SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue1Book ReviewsSchimmig, heftig, verpletterend. De Afrikaanse literatuur in Nederland in 2019 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.62 n.1 Pretoria Mar. 2022

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n1a17 

    GEDIGTE

     

     

    Protesaksie

    Ons versper paaie met vuur van bande wat brand,

    honger krygdans ons skynbaar sonder 'n verband

    met die dowes en blindes in luukse ivoortorings.

    Saans in krotte is ons steeds honger in ons land.

    Klimaatsverandering

    Hitte laat my in 'n warm warrelwind draai.

    Kouevuur bekruip my van die voete af:

    dan sal ek tussen sterrestelsels skoppelmaai;

    dit is 'n warm plek waar daar koel winde waai.

    Sirkel van geweld

    Ek doen wat ek wil as die ewewig na my toe swaai,

    slaan jy terug sal ek jou met groter bomkrag afmaai.

    Intussen draai die haat in 'n geslote sirkel voort.

    Elke kop is te geswolle om die ander wang te draai.

    Beurtkrag

    Om met kerse te leef is geen probleem vir my,

    in twaalf skooljare op die plaas was dit die lig.

    Kenners meen daar wag 'n donker afgrond sonder 'n groen teen-wig,

    kerse is geen troos terwyl ons langsaam afgly.

    Geheueverlies

    Sy het na jare lange jaarringe

    'n onhelder wolk op haar brein gekry;

    toe speel sy klavier met klinkende klanke en skielik flits

    helder heuglike herinneringe.

    Armes

    By hul lewe in leegtes stof en modder leer ons van armes

    dat met die strooi van deeglike stikstof van liefde en deernis

    in die vlei se glibberige modder, gaan die wit vleilelie

    oop in 'n glimlag en verbind ons met medemenslike gom.

    'Armes' word gepubliseer met toestemming van LitNet www.litnet.co.za

    Hennie Pleterse

    E-pos: pietehjc@absamail.co.za