SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

KRUGER, Petrus P.. Wisdom's rebellion: Kingdom politics as a guerrilla drama. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-9. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.v49i1.1896.

Hierdie artikel stel ondersoek in na koninkrykspolitiek in Suid-Afrika as 'n guerrilladrama wat die vorm van 'n wysheidspel aanneem; nie alleen 'n eietydse spel van wysheid as 'n menslike deug nie, maar veral as spel van die gepersonifieerde Wysheid (vgl. Christus se gelykenis van die kinders wat op die markplein speel; Luk 7). Eerstens word na die beskikbaarheid van 'n hermeneutiese ruimte vir so 'n onderneming gevra. Daarby word aandag geskenk aan die konsep van rebellie in verband met 'n skriftuurlik gefundeerde, verbeeldingryke, teodramatiese uitwerking van Wysheid se spel na aanleiding van die genoemde gelykenis. Tweedens word die publieke ruimte vir 'Wysheid se rebellie' heuristies afgetas. Hierdie ruimte mag nie neutraal-onverskillig wees nie, maar moet positief-bevorderend staan teenoor die feitlik universeel-aanvaarde 'goue reël'. Die publieke ruimte moet in die publieke verbeelding as 'n soort publieke teater gesien en hanteer word, waar 'n pluraliteit van wêreldbeskouings gasvry verwelkom word sodat elkeen vrylik en verbeeldingryk, tussen die ander, sy eie politieke alternatief voor 'n kritiese, demokratiese kieserskorps kan 'uitbeeld'. 'n Opvolg artikel sal probeer aantoon watter verskil dit aan die menslike waardigheid van die deelnemers (akteurs) en aan hulle menswaardige politieke aksies kan maak, wanneer hulle in hulle verbeelding hulleself nie net as denkers oor of passievol-voelendende deelnemers van Wysheid se subversiewe drama van God se koninkryk in Suid-Afrika beskou nie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons