal om as Afrikaanse vakwetenskaplike joernaal in internasionale indekse gelys te word.

    Benewens sy bydrae as innoverende outeur van oorspronklike navorsing het hy ook by die samestelling van temanommers 'n bemiddelende rol gespeel. Beskou vanuit 'n redakteurs-perspektief was dit egter veral sy rol as kundige leser van navorsingsbydraes wat van onskatbare belang was vir die insluiting van gehalteartikels in die tydskrif. Alhoewel hy krities was, was sy oordeel as ewekniebeoordelaar deurgaans regverdig en geregverdig, en het sy konstruktiewe aanbevelings dikwels gelei tot hervoorleggings van verbeterde, herbewerkte bydraes. Dit is om hierdie rede dat Jacques altyd lid was van die klein redaksiekomitee wat my elke jaar moes bystaan om te bepaal watter artikel uitgesonder moes word as die beste artikel wat in 'n gegewe jaar in die TG^verskyn het. Vanjaar sal ons sonder sy oorwoë mening moet klaarkom. Gelukkig sal sy nalatenskap voortleef in die benaming van hierdie prys, wat sedert verlede jaar as die Jacques van der Elst-prys bekend staan.

    Ina Wölfaardt-Gräbe

    Redakteur: Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    Mei 2022