SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    In die Skriflig

    versão On-line ISSN 2305-0853versão impressa ISSN 1018-6441

    Resumo

    (ANDRIES) SNYMAN, A.H.. 'n Retoriese analise van Romeine 9:1-10:4. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-7. ISSN 2305-0853.  https://doi.org/10.4102/IDS.V49I1.1921.

    Die artikel is 'n poging om Paulus se retoriese strategie uit die teks self te rekonstrueer, eerder as om 'n klassieke of moderne retoriese model op die teks toe te pas. 'n Voorstel vir so 'n teksgesentreerde benadering word kortliks opgesom, gevolg deur 'n beskrywing van die retoriese situasie wat Paulus in die brief wil ondersoek. Daar word geargumenteer dat Romeine 9:1-10:4 'n integrale deel van Paulus se retoriese strategie vorm met die doel om sy gehoor te oortuig om sy siening van God se verlossingsplan, asook sy beoogde sending na Spanje te steun. In die proses van oorreding gebruik hy verskillende soorte argumente en retoriese tegnieke om die trefkrag van sy kommunikasie te verhoog. Die gevolgtrekking is dat 'n teksgesentreerde benadering (met fokus op die funksionele aspekte van die teks) 'n beter alternatief as die bestaande benaderings (met fokus op die formele aspekte van die teks) bied.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )