SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue3Gebroke land: armoede in die afrikaanse gemeenskap sedert 1902 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.58 n.3 Pretoria Sep. 2018

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n3a13 

    AKTUEEL

     

    Redakteursnota

     

     

    Navorsing oor ekokritiek en die Afrikaanse letterkunde verteenwoordig 'n opwindende nuwe veld van ondersoek in Afrikaans. Artikels deur Susan Smith en Susan Meyer is reeds in vorige uitgawes van die TGW geplaas. In hierdie afdeling reageer Susan Meyer op Carien Smith se ekokritiese herlees van Riana Scheepers se kortverhaal "Katvoet", wat in die Junienommer van die tydskrif gepubliseer is. Nog 'n respons op Smith se artikel word voorsien vir die Desembernommer, waar daar ook geleentheid sal wees vir 'n antwoord deur Carien Smith.

    Voortgesette diskoers skep die geleentheid vir teoretiese omlyning van die veld, wedersydse slyping van standpunte en perspektiewe, asook die ontwikkeling van toepaslike terminologe in Afrikaans.

    Die redaksie rig hiermee 'n ope uitnodiging aan belangstellende lesers om deel te neem aan die diskoers oor ekokritiek.

    Ina Wölfaardt-Gräbe

    Augustus 2018