SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 número2To cross ten seas: Calvin on the unity of the church - a contribution to a more responsible ecclesiology índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    In die Skriflig

    versão On-line ISSN 2305-0853versão impressa ISSN 1018-6441

    Resumo

    DE KLERK, Barend J.. Die krag van lofpsalms om bewustheid van ekologiese aangeleenthede by erediensdeelnemers aan te wakker. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.2, pp.01-09. ISSN 2305-0853.

    Die liturgie behoort opnuut 'n sensitiwiteit by gelowiges te skep om God as die Skepper én Herskepper van die heelal te verheerlik. Die psalms kan met groot vrug gebruik word om gelowiges se ekologiese bewussyn op te skerp. Die saak word aan die hand van drie skeppingspsalms ondersoek, naamlik Psalm 19, 104 en 148. Dit vra veral hoe die lof in hierdie sogenaamde skeppingspsalms daartoe bydra om gelowiges in hulle eie konteks op te skerp om nie net die natuur te bewaar nie, maar om deur die natuur God met woord en daad te verheerlik. Omdat die ekologiese krisis ons aarde, lug en water, met ander woorde ons basiese lewensmiddele regstreeks raak, behoort aanbidders in die erediens ernstig oor hulle betrokkenheid by die ekologie te laat besin. Die verwoesting van ekologiese sisteme het 'n regstreekse uitwerking op alle ander probleme en nood wat deur plant, mens en dier ervaar word. Die klem van Psalm 19 op die hemelruim plaas lugbesoedeling, aardverwarming en die skade aan die osoonlaag op die agenda van elke deelnemer aan die erediens. In die lofliedere in Psalm 104 en 148 is die mens deel van die kunstige skeppingsweb wat bewaar behoort te word.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )