SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Historia

Print version ISSN 0018-229X

Historia vol.57 no.2 Durban  2012

 

ARTIKELS ARTIKELS

 

Operasies Chuva en Moduler (fase 1)1: 'n Waardering van die SAW-UNITA-bondgenootskap, Mei tot Oktober 1987

 

 

Gerhard J.J. Oosthuizen

Gerhard Oosthuizen is medeprofessor in die vakgroep Geskiedenis en Antieke Kultuur, Potchefstroomkampus, Noordwes-Universiteit

 

 


OPSOMMING

In Julie 1974, nadat die Portugese Caetano-regering in n militêre staatsgreep omvergewerp is, het Portugal aangekondig dat hy bereid is om oor Angolese onafhanklikheid te onderhandel. Op 15 Januarie 1975 het Portugal die Alvor-ooreenkoms gesluit met die drie Angolese bevrydingsorganisasies, die MPLA, FNLA en UNITA, waarvolgens 11 November 1975 as Onafhanklikheidsdag bepaal is. n Volskaalse burgeroorlog het egter teen Augustus 1975 tussen die UNITA-FNLA-bondgenootskap en die MPLA uitgebreek. Die MPLA het die alliansie tot so n mate verslaan dat daar oor die algemeen verwag is dat UNITA en die FNLA nie daarvan sou herstel nie, maar mettertyd sou verdwyn. UNITA het egter die nederlaag oorleef en weer van krag tot krag gegaan - in so in mate dat hulle 'n definitiewe bedreiging vir die MPLA ingehou het. Die voortgesette burgeroorlog het teen die agtergrond van die Koue Oorlog (1945-1990) afgespeel. Suid-Afrika, gesteun deur die VSA, het UNITA ondersteun, terwyl die USSR en sy satellietstaat Kuba die MPLA gesteun het. Laasgenoemde het die kommunistiesgesinde SWAPO ondersteun en hulle in staat gestel om Namibië vanuit Suid-Angola binne te dring. Die SAW het gevolglik sedert 1975 verskeie transgrensoperasies van stapel gestuur om enige insypeling in Suidwes-Afrika vanuit Suid-Angola in die kiem te smoor. Die fokus van hierdie artikel is n evaluering van die UNITA-SAW-alliansie tydens Operasies Chuva en Moduler (fase een), Mei tot Oktober 1987. Binne die SAW was daar uiteenlopende sienings oor UNITA as n bondgenoot: aan die een kant was daar die siening dat die samewerking "breedweg en algemeen gesproke" goed was, teenoor die siening dat UNITA n onbetroubare bondgenoot was. Die waarheid lê waarskynlik tussen hierdie uiterstes. UNITA was vertroud met die plaaslike omstandighede en is ondersteun deur die plaaslike bevolking. Hulle het, ondanks gebrekkige konvensionele vermoëns, geen geringe rol gespeel in die sukses van Operasies Chuva en Moduler (fase een) nie.

Sleutelwoorde: Angola; Cuito Cuanavale; FAPLA; Kuba; Lomba; Mavinga; Menongue; MPLA; Operasie Chuva; Operasie Moduler; Savimbi; SAW; UNITA.


ABSTRACT

In July 1974, after the Portuguese Caetano government had been overthrown in a coup, Portugal announced that it was willing to negotiate on Angolan independence. On 15 January 1975, Portugal signed the Alvor Agreement with the three Angolan liberation organisations, namely the MPLA, FNLA and UNITA, in terms of which 11 November 1975 was to be Angola's Independence Day. However, by August 1975 a full-scale civil war had broken out between the UNITA-FNLA alliance and the MPLA. The MPLA defeated the alliance to such an extent that it was generally expected that UNITA and the FNLA would not recover, but would gradually disappear. UNITA, however, survived the ordeal and then went from strength to strength, to the point that they presented a real threat to the MPLA. The prolonged civil war took place against the backdrop of the Cold War (1945-1990). South Africa, supported by the USA, assisted UNITA, while the USSR and its satellite state Cuba supported the MPLA. The latter supported the communistic SWAPO and enabled them to penetrate Namibia from South Africa. As a result, beginning in 1975, the SADF launched a number of transborder operations to thwart any infiltration of South-West Africa from Southern Angola. The focus of this article is an evaluation of the UNITA-SADF alliance during Operations Chuva and Moduler (phase one), May to October 1987. In the SADF there were different opinions of UNITA as an ally: on the one hand, the cooperation was described as mostly good in general terms; on the other hand, UNITA was seen as an unreliable ally. The truth is probable to be found somewhere between these extremes. UNITA was familiar with local conditions and was supported by the local population. In spite of their limited conventional abilities, they had no small part in the success of Operations Chuva and Moduler (phase one).

Keywords: Angola; Cuba; Cuito Cuanavale; FAPLA; Lomba; Mavinga; Menongue; MPLA; Operation Chuva; Operation Modular/Moduler; SADF; Savimbi; UNITA.


 

 

Inleiding

In Julie 1974, nadat die Portugese Caetano-regering in 'n militêre staatsgreep omvergewerp is, het Portugal sy bereidwilligheid aankondiging om oor Angolese onafhanklikheid te onderhandel. 'n Wapenstilstandsooreenkoms is gevolglik gesluit met die drie bevrydingsorganisasies, naamlik die Movimento Popular de Libertacao de Angola (MPLA), Frente Nacional de Libertacao de Angola (FNLA) en Uniao Nacional para a Independência Total de Angola (UNITA). Op 15 Januarie 1975 het Portugal die Alvorooreenkoms met die Angolese bekragtig, waarvolgens 11 November 1975 as Onafhanklikheidsdag bepaal is. Gedurende die oorgangsfase sou Angola bestuur word deur 'n Portugese hoë kommissaris en 'n oorgangsregering waarin die bevrydingsorganisasies op gelyke voet verteenwoordig sou word. 'n Volskaalse burgeroorlog het egter teen Augustus 1975 tussen die UNITA-FNLA-bondgenootskap en die MPLA uitgebreek. Die MPLA het die alliansie tot so 'n mate verslaan dat daar oor die algemeen verwag is dat dit nie daarvan sou herstel nie, maar mettertyd sou verdwyn. Teen alle verwagting het UNITA egter die nederlaag oorleef en van krag tot krag gegaan - tot so 'n mate dat die organisasie later n militêre bedreiging vir die MPLA ingehou het.2

Die voortgesette burgeroorlog het teen die agtergrond van die Koue Oorlog (1945-1990) afgespeel. Suid-Afrika, gesteun deur die VSA, het UNITA ondersteun, terwyl die USSR en sy satellietstaat Kuba FAPLA (die militêre vleuel van die MPLA) gesteun het. Kuba en die MPLA het die kommunistiesgesinde South West African People's Organisation (SWAPO) ondersteun en laasgenoemde in staat gestel om Namibië vanuit Suid-Angola binne te dring. As gevolg van al hierdie verwikkelinge het die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) vanaf 1975 verskeie transgrensoperasies3 van stapel gestuur om enige insypeling vanuit Suid-Angola na Namibië in die kiem te smoor.4 Generaal Jannie Geldenhuys, hoof van die SAW van 1985 tot 1990, se regverdiging vir die Suid-Afrikaanse betrokkenheid in Angola was dat indien die MPLA-magte daarin sou slaag om beheer oor UNITA-gedomineerde gebied te verkry, SWAPO soos gedurende die 1970's daartoe in staat sou wees om Oos- en Wes-Caprivi, asook die Okavango vanaf die Angolese Cuando-Cubango-provinsie te infiltreer. Daarbenewens sou MPLA-beheer van suidelike Angola die ANC groter bewegingsvryheid toelaat om Suid-Afrika binne te dring.5

Die stroom Suid-Afrikaanse publikasies oor die sogenaamde Bosoorlog "verdwerg" die UNITA-betrokkenheid by SAW-transgrensoperasies. Veral twee prominente publikasies is 'n sprekende voorbeeld hiervan. In Λ genera' story from an era of war and peace, lewer generaal Jannie Geldenhuys só kommentaar:

When you have read the whole story right up to the end of the campaign, you may ask: What about Savimbi and Unita? What did they do? A lot. One hell of a lot. But naturally I am not writing about this war as seen from Savimbi S point of view. And I shall not go out of my way to highlight their actions!'

Angolese grens heen.

Ook H-R. Heitman, in sy gedetailleerde narratief, War in Angola: The final South African phase, verwoord die uitgangspunt soos vervat in die meeste kontemporêre bronne rakende SAW-UNITA-samewerking treffend:

"Unita operations are not discussed in any detail, mainly because they are not strictly relevant to the most important lessons. It is also my opinion that their operations merit a study on their own."7

Na UNITA word verwys as byspelers, veel eerder as medehoofrolspelers. In twee spesiale uitgawes van die Joernaal vir Eietydse Geskiedenis (2006 en 2009) fokus nie een van die 37 artikels op die UNITA-bondgenote nie.8 Dié uitgangspunt is kenmerkend van die geskiedskrywing oor die sogenaamde Bosoorlog. Hierdie artikel sal poog om die UNITA-bydrae tot Operasies Chuva en Moduler (fase 1) in perspektief te plaas, gegrond op argivalia in die Suid-Afrikaanse Weermag Dokumentasiesentrum (SANWD) te Pretoria. Die skrywer is egter sensitief vir die feit dat primêre UNITA-bronne (byvoorbeeld mondelinge bronne) relatief ontoeganklik is weens onder meer taal- en logistieke hindernisse.

UNITA is in Maart 1966 deur Jonas Malheiro Savimbi9 in die Angolese dorpie Muangai, in die Moxico-distrik gestig. Savimbi het beklemtoon dat n onafhanklike Angola selfonderhoudend moes wees, met n regering waarin al die etnies-taalkundige groepe n insae het.10 In Julie 1983, in antwoord op navrae deur joernalis Bob Cleaves, het Savimbi die visie van UNITA só verwoord:

The goals of Unita in Angola are to support the total withdrawal of Foreign troops ... so that the Angolan people will have a possibility of deciding for themselves their own destiny. Secondly we will want that the Angolan people will have an opportunity of having a say in their own affairs how the Government will be run, how they will establish their relation with other countries and I think this is what we want to achieve}1

UNITA het die suidoostelike dele van Angola gedomineer en aansienlike ondersteuning van die plaaslike bevolking in die digbevolkte sentrale dele van Angola geniet. Teen 1982 het UNITA effektiewe beheer oor die Sesde Militêre Streek (6MS) en die suidelike deel van die Derde Militêre Streek (3MS - kyk meegaande kaart) uitgeoefen.12 Gedurende die vroeë tagtigerjare het UNITA in die woorde van M. Junior 'n "Revitalizafao"-proses ondergaan om MPLA-aanslae meer effektief te trotseer.13 Teen die begin van 1985 het UNITA ontwikkel tot n kragdadige militêre mag van sowat 30 000 opgeleide vegters. UNITA was dus in staat om die MPLA effektief uit te daag.14 Die eerste ontmoeting tussen SAW-afgevaardigdes en Savimbi het reeds in Junie 1974 plaasgevind en voortspruitend hieruit is wapens en opleiding aan UNITA verskaf.15 SAW-bystand aan Savimbi is geregverdig teen die agtergrond van die bipolêre Koue Oorlog en die "Rooi" of kommunistiese vloedgolf wat gestuit moes word.

In vergelyking met die USSR-Kubaanse ondersteuning van die MPLA, was Amerikaanse steun aan UNITA uiters beperk. Ná die Amerikaanse Kongres se herroeping van die tienjaaroue Clark-amendement (wat n verbod op geheime hulp aan UNITA behels het) in 1986, het die VSA weer militêre voorraad aan UNITA verskaf, insluitende Stinger grond-tot-lug-missiele. Anders as die USSR se steun aan Russiese bondgenote was die Amerikaanse hulp gedurende 1986 tot 1999 uiters beperk. Gedurende die tydperk 1986 tot 1999 het dit 250-miljoen Amerikaanse dollar beloop. Nietemin was die VSA die enigste groot Westerse moondheid wat UNITA ondersteun het en wat nie die Marxistiese MPLA-regering, wat sedert 1975 in Angola aan bewind was, formeel erken het nie.16

Die eerste gedokumenteerde betrokkenheid van Kubaanse magte by die MPLA/FAPLA het reeds rondom 1965 plaasgevind, toe wapens aan MPLA-basisse in die Kongo Brazzaville afgelewer is. Teen Mei 1975 het MPLA-leiers die bystand van Kubaanse "adviseurs" versoek en in Junie het ongeveer 200 Kubane aangekom om vier opleidingsentra in die MPLA-beheerde gebiede van Cabinda en Noordwes-Angola te vestig. Teen September 1981 was daar reeds 'n geskatte 23 000 Kubaanse soldate in Angola.17 Teen 1987 het die getal Kubaanse militêre personeel tot sowat 55 000 aangegroei en het bykans 1 500 Russe die FAPLA-Kubaanse magte van advies bedien.18

Tydens 'n ontmoeting op 12 Junie 1986 met die Suid-Afrikaners, het Savimbi, deeglik bewus van die MPLA-Kubaans-Russiese oormag, die noodsaak van UNITA-SAW-samewerking sterk beklemtoon.

Savimbi het die sogenaamde "Rooi"-gevaar treffend verwoord:

In my mother tongue there is a proverb which says that when you are confronted with a Hon, gather your courage and try to fight against it. Which meansfrom the departure point of view the Hon is stronger than the man. It is why the proverb says if you face a lion, if you find a Hon, if you are confronted by a Hon, don't run away, gather your courage, it is because it is stronger. We are confronted with aggression from the Soviet Union, we have to be sure that the Soviet Union is stronger. Stronger than we in UNITA, stronger than South Africa, stronger than the Namibians, but the proverb is there ifyou are confronted by a lion, gather your courage, if you do you stand a chance to defeat the lion, but if you run away you know what is at the back of you}1

Vroeg in 1987 het die SAW inligting bekom dat FAPLA en die Kubane besig was met intensiewe voorbereidings om UNITA uit Suidoos-Angola te verdryf. Die FAPLA-magte (insluitende Kubane en Russe) het Cuito Cuanavale, in die 6MS, as "hegte basis ontwikkel" om van daar af offensiewe teen die UNITA-vesting Mavinga (kyk Figuur 1) te loods.20 Die 6MS se FAPLA-hoofkwartier (HK) was in Menongue, terwyl die 6MS se Voorste Bevelspos (VBP) van FAPLA in Cuito Cuanavale gestasioneer was.21 Die vervalle en grotendeels verwoeste Mavinga, met slegs enkele geboue wat nog gestaan het, was as dorp nie van veel waarde nie. In die nabyheid, net suid van die Lombarivier, was egter n belangrike vliegveld waar vragvliegtuie Amerikaanse en Suid-Afrikaanse voorrade en wapens afgelewer het. Indien die Mavinga-vliegveld in FAPLA-hande sou beland, was die pad oop na Jamba, die boshoofstad van UNITA. So n vliegveld, nader aan Jamba en die Namibiese grens, sou die taak van die SAW-UNITA-bondgenote daarom aansienlik bemoeilik.22

 

 

Operasie Chuva: ontplooiing van skakelspanne

Die SAW-inligting was inderdaad akkuraat, want die Angolese regeringsmagte het n grootskaalse offensief (toegerus met gesofistikeerde Sowjet-wapentuig en -vliegtuie) teen UNITA geloods en veertien brigades in Suidoos-Angola vir dié doel ontplooi.24 Gevolglik het Savimbi, stafhoof generaal Demostenes en vise-stafhoof generaal Ben-Ben, lede van die SAW op 1 Mei 1987 te Mavinga ontmoet. Die UNITA-verteenwoordigers het beklemtoon dat SAW-hulp dringend noodsaaklik was.25 Die SAW het aanvanklik besluit om UNITA op n beperkte skaal en met adviserende spanne te ondersteun. Alhoewel die term "adviserende spanne" n gevestigde militêre konsep was, is dit met agterdog deur UNITA bejeën. Hulle was gekant teen die idee om geadviseer te word en daar het n algemene gevoel onder hulle geheers dat hulle aan die gesag van die SAW onderwerp sou word. Die benaming is gevolglik gewysig en met instemming van UNITA na "skakelspanne" verander.26

Tydens die Mavinga-samesprekings is besluit om n skakelspan onder bevel van kommandant Les Rudman in die gebied direk oos van Cuito Cuanavale te ontplooi. Dié skakelspan sou verantwoordelik wees om ter plaatse gevegswaarderings in samewerking met generaal BenBen te doen. Die tweede skakelspan, onder bevel van kommandant Bert Sachse, sou ten nouste met generaal Demosthenes saamwerk. Die ontplooiing van die skakelspanne het so vroeg as 14 Mei 1987 'n aanvang geneem. Daar is onmiddellik met taktiese situasiewaarderings en advisering van UNITA begin om die gepantserde FAPLA-offensief via kwelaksies te frustreer en te ontwrig. Die skakelspanne was ook behulpsaam met opleiding en het UNITA ondersteun deur die FAPLA-brigades tydens wegstaanbestokings27 met onder meer 81 mm en 120 mm mortiere te teister.28

Teen die tweede helfte van Junie 1987 was die SAW-skakelspanne, bestaande uit 27 personeellede elk, hard aan die werk om UNITA te ondersteun. Kolonel M. Oelschig, oorhoofse bevelvoerder van die skakelspanne, en Savimbi het gereeld beraadslaag. Take het onder meer die identifisering en verkenning van geskikte roetes om vorentoe te beweeg, die lê van fopmyne en ander hindernisse, asook die opeenstapeling van logistieke voorraad behels. Verder is waardevolle diens verleen betreffende die opleiding en opskerp van gevegsdrils van die UNITA-mortierbemanning. UNITA het die FAPLA-aanmarslyne op n 24-uur-basis gemonitor en terselfdertyd die FAPLA-agterhoede en logistieke kommunikasielyne gekwel en bedreig. UNITA-elemente en die SAW kon daarom daarin slaag om die FAPLA-offensief met ten minste twee weke te vertraag. Teen die einde van Julie 1987 was die vier FAPLA-offensiewe brigades 16, 21, 47 en 59 steeds in die oorspronggebied van die Chambingarivier vasgepen.29 Dit het egter gou duidelik geword dat UNITA en die skakelspanne die FAPLA-aanmars nie sou kon stuit nie en dat versterkings dringend nodig was.30

In daardie stadium het UNITA (kodenaam: Dispencer) verskeie gevegseenhede aan die Cuito Cuanavale-front ontplooi. Twee Regular- en twee Semi-regular bataljons31 was ontplooi in die gebied oos van Cuito Cuanavale tussen die Lomba- en Chambingariviere - in totaal was dit sowat 3 000 soldate. Daarbenewens was twee Stingerspanne in die Lombagebied en n verdere vier in die omgewing van Cuito Cuanavale ontplooi. Terwyl voortgesette beplanning aan die gang was, het die skakelspanne broodnodige bystand aan UNITA verleen. Savimbi (kodenaam: Spyker) was op hete kole dat SAW pantserbystand nie betyds aan UNITA verleen sou word nie. Tydens n Kaapstadse besoek aan die hoof van die SAW, generaal Jannie Geldenhuys, het hy gevolglik die noodsaak van meer kragdadige ondersteuning beklemtoon. Dit het die nodige uitwerking gehad, want generaal Geldenhuys het hom op 29 Mei verseker dat n span in die gebied oos van Cuito Cuanavale so gou doenlik "in a tank-killing role" ontplooi sou word. Die taak het nie optrede teen 'n spesifieke brigade ingehou nie, maar "simply the destruction of the maximum amount of tanks". Savimbi is versoek om twee of meer Stingerspanne te voorsien om onontbeerlike beskerming teen lugaanvalle te verleen.32

Die SAW het uiteindelik op 22 Junie 1987 formeel besluit om UNITA te ondersteun (kodenaam: Operasie Moduler) met die doel om die FAPLA-offensief genaamd Operasie Saludando a Octubre ("Salueer Oktobermaand" - 'n verwysing na die Russiese Revolusie van 1917)33 in die 6MS te stuit.34 Die SAW sou UNITA "op n beperkte skaal en op klandestiene, koverte35 wyse" ondersteun. Die aanwending van die SALM en inwerkingstelling van n tenkafweerverdedigingsplan sou in n latere stadium van Operasie Moduler in werking gestel word.36

Kommunikasie-operasionele riglyne (rakende die bekendmaking/ aanwending van geselekteerde SAW-inligting) vir Operasie Moduler het onder meer ten doel gehad om die internasionale gemeenskap daarvan te oortuig dat die SAW-ondersteuning aan UNITA geregverdig was en ook om die Suid-Afrikaanse publiek te oortuig dat die SAW in die direkte belang van die RSA opgetree het.37 Op 17 September 1987 is uitkomste verder uitgebou: "Die doel van die komops is om die posisie van UNITA internasionaal te verbeter en te versterk en as militêr onoorwinbaar aan FAPLA veral in die 3de en 6de militêre streke voor te hou". Daar sou ook benadruk word dat UNITA die Westerse belange en vrede in Suider-Afrika bevorder deur sy offensief om Angola van Kubaans-Russiese en ander surrogate skoon te maak. 38

Die UNITA-magte was onder meer weens n gebrek aan n lugmag en gesofistikeerde pantservoertuie egter nie in staat om 'n konvensionele oorlog39 te voer nie. Die SAW sou dus genoodsaak wees om mettertyd sy pantsermagte en lugmag in te span om n FAPLA-offensief te stuit.40

Tydens Operasie Moduler is voortgegaan met die suksesvolle ontplooiing van skakelspanne. Operasie Chuva het die grondslag vir nouer en effektiewer UNITA-SAW-koördinering en -samewerking gelê; iets wat 'n noodsaaklike voorvereiste vir die effektiewe afhandeling van Operasie Moduler was.

 

Desperate pogings om die FAPLA-offensief te stuit, Augustus 1987

Gedurende die periode 8 tot 13 Augustus 1987 het UNITA verbete pogings aangewend om die FAPLA-offensief te stuit of ten minste te vertraag. Wegstaanbestokings deur UNITA is op 16 Brigade, 21 Brigade en Cuito Cuanavale geloods. UNITA het egter nie veel sukses behaal nie, aangesien die FAPLA-magte baie goed ingegrawe was. Die UNITA-aanval op een van die bataljons van 16 Brigade onderweg na Cuatir II op 10 Augustus is egter met sukses bekroon. Sewentien FAPLA-soldate het gesneuwel en die bevelvoerder is ernstig gewond. Dié bataljon moes daarom noodgedwonge na 16 Brigade HK terugkeer. FAPLA het egter ook tot aksie oorgegaan deur lugaanvalle op UNITA se logistieke roete oos van die Cunzumbiarivier te loods en hinderlae te lê. Só byvoorbeeld het elemente van 13 Brigade gepoog om die gebied suid en suidwes van Cuito Cuanavale te beveilig deur onder meer UNITA in n hinderlaag te betrap. Die poging was egter onsuksesvol en nege FAPLA-soldate het daartydens gesneuwel. FAPLA-lugdominansie is ook aangewend en op 15 Augustus 1987 het MiG-23 vliegtuie n onsuksesvolle lugaanval op UNITA-basisse te Chilombo en Cumassa geloods.41

Die eerste skote deur die SAW is op 13 Augustus 1987 op 47 en 59 Brigades in die Catado-woude afgevuur - 'n 120 mm mortierbattery is in die aanval gebruik.42 Dié optrede het die suidwaartse offensief egter slegs met enkele dae vertraag, want gedurende die nag van 16 en 17 Augustus het die lang verwagte suidwaartse FAPLA-offensief vanaf Cuito Cuanavale na Mavinga begin. Brigades 47 en 59 het suidwaarts na die Lombarivier beweeg, terwyl Brigades 16 en 21 suidwaarts na die oorsprong van die Cunzumbiarivier beweeg het. FAPLA-brigades 8, 13, 25 en 66 is in reserwe gehou om onder meer n verskeidenheid logistieke en gebiedsoperasionele take te verrig. 43Op 17 Augustus het die FAPLA-brigades in helder daglig uitdagend verder beweeg: dit was n duidelike boodskap aan die UNITA-SAW-bondgenote dat FAPLA hoegenaamd nie deur UNITA se kwelaksies geïntimideer is nie.44

Die volgende dag het H Leër beklemtoon dat Operasionele Instruksie 18/87 van krag bly, met die beklemtoning van enkele riglyne: die SAW vervul slegs 'n ondersteunende rol; UNITA moes op die hoogste vlak aangespoor word tot meer offensiewe Stingeraanwending en effektiewe kwelaksies op FAPLA se logistieke roetes; en UNITA moes onder geen omstandighede weet dat die SAW dit ernstig oorweeg het om 61 Meg Bataljon en 32 Bataljon offensief aan te wend nie. Hoewel laasgenoemde as die laaste uitweg beskou is,45 sou die taktiese situasie die SAW noop om dit sowat twee weke later wel in die praktyk te beproef.

Tydens intensiewe samesprekings tussen Savimbi en H Leër op 26 Augustus te Mavinga, is Savimbi dringend versoek om die tien ontplooide Stingers in 6MS effektief offensief aan te wend. Die noodsaaklikheid van goeie samewerking en gesamentlike beheer om meer suksesse te behaal, is beklemtoon. Na hierdie versoeke en mededelings het afsonderlike samesprekings onder meer tussen die SALM en UNITA en die bevelvoerende generaal SWA en UNITA plaasgevind om samewerking en beplanning op die hoogste vlak te verfyn en te koördineer.46

Na aanleiding van die voorafgaande besprekings het die bevelvoerder van 20 Brigade die volgende opdrag, gedateer 26 Augustus 1987, ontvang:

U moet gesamentlik met ander weermagsdele en UNITA beplan en optredes loods om te verhoed dat die huidige FAPLA offensief teen Mavinga slaag. U beskik nie oor die bevoegdheid om UNITA direk aan te wend nie, u het egter raadgewende verantwoordelikhede teenoor hulle.47

Laasgenoemde beklemtoning was spesifiek gerig op die sensitiwiteit van UNITA rakende SAW-dominering en voorskriftelike optrede deur die SAW, en UNITA se aandrang om as gelyke bondgenote behandel te word.

Twee dae later het generaal Jannie Geldenhuys Savimbi ontmoet en hom meegedeel dat die SAW dit oorweeg om sekere addisionele magte toe te voeg ter ondersteuning van UNITA. Weer is die belangrikheid van die Stingerkapasiteit om die vyandelike lugmag te neutraliseer en die rol wat die SALM MAOTS kon speel ter ondersteuning van die UNITA-lugafweerspanne, beklemtoon. Daarbenewens moes Stingerspanne ook voorsien word om die G5-kanonne te beskerm. Die besluit van die SAW om 61 Meg Bataljon aan te wend aan die Mavinga-front is entoesiasties deur Savimbi verwelkom. Hy het ruiterlik erken dat UNITA-magte nie in staat sou wees om op hulle eie die FAPLA-magte deur middel van kop-aan-kop-botsings te stuit nie.48 H SAW het op 29 Augustus 1987 twee veelseggende riglyne rakende SAW onderstreep:

A. Terwyl UNITA so onst [ondersteun] moet word dat die huidige FAPLA offensief nie alleen gestuit word nie maar dat die situasie duidelik in UNITA se guns moet swaai, moet UNITA bly besef dat dit hulle oorlog is.

B. Die SAW moet nie meer as wat nodig is doen om die situasie in UNITA se guns te swaai nie. Die doel moet met die minimumpoging van SAW kant bereik word.4'

Terwyl bogenoemde samesprekings aan die gang was, het UNITA onverpoosd maar ondoeltreffend gepoog om die suidwaartse FAPLA-offensief onder meer deur mynlê-aksies en wegstaanbestokings te stuit. Die onvermoë van UNITA om n wesentlike invloed op die FAPLA-aanmars uit te oefen deur hulle te stuit of te vertraag, het daartoe bygedra dat FAPLA meer vertroue gekry het en hulle moreel aansienlik gestyg het. FAPLA-magte het dus tot aksie oorgegaan, maar kon ook nie enige noemenswaardige sukses behaal nie.50 Verskeie onsuksesvolle pogings is deur die SAW aangewend om met behulp van die 120 mm mortierbattery en die multivuurpyllanseerders (MVL) onder bevel van kommandant R. Hartslief die suidwaartse offensief van die FAPLA-brigades te stuit. Gedurende die nag van 19 en 20 Augustus 1987 is 47 en 59 Brigades byvoorbeeld onsuksesvol deur die MVL-battery bestook. In die week van 21 tot 28 Augustus 1987 is daar egter akkuraat gevuur op die twee FAPLA-brigades tydens hulle suidwaartse offensief langs die westelike oewer van die Cuzizirivier en hulle vasberade tog na die Lombarivier. Tydens die aand van 26 Augustus en die vroeë oggend van 27 Augustus het veral die MVL-battery die 47 en 59 Brigades erge skade berokken. Die sogenaamde "y-berigte" (onderskepte FAPLA-berigte) het gedui op 20 gesneuweldes en 98 gewondes, terwyl 5 tenks ook in die slag gebly het. Ondanks dié pogings kon die twee brigades daarin slaag om voor die einde van Augustus binne trefafstand (sowat 2 tot 3 kilometer) van die Lombarivier te beweeg.51 Versterkings is dus dringend ingewag om hierdie suidwaartse offensief te stuit.

Gedurende bogenoemde verwikkelinge is Operasie Coolidge van stapel gestuur. n Span van ses operateurs van 4 Verkennigsregiment het, na deeglike verkenning en ondersteuning van UNITA, op 24 Augustus 1987 na die Cuito Cuanavale-brug vertrek en dit gedurende die nag van 25 en 26 Augustus gedeeltelik die lug ingeblaas. Dié sukses was nie genoeg om die suidwaartse opmars van 47 en 59 FAPLA-Brigades effektief te stop nie, maar dit het wel toekomstige probleme vir die FAPLA-magte ingehou, aangesien die logistieke roete vanaf Cuito Cuanavale na die voorste brigades daardeur afgesny is.52

Gedurende die periode 28 tot 31 Augustus 1987 het al vier FAPLA-brigades, ondanks vasberade kwelaksies deur UNITA, doelgerig na die doelwit beweeg. Die enigste noemenswaardige sukses is op 30 Augustus behaal toe 5 Regular Bataljon van UNITA 'n aanval geloods het op 16 Brigade en die Taktiese Groep, en onder meer vyf tenks vernietig het. 21 Brigade het op 28 Augustus 1987 sy suidwaartse aanmars vanaf die oostelike oewer van die Cunzumbia hervat en was enkele dae later in die proses om rondom die oorsprong van die Lombarivier in n suidelike en daarna in n oostelike rigting te beweeg. Daarna sou die brigade n brughoof53 vir 59 en 21 Brigade stig om die Lombarivier oor te steek. Op dieselfde dag het 59 Brigade reeds die Cuzizirivier oorgesteek en hulle 6 kilometer noord van die sameloop van die Cunzumbia- en Lombariviere bevind. Indien FAPLA daarin sou slaag om die Lombarivier oor te steek voordat 20 Brigade in defensiewe posisies aan die Lomba-front kon ontplooi, sou die kanse uiters skraal wees om die FAPLA-magte se verowering van Mavinga te verhoed.54

Die SAW het besef dat die slaankrag/magspeile55 van die SAW-magte drasties verhoog sou moes word om die verwoede FAPLA-aanslag die hoof te bied. Dit het egter gou duidelik geword dat die bedreiging veel groter was as wat aanvanklik beraam is. Die aanwending van 'n battery G5-kanonne en die Ratel 90-tenkafweer-eskadron van 32 Bataljon is daarom ooreenkomstig Operasionele Instruksies 21/87 en 22/87 gemagtig. Benewens die offensiewe aanwending van die SALM is ook die operasionele aanwending van 61 Meg Bataljon goedgekeur. Na verdere versterkings was daar teen die begin van September 1987 n brigadegrootte mag (20 Brigade) gereed om die FAPLA-magte aan te val.56

Die dwingende aanmars van die FAPLA-magte en onvermoë van die UNITA-SAW-bondgenote om n wesentlike impak daarop te hê, het die SAW gedwing tot groter betrokkenheid. 20 Brigade het binne 'n kort tydjie die gewenste uitwerking gehad, soos duidelik geblyk het uit die futielepogingsvan 21 Brigadeom die strategiese Lombarivieroor testeek.

 

Vergeefse pogings deur FAPLA se 21 Brigade om die Lombari-vier oor te steek

n Operasioneel meer ervare kolonel Deon Ferreira het op 6 September 1987 kolonel Jock Harris as bevelvoerder van 20 Brigade vervang. Ferreira het 20 Brigade, wat n magspeil van ongeveer 2 500 soldate gehad het, in gevegsgroepe Alpha (onder bevel van kommandant J.J. Smit), Bravo (onder bevel van kommandant R. Hartslief) en Charlie (onder bevel van majoor D.H. Lotter) verdeel. 20 Brigade is bygestaan deur 20 Artillerie Regiment en ses Stingerlugafweermissielspanne van UNITA.57 Die SALM se rol in Operasie Moduler was aanvanklik beperk tot die vervoer van personeel en voorrade deur middel van Puma-helikopters en Dakota-, C130- en C160-transportvliegtuie vanaf Rundu na Mavinga. Vroeg in September 1987 is daar egter n hele aantal vliegtuie ontplooi om offensiewe sorties (gevegsvlugte) ter ondersteuning van Operasie Moduler te onderneem.58

Die onmiddellike gevaar dat 21 Brigade die Lombarivier sou oorsteek het tot n mate afgeneem, aangesien UNITA die brug oor dié rivier, sowat 2 kilometer oos van die Cunzumbia-Lomba-samevloeiing, in die lug geblaas het. 21 Brigade moes derhalwe ooswaarts langs die Lombarivier beweeg op soek na n alternatiewe oorsteekpunt, aangesien die vloedvlakte langs die rivier n feitlik onoorkombare hindernis was.59

Ondanks hierdie pogings het FAPLA-offensiewe aksies in intensiteit toegeneem. Op 28 Augustus het 21 Brigade sy aanmars vanaf die oostelike oewer van die Cunzumbia hervat en teen 3 September 1987 het hulle tydelike verdedigingstellings oos van die Cunzumbia-Lomba-samevloeiing begin inrig. Teen 1 September 1987 het 47 Brigade rondom die oorsprong van die Lombarivier beweeg en n FAPLA-infanterie bataljon wat saam met Taktiese Groep 2 geopereer het, het noord van die Lomba-Cuzizi-samevloeiing gekonsentreer. Op 5 September 1987 het laasgenoemde groepering die Lombarivier wes van bogenoemde samevloeiing te voet oorgesteek met die doel om operasies teen UNITA te loods en die aanmarsroete vir 47 Brigade "skoon" te maak.60 UNITA het die SAW op hoogte gehou van dié FAPLA-aktiwiteite.61

Teen 6 September was die SAW erg gefrustreerd aangesien artilleriebestokings slegs beperkte sukses behaal het. Dit was die grootste beperking op offensiewe aksies in daardie stadium. Die buitensporige finansiële uitgawes van die bestokings en beperkte FAPLA-verliese was klinkklare bewys dat die "inligting omtrent vy [vyand] eintlik pateties" was. Om die situasie te beredder is verkenningspanne dadelik beskikbaar gestel om inligting ter plaatse te verkry om sodoende akkurate teikenwerwing te kon doen om FAPLA-magte effektief met óf die artillerie, óf SALM te bestook. Swak teikenwerwing en UNITA se onvermoë het onder meer daartoe bygedra dat 47 en 59 Brigades nog steeds ooswaarts aangemars het.62

Die SAW en UNITA het in die week van 7 tot 13 September 1987 voor hulle grootste uitdaging om die FAPLA-offensief te stuit, te staan gekom.63 UNITA is versoek om vroeë waarskuwings aan die SAW deur te gee rakende moontlike FAPLA-oorstekings van die Lombarivier, sodat daadwerklik opgetree kon word. Gedurende die oggend van 9 September 1987 het UNITA dan ook gewaarsku dat n infanterie-bataljon van 21 Brigade besig was om die Lomba sowat 7 kilometer oos van die Cunzumbia-Lomba-samevloeiing by n brughoof oor te steek. n Gekombineerde UNITA-SAW-aanval op dié bataljon, wat inderdaad die rivier oorgesteek en ingegrawe het op die suidelike oewer van die vloedvlakte, kon weens gebrekkige kommunikasie tussen UNITA en Veggroep Bravo nie plaasvind nie. Kolonel Hartslief en sy veggroep het gevolglik onttrek om voor te berei vir 'n aanval vroeg die volgende oggend, 10 September 1987. Die volgende dag het die SAW en UNITA-elemente n hewige aanval op elemente van 21 Brigade geloods. Dit was die eerste keer tydens Operasie Moduler dat FAPLA- en SAW-grondmagte direk slaags geraak het. In die proses is n hele FAPLA-bataljon en n groot hoeveelheid toerusting vernietig. Die oorblywende FAPLA-elemente het tot noord van die Lomba gevlug.64

Die tydige SAW-UNITA-aksies van 10 September 1987 kan as n deurslaggewende sukses beskou word, aangesien 21 Brigade se eerste poging om die Lombarivier oor te steek, effektief daardeur gedwarsboom is. Daarbenewens is die FAPLA-magte se offensiewe vermoë n gevoelige knou toegedien, veral ten opsigte van personeel-en toerustingverliese.65

Op 12 en 13 September 1987 het afgevaardigdes van UNITA en die SAW beplanning en koördinering rakende voortgesette gesamentlike offensiewe gefinaliseer.66 Die SAW-bevelvoerders, in die persone van brigadiers Louw en Ferreira, het egter die UNITA-vermoëns gewantrou, soos duidelik geblyk het uit die 13 September-riglyne. Die veiligheid van SAW-magte moes voorkeur geniet en aan UNITA moes geen "kritieke take gee" nie, maar eerder algemene take.67 UNITA het inligting rakende FAPLA-posisies en -magspeile aan kolonel Hartslief voorsien en onderneem om die FAPLA Taktiese Groep besig te hou terwyl Veggroep Bravo die hoofaanval sou loods. Een UNITA-bataljon, direk oos van die FAPLA-magte, asook n onbekende sterkte suidwes van die Taktiese Groep, sou laasgenoemde afsny indien hulle aan die geveg sou probeer deelneem. Generaal Ben-Ben het n UNITA-majoor as gids verskaf, wat van meet af aan nie presies geweet waarheen beweeg moes word nie. Nadat sowat n kilometer in n suidelike rigting beweeg is, het Hartslief besluit om sy eie kop te volg en via eie navigasie na hoogtepunt 1218 beweeg. Hartslief se wantroue rakende UNITA-inligting oor UNITA- en FAPLA-posisies was geregverdig, aangesien daar deur middel van satellietnavigasie onteenseglik vasgestel is dat Hartlief wel korrek was.68

Ook die tweede poging van die FAPLA-magte om die Lombarivier oor te steek is in die kiem gesmoor. Elemente van 59 Brigade en Taktiese Groep 2 het die Lombarivier probeer oorsteek met die doel om by 47 Brigade aan te sluit. Die SAW-UNITA-magte het n hewige aanslag geloods en die FAPLA-elemente aansienlike verliese toegedien: sowat 382 troepe het gesneuwel en FAPLA het vyf T55-tenks en een Ural-voertuig verloor. Daarenteen het agt Suid-Afrikaners en sowat 40 UNITA-soldate69 gesneuwel, terwyl een Ratel en twee Caspirs vernietig is. Na die aanval en hewige verliese het oorlewendes van 59 Brigade tot noord van die Lombarivier teruggetrek. As gevolg van die suksesvolle SAW-UNITA optrede was 47 Brigade effektief afgesny van die ander brigades wat hulle noord van die Lombarivier bevind het.70 UNITA-elemente het op versoek die slagveld beveilig sodat die herwinning van Caspirs en oorskot van gesneuweldes in die Ratel deur lede van Veggroep Charlie gedoen kon word.71

21 Brigade het moedig nog twee pogings aangewend om die Lombarivier oor te steek. Die derde mislukte poging het op 18 September 1987 plaasgevind. Die verwoestende uitwerking van n G5-bestoking van die oorsteekplek deur middel van lugbarsbomme blyk uit n onderskepte FAPLA-berig waarin gemeld word dat "[our infantrymen] are dying like dogs".72 Ten spyte van die hewige personeel- en voertuigverliese het 21 Brigade die volgende dag weer n poging aangewend om die rivier oor te steek. G5-bombardement, gekombineer met MVL-bestoking op die plek waar FAPLA-magte die rivier probeer oorsteek het, was egter uiters effektief: baie FAPLA-infanteriesoldate het gesneuwel en verskeie van hulle voertuie is vernietig. Dié vierde poging van 21 Brigade is sodoende ook deur die SAW gefnuik.73

Die suksesvolle UNITA-SAW-gevegte gedurende die tydperk 7 tot 18 September 1987 verteenwoordig beslis n keerpunt in die eerste fase van Operasie Moduler. Deur te verhoed dat FAPLA n brughoof op die suidelike oewer van die Lombarivier kon vestig, is FAPLA ontneem van n takties-offensiewe platvorm in sy aanmars na Mavinga. Trouens, "the initiative passed firmlyfrom the enemy to the SADF[-UNITA] forces, with the FAPLA Brigade increasingly on the defensive despite further disastrous attempts by 21 Brigade to cross the Lomba"?ª

 

'n Uitmergelingsoorlog, 14 tot 27 September 1987

Wat betref hulle taktiese situasie, het die FAPLA-magte hulle gedurende 14 tot 27 September 1987 in n skaakmatposisie bevind, weens volgehoue en intense SAW-UNITA-grondaanvalle, artilleriebombardemente en lugaanvalle. Só byvoorbeeld het UNITA op 16 September 1987 'n aanval op twee bataljons van 16 Brigade geloods, waartydens een helikopter afgeskiet is. Twee dae later het UNITA ook 'n konvooi van 25 Brigade aangeval - 29 FAPLA-soldate het gesneuwel en 35 is gewond. Daarbenewens is twee tenks, twee BTR-60's, twee dieseltenkers en twee logistieke voertuie vernietig. In hierdie stadium was die magspeile van die SAW maar ongeveer 2 500 soldate, terwyl UNITA, daarenteen, oor 10 000 soldate beskik het (drie Regular en agt Semi-regular Bataljons).75 Die FAPLA-brigades was staties-defensief in feitlik dieselfde stellings wat hulle teen 9 September 1987 bereik het en SAW-UNITA-aanvalle het veral gefokus op 47 Brigade, aangesien dit die enigste FAPLA-brigade suid van die Lombarivier was.76

Terwyl genoemde kwelaksies aan die gang was, het UNITA en die SAW in diepte samesprekings gevoer om te beplan en misverstande uit die weg te ruim. Op 16 September het n UNITA-afvaardiging bestaande uit Savimbi en generaals Demosthenes, Ben-Ben en Bok met verteenwoordigers van die SAW te Mavinga beraadslag en is voorlopige besluite rakende die UNITA-SAW se taktiese prioriteite geneem.77 Opvolgsamesprekings het op 22 en 23 September 1987 plaasgevind en daar is ooreengekom dat "the main objective of the UNITA/SADFforces should continue to be the isolation of 47 Brigade as well as the continued attrition of 59 and 21 Brigade's strength by constant artillery bombardments".78 Savimbi het toegegee dat Mavinga reeds verower sou gewees het as dit nie vir RSA-betrokkenheid was nie. Hy het erken dat die tipe oorlogvoering UNITA nie pas nie en dat dit so spoedig moontlik agter die rug gekry moes word. Tot verbasing van die SAW-lede het Savimbi selfs so ver gegaan as om sy teleurstelling met sy eie magte se optrede uit te spreek. Hy het dit toegeskryf aan byvoorbeeld swak bevel-en-beheer, swak logistieke operasies en verskeie verlore kanse om FAPLA-konvooie aan te val.79

Die bydraes van die UNITA-generaals tot die samesprekings is as apaties en uiters teleurstellend deur die SAW-afvaardiging ervaar en het die agterdog versterk dat

... UNITA was not pulling its weight in this particular theatre of the war (i.e. the Sixth Military Region). The attitude seemed to be very much one of "Well the boere are here so we don't have to do any of the fighting'. ... The "boere" had in fact borne the brunt of the fighting to date, and had alone been responsible for halting the advancing FAPLA brigades, despite the fact that UNITA had 3 regular battalions and 5 semi-regular battalions in the area. UNITA had not even succeeded in effectively harassing the logistical convoy (25 Brigade) as it had moved down from Cuito Cuanavale to re-supply the fighting brigades. Out of a total of 148 vehicles UNITA had only managed to destroy or damage 10.BC

Pogings van 59 Brigade om 'n brughoof oos van die Lomba-Cuzizi-vloedvlaktes te vestig ten einde 47 Brigade van logistiek te voorsien, is deur UNITA-SAW-kwelaksies, insluitend artilleriebestokings, in die wiele gery.81 Verlammende en aansienlike personeel- en krygsmateriaalverliese82 het verdere offensiewe operasies van die FAPLA-brigades aansienlik bemoeilik. Dit was toe al duidelik dat dit slegs 'n kwessie van tyd sou wees voordat die brigades noodgedwonge hulle stellings aan die Lombafront sou moes ontruim om elders te hergroepeer en te konsolideer. Gedurende die nag van 27 en 28 September 1987 het 21 Brigade dan ook in 'n noordwestelike rigting onttrek. Vir alle praktiese doeleindes is die FAPLA-offensief na Mavinga deur dié onttrekking beëindig.83

Dat Operasie Moduler deur die Suid-Afrikaanse regering as van besondere strategiese belang beskou is, blyk duidelik uit twee hoëvlak besoeke gedurende September 1987. Die minister van Buitelandse Sake, Pik Botha, het 20 Brigade HK laat die aand van 17/18 September bereik. Die volgende dag is voorligtingsessies tussen 08:20 en 12:00 deur kolonel Ferreira, die HK-personeel en sleutel-operasionele bevelvoerders aangebied. Na n besigtigingstoer en ontmoeting met ander sleutelpersoneel, het die minister om 18:05 per voertuig na Mavinga gereis. Daar het hy Savimbi ontmoet, waarna hy per vliegtuig na die RSA teruggekeer het.84 Kort daarna, op 28 en 29 September 1987, het staatspresident P.W. Botha en sy geselskap ook die gevegsfront besoek.85 Botha was beïndruk deur die SAW-voorligting en sy besoek aan die operasionele gebied, en het sy persoonlike goedkeuring gegee vir die beplanning van n meer aggressiewe offensiewe voortsetting van Operasie Moduler.86 Internasionale onderhandelinge rakende die situasie in Suider-Afrika was in daardie stadium reeds in n gevorderde stadium, en die Suid-Afrikaanse regering was deeglik daarvan bewus dat die suksesvolle en kragdadige realisering van Operasie Moduler se doelstellings sy bedingingsmagte aansienlik sou versterk.

Aan die hand van riglyne deur die staatspresident, die hoof van die leër en die bevelvoerende generaal van Suidwes-Afrika Gebiedsmag (BG SWAGM), is nuwe planne in werking gestel. Die hoofoogmerk van fase 1, naamlik om die FAPLA-magte daarvan te weerhou om die UNITA-vesting Mavinga te verower, was in daardie stadium byna verwesentlik. Daar is gevolglik besluit om offensiewe aksies noord van die Lombarivier te loods tydens fase twee en om gedurende fase drie die vyand te agtervolg en te vernietig, waarna Cuito Cuanavale verower sou word.87

Uit n SAW-UNITA-oogpunt beskou, was die uitmergelingstaktiek tydens die skaakmatperiode suksesvol. Brigade 47, die enigste FAPLA-brigade wat daarin kon slaag om die Lombarivier oor te steek, is effektief geïsoleer. Onontbeerlike logistiek kon dié brigade slegs drupsgewys bereik en ander FAPLA-elemente kon nie die geledere van 47 Brigade versterk nie. Dit was derhalwe slegs n kwessie van tyd voordat die brigade vasberade pogings sou aanwend om noordwaarts uit dié benarde situasie te vlug.

 

Die Slag van die Lombarivier, 3 Oktober 1987

Die sukses van die eerste fase van Operasie Moduler is bedreig deur die teenwoordigheid van 47 Brigade suid van die Lombarivier. Dié FAPLA-Brigade moes gevolglik óf vernietig, óf noordwaarts oor die Lombarivier teruggedryf word. Terwyl kolonel Ferreira en sy span die vernietiging van 47 Brigade beplan het, het laasgenoemde daadwerklike planne beraam om uit hulle benarde situasie te ontsnap.88 Reeds op 2 Oktober 1987 het UNITA om 13:00 gerapporteer dat daar twee houtbrue by die Lomba-oorsteekpunt ontplooi is, met spasie vir n TMM-brug tussenin.89

 

 

Teen 2 Oktober 1987 het sekere elemente van 47 Brigade na die TMM-brugoorsteekarea beweeg. Ferreira het gevolglik besluit om Veggroep Alpha, met Veggroep Charlie as ondersteuning, verder noordweswaarts te stuur met die doel om die voorste elemente van 47 Brigade te onderskep. Die volgende dag is Veggroepe Alpha en Charlie teen 04:30 opgestel, met Veggroep Alpha noord en Veggroep Charlie suid. Twee Regular Bataljons van UNITA is voor die SAW-veggroepe ontplooi, waarna aanvanklik tot by CT70 OL en daarna deur middel van spronge weswaarts koers gekies is. Gholf Kompanie van 32 Bataljon is in diepte aangewend. Die UNITA-voorhoede het die eerste kontak (08:30) gemaak, waarna Veggroep Alpha kort daarna ook met 47 Brigade slaags geraak het. Die UNITA-SAW-magte het 47 Brigade betrap in n oop shona (droë sandpan), terwyl laasgenoemde direk suid van die samevloeiing van die Cuzizi- en Lombariviere en enkele honderde meter van die TMM-oorsteekpunt aan die beweeg was. Dié FAPLA-brigade se infanterie was totaal onvoorbereid en het in die vlugtog feitlik al hulle uitrusting en voertuie agtergelaat. In die harwar het die TMM-brug ineengestort en gevolglik het die res van die brigade hulle voertuie en tenks agtergelaat en noordwaarts oor die Lombarivier gevlug. n Aantal van die tenkpersoneel het egter n poging aangewend om hulle teen die Suid-Afrikaners te verset, en in die proses is een SAW-Ratel vernietig en het een bemanningslid gesneuwel. Die Ratels het egter verskeie tenks uitgeskiet en die oorblywende tenkpersoneel gedwing om te vlug. Die geveg teen 47 Brigade het tot ongeveer 17:00 geduur.91 Die oorblywende elemente is deur 59 Brigade op die noordelike oewer opgeneem. Die volgende dag het UNITA oor die rivier opgeruk en die FAPLA-magte uit hulle stellings verdryf.92

Die SAW het slegs een soldaat en een Ratel verloor93 -daarteenoor is 47 Brigade feitlik uitgewis en is verskeie voertuie en heelwat uitrusting in die proses vernietig, insluitend 21 tenks.94 UNITA het in samewerking met Gholf Kompanie van 32 Bataljon die slagveld én stellings van 47 Brigade opgeruim. Die res van die UNITA-elemente het 59, 21 en 16 Brigades noukeurig gemoniteer en aan die SAW-bevelvoerders gerapporteer. Die buit van n volledige en onbeskadigde uiters gesofistikeerde Russiese SAM 8-missielstelsel, waarop geen Westerse mag nog hulle hande kon lê nie, het spanning in die gekombineerde magte tot gevolg gehad. Ondanks hewige beswaar deur Savimbi, wat die wapen aan die VSA wou oorhandig, is die kosbare buit na Pretoria vervoer en intensief deur ARMSCOR-ingenieurs bestudeer.95

'n Dag na die verpletterende nederlaag van 47 Brigade het die VBP te Cuito Cuanavale aan al die offensiewe FAPLA-brigades opdrag gegee om teen 10 Oktober 1987 na die oorspronggebied van die Cunzumbiarivier te onttrek.96 In n poging om 20 Brigade se grondmagte te verhoed om die noordwaartse onttrekking van FAPLA te kortwiek, het drie SU-22-vliegtuie met 23 mm kanonne om 10:15 op 7 Oktober 1987 n aanval op die posisie van Veggroep Alpha gedoen. Dié aanval is om 10:17 opgevolg toe trosbomme afgegooi is. UNITA het tydens die aanvalle n Stingermissiel gelanseer en ook lugafweervuur gelewer. Een missiel het só naby die FAPLA-vliegtuie ontplof dat hulle weggebreek en na Cuito Cuanavale teruggevlieg het. Veggroep Alpha het geen verliese tydens die aanval gelei nie.97 Die volgende dag is Veggroep Alpha om 10:10 deur twee MIG 21-vegvliegtuie aangeval, terwyl twee MIG 23-vegvliegtuie bodekking verleen het. Tydens die aanval het een Ratel ontplof en is vyf SAW-lede beseer, waarvan een later aan sy wonde beswyk het. n UNITA-Stingerspan kon daarin slaag om een MIG 21 af te skiet.98

Die SAW-UNITA-magte het intussen tevergeefse pogings aangewend om die noordwaartse FAPLA-terugtog en gevolglike konsentrasie en magskonsolidering te verhoed. Op grond van UNITA-inligting rakende die gebied noord van die Lombarivier, is bestokings op die stellings van 59 Brigade en 21 Brigade geloods.99 Daarbenewens is twee kompanies van 32 Bataljon in samewerking met 4 Regular Bataljon van UNITA (onder bevel van generaal Demosthenes) getaak vir ontplooiing in die FAPLA-agtergebiede om logistieke konvooie wat na die brigades noord van Lombarivier op pad was, te kwel.100 Al die retirerende FAPLA-brigades het egter teen 11 Oktober daarin geslaag om in die omstreke van die Cunzumbia-oorsprong saam te trek.101

Aangesien die FAPLA-magte ná konsolidering die Mavinga-offensief met relatiewe gemak sou kon hervat, het die SAW-opperbevel besluit dat dit van die uiterste belang was om Operasie Moduler voort te sit. Na deeglike beplanning, is Operasie Moduler-instruksie 24/87 vir die volgende fases op 6 Oktober 1987 uitgereik. Die SAW moes teen 15 Desember 1987 in samewerking met UNITA alle FAPLA-magte oos van die Cuitorivier vernietig. Daar is veral beklemtoon dat dit "UNITA se oorlog" is, daarom moes "UNITA-bronne en -vermoëns ... maksimaal benut word. Hulle [moes op groter skaal] by beplanning en uitvoering van veral aanvalle betrek word".102

 

Besluit

Die Slag van die Lombarivier van 3 Oktober 1987 het, vanuit n UNITA-SAW-oogpunt beskou, die suksesvolle afsluiting van fase 1 van Operasie Moduler verseker: 47 Brigade is suid van die Lombarivier feitlik vernietig en sodoende is die FAPLA-opmars na Mavinga effektief gestuit.103 Die SAW-UNITA-bondgenote was egter uiters bewus daarvan dat die FAPLA-magte in staat was om binne die afsienbare toekoms die aanslag op Mavinga te hervat.

UNITA het geen geringe aandeel in dié sukses gehad nie: hoewel hulle wisselende sukses behaal het, het hulle baie waardevolle bydraes op verskeie terreine gelewer. Die UNITA-bondgenote was nie opgelei of toegerus om die konvensionele FAPLA-magte aan te durf nie,104 en is daarom gedurende die eerste fase van Operasie Moduler merendeels in n infanterierol aangewend. Daarbenewens moes die UNITA-infanterie ook verowerde doelwitte, SAW-artilleriestellings en kernbelangrike logistieke verbindings beskerm.105

Die geslaagde FAPLA-aanmarstaktiek teen UNITA was om kort ná kontak sy infanterie te onttrek en onmiddellik 'n tenk-teenaanval te loods. Die UNITA-teenreaksie was telkens om te onttrek en te vlug, aangesien hulle nie oor pantservermoë beskik het nie. Brigadier Johan Louw, bevelvoerder Tak HK Rundu, was gevolglik van mening dat dit 'n prioriteit was om UNITA effektief op te lei in tenkoorlogvoering; anders sou die SAW elke jaar by die Angolese burgeroorlog betrek word.106

In samewerking met die SAW, is die taktiese aanwending van UNITA daarom aangepas om as teenvoeter vir die suksesvolle FAPLA-taktiek te dien. Die sogenaamde UNITA-Regular Bataljons het veral goed ingepas by hierdie strategie en het die voorhoede gevorm deur voor die SAW-magte (byvoorbeeld Veggroep Alpha van 61 Meg Bataljon) in die digbeboste terrein uit te beweeg. Wanneer hulle kontak gemaak het met elemente van die FAPLA-magte, is kontak vir n ruk gehou, teikenverkenning gedoen (om te bepaal waar die tenks is en waar die meeste weerstand is) en dan is weggebreek na 'n flank toe, waarna 61 Meg Bataljon n speeraanval geloods het. Hierdie taktiek was veral suksesvol tydens die aanval op en uitwissing van 47 Brigade en was n toonbeeld van die uitstekende samewerking tussen UNITA en die SAW.107 Dié aanwending van hoofsaaklik UNITA-infanterie het ongetwyfeld die SAW se verliese tot n minimum beperk.

UNITA se Stingerspanne het n kernrol in die lugafweerplan van die SALM gespeel, aangesien die FAPLA-lugmag die lugruim gedomineer het. Aanvanklik is heelwat probleme ervaar om die Stingerspanne so ver te kry om die SAW-magte effektief te beskerm. 'n Verdere beperkende faktor was "the difficulty in getting UNITA to accept a command and control system whereby it was possible for our own aircraft] to fly in the area without fear of getting shot down by the stingers"}10 Die Stingerspanne kon tydens die eerste fase van Operasie Moduler uiters beperkte sukses behaal. Vrees vir die Stingers het egter die MIG-vlieëniers gedwing om op n "veilige" hoogte te opereer, met die gevolg dat hulle bombarderingsaksies teen die SAW-UNITA- magte merendeels onsuksesvol was.109 In hierdie opsig het UNITA n sleutelrol vervul en onteenseglik bygedra tot die sukses van die eerste fase van Operasie Moduler.

UNITA het inderdaad n kosbare inligtingsfunksie verrig:110 hulle was by uitstek toegerus om die SAW van uiters noodsaaklike inligting te voorsien, aangesien hulle nie net die vertroue van die plaaslike bevolking geniet het nie, maar ook vertroud was met die gevegsterrein. Nogtans was daar binne die SAW uiteenlopende menings rakende die effektiwiteit van UNITA se inligtingsvermoë. Aan die een kant was kommandant Smith SO1 Inligting positief:

Inligtingsgewys het ons baie goeie samewerking van hulle gehad. Die ouens wat hulle daar gehad het, het werklikwaar hulle bes probeer. Hulle is by gebreke as hulle begin met vertolking en so aan, dan moet 'n man maar versigtig wees, maar hullegrondinligting ... is relatief akkuraat en jy kon daarop gewerk het}11

In teenstelling hiermee het kolonel Jan Breytenbach, oudbevelvoerder 32 Bataljon, sinies opgemerk:

Most of the intelligence from UNITA fed to Robbie Hartslief by the Tactical HQ was completely off mark. It seems they hadn't learned it was wise to treat such information with the greatest circumspection - a lesson the old timers in the field like myself and others had learned from bitter experience.112

Ondanks kritiek en aanduidings dat UNITA-inligting met omsigtigheid en selfs agterdog deur die SAW hanteer moes word, en ondanks die gebreke daarvan, het UNITA wel waardevolle diens gelewer, waarsonder die SAW nie oor die weg sou kon kom nie. Veral die monitering van die aksies van die offensiewe FAPLA-brigades was van onskatbare waarde.

UNITA-kwelaksies teen FAPLA se logistieke operasies was nie met veel sukses bekroon nie. Die enkele suksesse wat wel behaal is, het bloedweinig bygedra tot die verlangsaming van die suidwaartse FAPLA-offensief. Weens die FAPLA-lugdominansie kon die SALM nie vryelik opereer nie en was laasgenoemde gevolglik nie in staat om UNITA effektief in dié verband by te staan nie.113

UNITA was ook aktief betrokke by die SAW se sielkundige oorlogvoering teen FAPLA-magte. Reeds in Augustus 1987 is Savimbi deur H Leër te Mavinga versoek om in dié verband bystand te verleen.114 Só byvoorbeeld was UNITA gedurende die tydperk 1 tot 7 Oktober 1987 aktief betrokke by die beoordeling en opstel van propagandamateriaal. Propagandaboodskappe wat voorberei is, is eers deur UNITA se operasionele personeel gefinaliseer voordat dit gedruk en in pamfletgranate gelaai is.115 Kommandant Smith SO1 Inligting het die UNITA-bondgenote só evalueer:

Die samewerking wat my betref, as ek nou breedweg en algemeen [skrywer se beklemtoning] praat, was UNITA altyd bereid om te help. Hulle was werklikwaar bereid om hulle kant te bring. Wat mens nie met hierdie ouens moes doen nie, jy moes hulle uitlaat asjy iets beplan, dan hetjy ouens gehad wat gemor het en dikbek rondgeloop het vir ' paar dae. Hulle wou graag deelgeneem het.116

In n opvolgartikel sal UNITA se deelname aan die oorblywende fases (Oktober tot November 1987) van Operasie Moduler in oënskou geneem word.

 

 

1. Die amptelike SAW-spelling is Moduler en nie Modulêr nie.
2. W Döhning [sic] and C. Breytenbach, UNITA (Uniao Nacional para a Independência Total de Angola), (Kwacha UNITA Press, sine loco, 1984), pp 5-6; P. Gleijeses, Conflicting missions: Havanna, Washington, Pretoria (Galago, Alberton, 2003), pp 230-245, 250-254; G. Arnold, Wars in the Third World since 1945 (Cassell Publishers, London, 1991), pp 332-326.
3. Suid-Afrikaanse militêre operasies vanuit die noorde van Namibië oor die
4. P. Gleijeses, Conflicting missions, pp 232-245; 250-254; H. Hamann, Days of the generals: The untold story of South Africa's apartheid-era military generals (Zebra Press, Cape Town, 2001), pp 11-45.
5. The Cape Times, 12 November 1987, p 1.
6. J. Geldenhuys, A general's story from an era of war andpeace (Jonathan Ball Publishers, Johannesburg, 1995), p 211.
7. H-R. Heitmann, War in Angola:The final South African phase (Ashanti, Gibraltar, 1990), p 6 (Preface).
8. "Grensoorlog/Border War, 1966-1989" I, spesiale uitgawe van die Joernaal vir Eietydse Geskiedenis, 31, 3, Desember 2006; "Grensoorlog/Border War, 1966-1989" II, spesiale uitgawe van die Joernaal vir Eietydse Geskiedenis, 34, 1, Februarie 2009.
9. Jonas Malheiro Savimbi is gebore op 3 Augustus 1934 te Munhango in die Moxico-provinsie van Angola - Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag Dokumentasiesentrum (SANWD), Pretoria, J.F. Huyser-versameling (JFH), houer 70, lêer 344: Anonymous, Jonas Savimbi - truly a man for all seasons, p 1; houer 71, lêer 355: WA. Dorning [sic], An organizational review of the Uniao Nacionalpara a independencia totalde Angola (UNITA), pp 1, 5.
10. UNITA, The Angola road to national recovery: defining the principles and the objectives (Jamba, Angola, December 1983), p 7; Döhning [sic] & Breytenbach, UNITA, p 5.
11. SANWD, Pretoria, JFH, houer 70, lêer 343: Transkripsie van onderhoud Jonas Savimbe [sic] en Bob Cleaves 19 Julie 1983, p 1; houer 71, lêer 348: Interview with President Jonas Savimbi, p 1.
12. SANWD, Pretoria, JFH, houer 71, lêer 352: Security situation in Angola since 1982, p 4.
13. M. Junior, Forfas Armadas Populares de Libertafao de Angola: 1. Exércio Nacional, 1975-1992 (Bum, Lisboa, 2007), pp 109-115.
14. SANWD, Pretoria, JFH, houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history of Operation Moduler (Phase one), May - October 1987, pp 3-4.
15. Vrye weekblad, 20 Oktober 1989, p 7.
16. Die Burger, 12 Julie 1985, p 14; The Star, 30 October 1985, p 2; The Citizen, 25 April 1987, p 10; The Windhoek Advertiser, 27 April 1987, p 3; The Star, 15 July 1987, p 11; J. Cilliers and C. Dietrich (eds), Angola's war economy: the role of oil and diamonds (Institute for Security Studies, Pretoria, 2000), p 79.
17. SANWD, Pretoria, houer 71, lêer 350: [W Dörnig], Cuban involvement in Angola - history and experience of the Cuban armed forces, pp 3, 7.
18. "Igor Zhdarkin looks back", in G. Shubin and A. Tokarev (eds), Bush war: The road to Cuito Cuanavale, Soviet soldiers' accounts of the Angolan war (Jacana Media, Pretoria, 2011), p 151; J. Geldenhuys, "Ek kan doen met 'n biljoen", in J. Geldenhuys (samesteller), Ons was daar: Wenners van die oorlog om Suider-Afrika (Kraal-Uitgewers, Pretoria, 2011), p 669.
19. SANWD, Pretoria, JFH, houer 71, lêer 347: Transcript of address by Dr Jonas Savimbi - 12 June 1986, p 2.
20. SANWD, Pretoria, JFH, houer 17, lêer 69: Militêregeskiedenis Op Moduler [fase 2], reeksnommer 1-2.
21. SANWD, Pretoria, JFH, houer 17, lêer 69: Militêre geskiedenis Op Moduler [fase 2], Bevel en Beheer, circa Augustus 1987.
22. Die Burger, 13 November 1987; Hamann, Days of the generals, pp 88-89.
23. Suid-Afrikaanse Weermag Oorsig / South African Defence Force Review, 1987/1988 (Walker-Ramus, Durban, 1989), p 277.
24. SANWD, Pretoria, JFH, houer 16, lêer 68: A concise history, pp 1-2; 119-122; The Natal Witness, 16 November 1987, p 6; The Natal Mercury, 9 September 1987, p 10; The Star, 24 July 1987, p 12; The Argus, 4 February 1991, p 11.
25. SANWD, Pretoria, JFH, houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, pp 7-8.
26. SANWD, Pretoria, JFH, houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, appendix B: Interview with Colonel F. Oelschig OC of the MID (DST) Rundu FO, on Op Modulêr [sic] and the role of the DST liaison teams, pp 2, 6; F. Oelschig, "Die SAW en UNITA in 1987: Die begin van die einde", in Geldenhuys (samesteller), Ons was daar, p 213.
27. Bestokings via byvoorbeeld MVL's vanaf 'n veilige afstand van eie magte se posisie en buite die sigveld van die vyand.
28. SANWD, Pretoria, JFH, houer 30, lêer 156: W. Dörnig, A concise history, pp 8-9; 23-24; houer 71, lêer 355: W Doming, An organisational review, p 7; Döhning [sic] & Breytenbach, UNITA, p 29.
29. SANWD, Pretoria, JFH, houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, pp 16-19.
30. F. Oelschig, "FAPLA se finale poging - die opbou", in Geldenhuys (same-steller), Ons was daar, p 398.
31. Semi-regular-bataljons is opgelei om onafhanklik op te tree en het as sel-fonderhoudende formasies oor offensiewe en defensiewe kompanies beskik. Daarbenewens het hulle ook oor artillerie, logistieke, mediese en intelligensie-ondersteunende elemente beskik. Regular-bataljons was spesi-alisformasies met intensief-opgeleide troepe en gerat om in bataljonsterkte te opereer. Dié bataljons het beskik oor die kapasiteit om konvensionele oorlog te voer, behalwe in sy mees gesofistikeerde vorm, met spesiale klem op antitenk-, antilug- en ondersteunende artillerievermoë. Kyk SANWD, Pretoria, JFH, houer 71, lêer 355: W Dörning [sic], An organisational review, p 9; Döhning [sic] & Breytenbach, UNITA, p 14.
32. SANWD, Pretoria, JFH, houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, pp 9-10.
33. "Igor Zhdarkin looks back", in Shubin & Tokarev (eds), Bush war, p 135; H.L. Blanch and I. Liebenberg, "A view from Cuba: internationalists against apartheid", Journal for Contemporary History, 34, 1, February 2009, p 100.
34. The Natal Witness, 16 November 1987, p 6.
35. Die SAW sou UNITA dus in die geheim ondersteun.
36. SANWD, Pretoria, houer 14, lêer 50, volume 1, H leër/D OPS/309/1 - Op Moduler: Op Instr 18/87 Op Moduler, 22 Junie 1987, pp 2-3.
37. SANWD, Pretoria, JFH, houer 14, lêer 50, volume 1: AMI/10/328/6/3/309/1/Op Moduler, Komopsriglyne Op Moduler, 20 Augustus 1987, p 2.
38. SANWD, Pretoria, JFH, houer 25, lêer 105: KOMOPSPLAN OP MODULAR [sic], AMI/10/328/6/3, 17 September 1987, pp 1, Ops 309/1, Sitrap 171900B tot 181900B Oktober 1987.
39. UNITA het oor die volgende wapentuig beskik: 107 mm Tipe-63 Multi-vuur-pyllanseerders, 120 mm Mortiere, ZU-23-2 (23 mm Lugafweerkanonne), SA-7 Strela draagbare SAM (Eerste generasie draagbare Grond-tot-lug-mis-siele met infrarooi-aanpeiler) en Stingers (Draagbare Amerikaanse Grond-tot-lugmissiele). Kyk H-R Heitmann, War in Angola: The final South African phase, pp 350-352, 365-366.
40. Geldenhuys, A general's story, pp 210-211; M. Norval: Death in the desert: the Namibian tragedy (Selous Foundation Press, Washington, 1989), p 221.
41. SANWD, Pretoria, JFH, houer 27, lêer 130: Oorlogsdagboek en los dokumente Ops Moduler, Ops/812/10 Augustus 1987, Tak HK Rundu/H Leër 31, SWAGM 31, Sitrap vir periode 091800B tot 101800B Augustus 1987; Ops/910/12 Augustus 1987, deel 1, Tak HK Rundu/H Leër 31 et aliter, Sitrap vir periode 112359B tot 122359B Augustus 1987; Ops/983/13 Augustus 1987, Tak HK Rundu/H Leër 31 et aliter, Sitrap vir periode 122359B tot 132359B Augustus 1987; houer 14, lêer 51: SWS2/Inl/238/18 Augustus 1987, SWAGM 21/H SAW 2 en H Leër 2; houer 14, lêer 51: Moduler situasie 13 Augustus 1987, p 1.
42. P. Nortje, 32 Battalion: The inside story of South Africa's elite fighting unit (Zebra Press, Cape Town, 2003), p 236.         [ Links ]
43. SANWD, Pretoria, JFH, houer 14, lêer 51: SWS2/INL/687/26 Augustus 1987, Sein SWA GM 31/H SWA 2 et aliten houer 24, lêer 104: Beknopte historiese oorsig van die FAPLA-offensief [Operasie Moduler], pp 3.4-3.5; Geldenhuys, A general's story, pp 211-212.
44. Nortje, 32 Battalion, p 236.
45. SANWD, Pretoria, JFH, houer 24, lêer 103: Ops/089/18 Augustus 87 Tak HK/Voor HK.
46. SANWD, Pretoria, JFH, houer 15, lêer 55, volume 2: Bevestigende notas: Samesprekings tussen H SAW en president Savimbi te Mavinga op 282315B Augustus 1987.
47. SANWD, Pretoria, JFH, houer 25, lêer 107: SWS 3/309/1, Bevelsvoor-skrifte, WC Meyer Bevelvoerende generaal SA Leërmagte/KV Harris bevelvoerder 20 Brigade, 26 Augustus 1987, p 7.
48. SANWD, Pretoria, JFH, houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, pp 33-34.
49. SANWD, Pretoria, JFH, houer 15, lêer 55, volume 2: D Ops/807/29 Augustus 1987, H Leër/SWA GM 31 Tak HK Rundu.
50. SANWD, Pretoria, JFH, houer 23, lêer 90: Ops/061/Augustus 1987: Sein Voor HK/Tak HK, 15 Augustus 1987; houer 14, lêer 51: Moduler Sitrap 18 Augustus 1987, p 1; houer 26, lêer 117: Sein HUN/202/22 Augustus 1987, MHQ/THQ, deel 2; houer 14, lêer 51: SWS2/Inl/687/26 Augustus 1987, SWAGM 21/H SAW 2 en H Leër 2; houer 17, lêer 69: Militêre geskiedenis, reeksnommer 1, 14 Augustus 1987; houer 24, lêer 104: Beknopte historiese oorsig, p 3.4.
51. SANWD, Pretoria, JFH, houer 14, lêer 51: SWS2/INL/687/26 Augustus 1987, Sein SWA GM 21/H SWA 2 et aliter; houer 14, lêer 51: Ops/188/Au-gustus 1987, Sein Tak HK Rundu/SWA GM 31, [27 Augustus 1987]; houer 27, lêer 130: Oorlogsdagboek, 19 Augustus 1987, reeksnommer 14, 2359B; 26 Augustus 1987, 2106B; houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, pp 27-31.
52. SANWD, Pretoria, JFH, houer 24, lêer 103: Ops/154/Augustus 1987, Sein Tak HK/Voor HK, [26 Augustus 1987]; houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, pp 31-32; houer 15, lêer 55, volume 2: Bevestigende notas: Samesprekings tussen H SAW en president Savimbi te Mavinga op 282315B Augustus 1987; J.H. Thompson, Dit was oorlog: Van Afkak tot bosbefok. Suid-Afrikaanse dienspligtigespraat (Zebra Press, Kaapstad, 2007), pp 141-142.
53. Verskansing (versterkte stelling) ter dekking van 'n brug of byvoorbeeld 'n rivierdeurgang vanwaar verdere aanvalle geloods kan word.
54. SANWD, Pretoria, JFH, houer 14, lêer 51: Voorligting aan H leër, 31 Augustus 1987 mbt Operasies Westelike teater, p 9. Houer 29, lêer 147: Ops/182/31 Augustus 1987 Voor HK/32 Bn tak HK; houer 23, lêer 90: Inl/187/31 Augustus 1987, Voor HK/Tak HK; houer 14, lêer 51: OPS/261/31 Augustus 1987, Sitrap 302359B tot 312359B Augustus 1987, Tak HK Rundu/H Leër et aliter; houer 24, lêer 104: Benopte historiese oorsig p 3.6; houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, pp 34-35.
55. Die sterkte van die militêre mag.
56. SANWD, Pretoria, JFH, houer 25, lêer 107: D Ops/807/29 Augustus 1987, Sein H Leër 31/SWA GM 31 Tak HK Rundu; houer 15, lêer 55, volume
2: Ops/807/29 Augustus 1987, H Leër 31/SWA GM 31 Tak HK Rundu; houer 27, lêer 130: Oorlogsdagboek, reeksnommer 12, 1933B; houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, pp 1-2.
57. SANWD, Pretoria, JFH, houer 14, lêer 51: Voorligting aan GS, 14 September 1987, pp 2-4; houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, pp 41-42; Nortje, 32 Battalion, p 239.
58. SANWD, Pretoria, JFH, houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, p
59. SANWD, Pretoria, JFH, houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, p 37, Appendix C Interview with Colonel J. Harris, OC 32 Battalion, on his Battalion's involvement in Op Modulêr [sic], p 4. 43.
60. SANWD, Pretoria, JFH, houer 24, lêer 104: Benopte historiese oorsig, pp 3.63.8.
61. SANWD, Pretoria, JFH, houer 27, lêer 130: Oorlogsdagboek, 1 September 1987, reeksnommer 7, 1300B; 5 September 1987, reeksnommer 7, 1600B.
62. SANWD, Pretoria, JFH, houer 14, lêer 51: Ops/394/06 Sept 87, Tak HK Rundu/H Leër 31 et aüter; houer 14, lêer 51: Ops/328/03 September 1987 Tak HK Rundu/H Leër et aliter; houer 15, lêer 55, volume 2: Ops/394/06 September 1987, Sein Sektor 20/SWAGM 31; houer 15, lêer 55, volume 2: Ops/399/06 September 1987, Sein Sektor 20/SWAGM 31.
63. SANWD, Pretoria, JFH, houer 27, lêer 130: Oorlogsdagboek, 7 September 1987, reeksnommer 2; houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, pp 47-48.
64. SANWD, Pretoria, JFH, houer 27, lêer 130: Oorlogsdagboek, 9 September 1987, reeksnommer 2, 0900B, reeksnommer 6; houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, pp 50-51; houer 26, lêer 119: Inl/343/10 September 1987, Inrap 20 Bde Voor HK/Tak HK Rundu; houer 14, lêer 51: Ops/620/10 Sept 87, Sein Tak HK Rundu/H Leër 31 et aliter; houer 26, lêer 119: Inl/343/10 September 1987, Inrap 53/87, 20 Bde VHK/THK Rundu; houer 24, lêer 104: Beknopte historiese oorsig, 10 September 1987, reeksnom-mer 3, 4, 6, 13 en 14.
65. SANWD, Pretoria, JFH, houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, pp 51-52.
66. SANWD, Pretoria, JFH, houer 27, lêer 130: Oorlogsdagboek, 12 September 1987, reeksnommer 2-6, 0545B-0830B, 13 September 1987, reeksnommer 1, 0630B; houer 14, lêer 51: Ops/696/13 Sept 87, Tak HK Rundu/H Leër 31 et aliter.
67. SANWD, Pretoria, JFH, houer 27, lêer 130: Oorlogsdagboek, 13 September 1987, reeksnommer 23, 1840B; 15 September, reeksnommer 10, 1400B.
68. SANWD, Pretoria, JFH, houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, aanhangsel F: onderhoud met kommandant R. Hartslief, bevelvoerder Veggroep Bravo, oor die veggroep se aandeel in Operasie Moduler, met spesifieke klem op die geveg van 13 September 1987, pp 1-3.
69. UNITA-ongevalle is selde in SAW-dokumente vermeld. Die totale UNITA-verliese tydens Operasie Moduler, wat aansienlik moes gewees het, is ongelukkig nie gedokumenteer nie.
70. SANWD, Pretoria, JFH, houer 14, lêer 51: Ops/684/13 September 1987, Sein Tak HK Rundu/SWAGM 31 et aliter; houer 14, lêer 51: Ops/696/13 September 1987, Sein Tak HK Rundu/H Leër 31 et aliter; houer 51: lêer 52: Ops/732/14 September 1987, Tak HK Rundu/H Leër et aliter; houer 15, lêer 52: Beknopte historiese oorsig, pp 3.10; houer 27, lêer 130: Oorlogsdagboek, 11 September 1987, reeksnommer 6, 13; 13 September 1987, reeksnommer 1, 4, 14, 21; 14 September 1987, reeksnommer 3; houer 30, lêer 156: W. Dörnig, A concise history, pp 53-55; C.J. Nöthling, “Militêre kroniek van Suidwes-Afrika (1915-1988)”, Suid-Afrikaanse Weermag Oorsig, 1989, p 259.
71. SANWD, Pretoria, JFH, houer 15, lêer 52, deel 2: Ops/732/14 September 1987, Tak HK Rundu/H Leër 31 et aliter; houer 27, lêer 130: Oorlogsdagboek, reeksnommer [3], 0745B, 14 September 1987.
72. SANWD, Pretoria, JFH, houer 26, lêer 119: Ops/415/18 September 1987, Sitrap VHK/THK houer 15, lêer 52: Ops/857/18 September 1987, Tak HK Rundu/H Leër 31; houer 28, lêer 134: Inl/420/September 1987, Ops/338 26 November 1987, Tak HK Rundu/H Leër 31 et aliter; houer 28, lêer 135: Inl/420/September 1987, 20 Bde Voor HK/Veggroepe A, B en C, [19 September 1987].
73. SANWD, Pretoria, JFH, houer 26, lêer 119: Ops/415/18 September 1987, Sitrap Voor HK/Tak HK; houer 15, lêer 52: Ops/335/19 September 1987, Sit 6 Mil Streek 21 September 1987, Tak HK Rundu/H Leër 31; houer 15, lêer 52: Ops/335/19 September 1987, Tak HK Rundu/H Leër 31; houer 30, lêer 155: Operasie Moduler, Onderhoudgevoer deur majoor R. von Moltke met kom-mandant Smith, SO1 Inligting op 7 en 8 Desember 1987 te Rundu, pp 2, 4; houer 27, lêer 130: Oorlogsdagboek, 18 September 1987, reeksnommer 17; 19 September 1987, reeksnommer 14-15; houer 30, lêer 156: W. Dörnig, A concise history, pp 60-61.
74. SANWD, Pretoria, JFH, houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, pp 55-56.
75. Laasgenoemde syfer, verskaf deur UNITA, is in sommige SAW-kringe sterk bevraagteken. Kommandant Smith was byvoorbeeld van mening dat die sterkte van Regular Bataljons sowat 1 500 soldate elk behoort te wees. In werklikheid was dit 'n skamele 400 tot 500 soldate, dit wil sê slegs een-derde van die effektiewe sterkte. Kyk SANWD, Pretoria, JFH, houer 25, lêer 106: Operasie Moduler, Onderhoud gevoer deur majoor R. von Moltke met kommandant Smith, p 95.
76. SANWD, Pretoria, JFH, houer 14, lêer 51: Voorligting aan GS 14 September 1987, p 4; houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, p 56; houer 15, lêer 52: Ops/808/16 September 1987, Tak HK Rundu/H Leër 31; houer 24, lêer 104: Beknopte historiese oorsig pp 3.10-3.11; houer 28, lêer 134: INL/420/ [19] September 1987, 20 BDE Voor HK/Veggroepe A B C.
77. SANWD, Pretoria, JFH, houer 27, lêer 130: Oorlogsdagboek, reeksnommer [67], 2350B, 16 September 1987; houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, p 58.
78. SANWD, Pretoria, JFH, houer 27, lêer 130: Oorlogsdagboek, reeksnommer [9], 1430B, 23 September 1987; houer 28, lêer 133: 20 BDE/THK A B C ART REGT, Ops/479/25 September 1987; houer 28, lêer 134: Ops/479/25 September 1987, 20 BDE/THK A B C ART REGT; houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, p 64.
79. SANWD, Pretoria, JFH, houer 27, lêer 130: Oorlogsdagboek, Ops/139/SEP 87, 20 BDE aan Tak HK, 23 September 1987.
80. SANWD, Pretoria, JFH, houer 30, lêer 156: W. Dörnig, A concise history, appendix A: A personal impression of Op Moduler (Phase one) based on a visit to 20 Brigade Forward-HQ over the period 19-30 September 1987: 70248596 PE Major WDorning [sic], p 13.
81. SANWD, Pretoria, JFH, houer 17, lêer 69: Militêre geskiedenis, reeksnommer 22, 25 September 1987, reeksnommer 26, s.a.
82. SANWD, Pretoria, JFH, houer 15, lêer 52: Anoniem, FAPLA verliese sedert 12 Julie 1987 tot 22 September 1987; houer 28, lêer 134: Inl/476: 20 Brigade HK/Veggroepe A, B en C, [circa 23 September 1987]; houer 30, lêer 156: W. Dörnig, A concise history, p 69.
83. SANWD, Pretoria, JFH, houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, pp 70-71.
84. SANWD, Pretoria, JFH, houer 30, lêer 156: W. Dörnig, A concise history, p 60.
85. SANWD, Pretoria, JFH, houer 27, lêer 130: Oorlogsdagboek, 28 September 1987, reeksnommer 16; 29 September 1987, reeksnommer 5; houer 30, lêer 156: W. Dörnig, A concise history, p 71.
86. L. Scholtz, "'n Strategiese en operasionele beoordeling van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) se oorgrensoperasies in Angola, 1978-1988", Joernaal vir Eietydse Geskiedenis, 34, 1, Februarie 2009, p 75.
87. SANWD, Pretoria, JFH, houer 27, lêer 130: Oorlogsdagboek, 28 September 1987, reeksnommer 16; 29 September 1987, reeksnommer 5; 30 September 1987, reeksnommer 6.
88. SANWD, Pretoria, JFH, houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, pp
89. SANWD, Pretoria, JFH, houer 28, lêer 135: U/GEH/INL/182/02 Oktober 1987, Veggroep Alpha/20 Bde Voor HK.
90. D. Williams, On the Border: The white South African military exxperience, 19651990 (NB Publishers, Cape Town, 2008), p 98.
91. SANWD, Pretoria, JFH, houer 25, lêer 106: Onderhoud gevoer deur majoor R. von Moltke met kommandant Smith, p 9; houer 24, lêer 104: Beknopte historiese oorsig, p 3.13; houer 30, lêer 156: W. Dörnig, A concise history, pp 75-76; houer 15, lêer 52, deel 2: Ops/352/02 [sic] Oktober 1987, Sitrap vir periode 022359B tot 032359B: Tak HK Rundu/H Leër 31 et aliter
92. W Steenkamp: Suid-Afrika segrensoorlog 1966-1989 (Ashanti, Rivonia, 1990), p 151.
93. Die UNITA-ongevalle is onbekend.
94. SANWD, Pretoria, JFH, houer 26, lêer 119: U/G Ops/601/05 Oktober 1987, Sitrap VHK/THK; houer 15, lêer 52: Ops/374/04 Oktober 1987, Tak HK Rundu/H Leër 31; houer 24, lêer 104: Beknopte historiese oorsig, pp 3.13-3.14; houer 27, lêer 130: Oorlogsdagboek, 3 Oktober 1987, reeksnommer 14, 16, 17, 18, 20, 22, 25; houer 30, lêer 156: W. Dörnig, A concise history, p 76.
95. SANWD, Pretoria, JFH, houer 18, lêer 72: Projek histogram, Konsep Operasie Moduler (fase 2) geskryf deur kommandant R. von Moltke, 2 [sic] Oktober 1987, reeks 9, p 11; houer 15, lêer 52, deel 2: OPS/403//05 Oktober 1987, Tak HK Rundu/H Leër et aliter; Hamann, Days of the generals, p 93; J. Breytenbach, They live by the sword (Lemur, Alberton, 1990), p 255.,
96. SANWD, Pretoria, JFH, houer 24, lêer 104: Beknopte historiese oorsig, pp 3.143.15; houer 18, lêer 72: Projek histogram, reeks 14, p 15.
97. SANWD, Pretoria, JFH, houer 18, lêer 72: Projek histogram, 7 Oktober 1987,
98. SANWD, Pretoria, JFH, houer 26, lêer 119: Inl/631/08 Oktober 1987, Sein 20 Bde VHK/THK et aliter, houer 15, lêer 52: Ops/490/08 Oktober 1987, Tak HK Rundu/H Leër 31; houer 28, lêer 134: Ops/632/ 08 Okt 87, VHK/THK Veggroep Alpha et aliter; houer 28, lêer 133: Ops 632/08 Oktober 1987, VHK/Veggroep Alpha, B, C et aliter; houer 18, lêer 72: Projek histogram, reeks 32-33, pp 26-27.
99. SANWD, Pretoria, JFH, houer 18, lêer 72: Projek histogram, 6 Oktober 1987, reeks 21, p 19A.
100. SANWD, Pretoria, JFH, houer 18, lêer 72: Projek histogram, 3 Oktober 1987, reeks 10, pp 12-13; houer 15, lêer 52, deel 2: Ops/374/ 04 Oktober 1987, Tak HK/H Leër et aliter; houer 15, lêer 52, deel 2: Ops 429/06 Oktober 1987, Tak HK Rundu/H Leër et aliter.
101. SANWD, Pretoria, JFH, houer 24, lêer 104: Beknopte historiese oorsig pp 3.133.14, 3.16; houer 18, lêer 72: Projek histogram, 11 Oktober 1987, reeks 1, p 1, reeks 57, p 45; houer 26, lêer 121: Ops/639/9 Oktober 1987, Sitrap Bde 20 VHK/THK Rundu et aliter; houer 28, lêer 132: Ops/639/9 Oktober 1987, Bde 20 VHK/THK Rundu et aliter; Die Transvaler, 30 September 1987, p 24; The Cape Times, 12 November 1987, p 1.
102. SANWD, Pretoria, JFH, houer 16, lêer 56, volume 3: DOPS/496/7 Oktober 1987, H Leër/SWA GM 31 Tak HK Rundu; houer 18, lêer 72: Projek histogram, reeks 22A, pp 19B-19H; houer 16, lêer 56/houer 23, lêer 92: D Ops/496/7 Oktober 1987, H Leër 31/SWA GM 31 Tak HK Rundu.
103. SANWD, Pretoria, JFH, houer 18, lêer 72: Projek histogram, reeks 1, p.1; C. Saunders, "South Africa's war in Southern Angola (1987-1988) and the independence of Namibia", Journal for Contemporary History, 18, 1, June 1993, p 6; Hamann, Days of the generals, p 93; Die Transvaler, 30 September 1987, p 24.
104. SANWD, Pretoria, JFH, houer 18, lêer 72: Projek histogram, reeks 3, pp 2-4.
105. Hamann, Days of the generals, p 92; J. Geldenhuys, At the front: A general's account of South Africa's Border War (Jonathan Ball Publishers, Johannesburg, 2009), p 236; Geldenhuys, A general's story, p 219.
106. SANWD, Pretoria, JFH, houer 27, lêer 122: Onderhoud gevoer deur majoor R. von Moltke met brigadier Johan Louw - Bev Tak HK Rundu op 8 Desember 1987, pp 5-6; Breytenbach, They live by the sword, p 248.
107. SANWD, Pretoria, JFH, houer 25, lêer 106: Operasie Moduler, Onderhoud gevoer deur majoor R. von Moltke met kommandant Smith, pp 94-96.
108. SANWD, Pretoria, JFH, houer 30, lêer 156: W Dörnig, A concise history, appendix D, Interview with Commandants C. van den Berg and Schabort on the SAAF role in Op Moduler, p 2
109. Geldenhuys, At the front, p 236; Geldenhuys, A general's story, p 219.
110. Kyk byvoorbeeld SANWD, Pretoria, JFH, houer 28, lêer 135: INT/537/29 September 1987, 20 Bde FWD HQ/Tac HK Bag Combat Gp A/B/C RT4; houer 28, lêer 135: INT/114/15 September 1987, 20 Bde Voor HK/Veg-groepe A, B en C; houer 28, lêer 134: INL/514/27 September 1987, VHQ/ ThQ C/GP A B C BAG RT4; houer 28, lêer 134, INL/496/25 September 1987, 20 BDE FWD HQ/THQ Rundu C/GP A B C RT4; houer 28, lêer 134: Ops/479/25 September 1987, 20 BDE/THK A B C ART REGT; houer 28, lêer 133: 20 BDE FWD HQ/THQ Rundu, Int/564/01 Oktober 1987.
111. SANWD, Pretoria, JFH, houer 25, lêer 106: Operasie Moduler, Onderhoud gevoer deur majoor R. von Moltke met kommandant Smith, pp 93-94.
112. Breytenbach, They live by the sword, p 250.
113. VA. Mityaev, "The tide turns", in Shubin & Tokarev (eds), Bush war, pp 2527; The Argus, 4 February 1991, p 11.
114. SANWD, Pretoria, JFH, houer 15, lêer 55, volume 2: Bevestigende notas: Samesprekings tussen H SA W en president Savimbi te Mavinga op 282315B Augustus 1987.
115. SANWD, Pretoria, JFH, houer 26, lêer 119: Sitrap 6 siel ops tydperk 1-7 Oktober 1987, 7 Oktober 1987; houer 25, lêer 105: KO/494/14 Oktober 1987, Tak HK/Voor HK; houer 15, lêer 52, deel 2: OPS/490/08 Oktober 1987, Tak HK Rundu/H Leër 31 et aliter.
116. SANWD, Pretoria, JFH, houer 25, lêer 106: Operasie Moduler, Onderhoud gevoer deur majoor R. von Moltke met kommandant Smith, p 18.