SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número2Resensies índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    In die Skriflig

    versão On-line ISSN 2305-0853versão impressa ISSN 1018-6441

    In Skriflig (Online) vol.49 no.2 Pretoria  2015

    https://doi.org/10.4102/IDS.V49I2.2014 

    POEM

     

    Jou Ithaka Vgl. Die Odusseia, Boek XII Vir Jan du Rand

     

     

    Cas J.A. Vos

    Faculty of Theology, University of Pretoria, South Africa

    Correspondence

     

     

    Jan, onthou jy nog ons dae van luister
    toe die maan vir ons drome fluister?
    Met Kant in jou hand kies jy Homeros.

    Ligvoets trippel jy oor die Ilias en Odusseia,
    bekoor deur Grieks se klankweelde
    word jy lewenslank wewer van woordbeelde.

    Jy vra dat jy oor uitgestrekte oseane mag vaar
    as die daeraad soos 'n rosige kleed oopvou.
    Jy sal die woeste Poseidon spioenoog dophou.

    Jy laat met jou roeispane die see bruis,
    nog net 'n bietjie meer en jy is tuis.
    In die verte staan veldlelies al in bloei.

    Jan, nog net 'n bietjie, net 'n bietjie.
    Ons hande raak aan mekaar, onsigbaar
    om ons moed te gee - ons is amper daar.

    Ithaka wag soos 'n bruid gekant en klaar
    vir jou skip vragvol drome en juwele
    om in sproeivlae na die hawe te vaar.

    Die tafel is vir jou gedek met sange,
    vars brood, ou wyn en soetryp vye,
    neem, eet en lig jou glas op genadetye.

     

     

    Correspondence:
    Cas J.A. Vos
    PO Box 754, Pretoria 0043
    South Africa
    Email: cas.vos@vodamail.co.za