SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue3The differences between the Netherlands and Flanders with respect to South Africa during the apartheid era: an analysisA critical assessment of a few of the literary prizes awarded by The South African Academy for Science and Arts author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.57 n.3 Pretoria Sep. 2017

     

    AKTUEEL: DEBAT
    NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS RESEARCH AND REVIEW ARTICLES (3)

     

    Redakteursnota

     

     

    In hierdie uitgawe beredeneer sowel Andries Raath as Danie Strauss spesifieke filosofiese vooropstellings in die voortgesette debat rondom staat en samelewing. Andries Raath bepleit 'n diepgaande gesprek oor grondslagkwessies - vir hom is dit essensieel dat voldoende aandag geskenk word aan "die grondmotiewe, grondidees en ideologiese ladings van wetenskaplike begrippe in die antieke Griekse politieke denke". Eweneens beredeneer Danie Strauss in sy artikel, met spesifieke verwysing na Koos Malan se Politokrasie, "wysgerige onderskeidinge relevant vir 'n besinning oor staat en samelewing".

    Ter inligting word die vorige bydraes tot die debat hieronder kortliks geskets:

    In die Junie 2016-nommer van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe het Andries Raath, in 'n diskoers met Danie Goosen en Koos Malan, die politieke en regsfilosofiese implikasies van politieke kommunitarisme van nader bekyk.

    In die September 2016-nommer tree Danie Strauss toe tot die debat deur aan te voer dat die tekortkominge van sowel individualistiese (atomistiese) as universalistiese (holistiese) benaderings ondervang kan word "indien erns gemaak word met die ontiese beginsels van soewereiniteit-in-eie-kring en universaliteit-in-eie-kring".

    In Desember 2016, in die tweede boek, lewer sowel Danie Goosen as Koos Malan repliek op die vorige twee standpunte, soos verwoord deur Andries Raath (Junie 2016) en Danie Strauss (September 2016) onderskeidelik.

    In Junie 2017, in die tweede boek, reageer Danie Strauss op veral Danie Goosen se repliek wat in die Desemberuitgawe van 2016 verskyn het. Die outeur beplan om in opvolgbydraes bepaalde raak- en verskilpunte met sowel Danie Goosen as Koos Malan se standpunte breër uit te werk. Hierbenewens sal 'n verdere bydrae van Andries Raath ook in die September 2017-uitgawe geplaas word.

    Alle lesers van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe word weer eens hartlik uitgenooi om deel te neem aan die debat. Beperk u debatsbydraes tot hoogstens 2 000 woorde. Indien u sou verkies om liewer uitvoeriger by wyse van 'n navorsingsartikel te reageer, sal dergelike bydraes aan die gewone keuringsprosedure onderhewig wees, maar steeds in die afdeling AKTUEEL geplaas word.

     

    INA WOLFAARDT-GRÄBE
    Augustus 2017