SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue2"Fools rush in": writing a history of the concentration camps of the South African WarFrom trusteeship to self-determination: L.J. du Plessis' thinking on apartheid and his conflict with H.F. Verwoerd author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

GROBLER, Jackie. Die Retief moord op 6 Februarie 1838 - 'n herbeskouing. Historia [online]. 2011, vol.56, n.2, pp.113-132. ISSN 2309-8392.

OPSOMMING Hierdie artikel het 'n drievoudige doelwit: eerstens 'n rekonstruksie van die gebeure toe die Voortrekkerleier Piet Retief en sy metgeselle op 6 Februarie 1838 by Mgungundlovu, die vesting van die Zoeloekoning Dingane, afgemaai is; tweedens 'n ontleding van die redes waarom die Zoeloekoning gereken het dat dit wys sal wees om Retief en sy metgeselle te laat vermoor; en derdens 'n bepaling van die historiese betekenis van die gebeure. Veral Afrikaanse historici het tradisioneel vir Retief en sy manne kortweg uitgebeeld as die slagoffers van onverdedigbare verraderlikheid van die kant van 'n bose barbaar. Hierdie artikel beeld ook die bloedbad as 'n verskriklike gebeurtenis uit en die brutaliteit en gemeenheid van die beplanning en uitvoering daarvan as onregverdigbaar. Aan die ander kant word daar aangetoon dat Dingane beslis gronde gehad het om die Voortrekkers as 'n ernstige bedreiging vir die soewereiniteit van sy koninkryk te beskou. Hy en sy raadgewers het rede gehad om Retief, wat deur sy goedgelowigheid in hulle hande gespeel het, en sy manne as invallers te beskou. Die bloedbad kan gevolglik beskou word as die eerste salvo in wat 'n twee-jaar-lange stryd om oppergesag tussen Zoeloe en Voortrekker in die suide van KwaZulu-Natal geword het.

Keywords : Piet Retief; Groot Trek; Voortrekkers; Dingane ka Senzangakona; Mgungundlovu; Ndlela; Dambuza; Francis Owen; Alan Gardiner; William Wood; Sekonyela; Mzilikazi; Thomas Halstead; Kwa-Matiwane; Retief-Dingane-traktaat.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License