SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.119 número3Past the glorious age: Old Testament scholarship in South Africa - are we moving anywhere close to blackening Old Testament scholarship?Still plausible and intelligible? Towards a hermeneutic of congruent biblical theology for today índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Scriptura

    versão On-line ISSN 2305-445Xversão impressa ISSN 0254-1807

    Resumo

    VAN DEN BERG, JA. Weerkaatsende woorde: 'n (outo)biografiese refleksie van 'n (praktiese) teoloog. Scriptura [online]. 2020, vol.119, n.3, pp.1-11. ISSN 2305-445X.  https://doi.org/10.7833/119-3-1762.

    Sommige van diepersoonlike ervaringe en bevindinge van 'n (prakties) teologies-akademiese skrywer word in die artikel onthul. Dié onthulling geskied op 'n intiem-persoonlike wyse aan die hand van 'n outo(biografiese) reis. Meesleurend vanuit 'n aanvanklike en terloopse aanraking van die persoonlike lewensruimte van die praktiese teoloog, word 'n trajek gebied aan die hand waarvan die ontwikkeling van akademiese skryfwerk gekaart kan word. Onverwagse mylpale langs die pad van gedokumenteerde prakties-teologiese navorsing sluit onder meer verbandhoudende aspekte van 'n plaaslike, konkrete en beliggaamde aard in. By elk van dié mylpale, wat 'n steil reliëf en gradiënt op die roete verteenwoordig, word op outobiografiese wyse aangedoen. In 'n persoonlike tuiskoms by dié mylpale word tot die ontdekking gekom dat skrywer en leser inderdaad die mees persoonlike in gemeen het, maar dat dít ook universele betekenis het. In die konstruering van dié reflekterende gedagtes word moontlike coordinate vir die toekomstige neerpen en kartering van persoonlike teologies-akademiese onthullings gebied.

    Palavras-chave : Outobiografie; Narratief; Refleksie; Praktiese teologie; Akademiese skryfwerk.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )